SuperSport Schools Plus

Sege oor Bere kan kroon span op Parkies se skitterseisoen

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-23 Tags: , , , , , , ,

Leskin Samuels, buitesenter van Die Hoërskool Menlopark, op die aanval teen Outeniqua. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

Die laaste keer wat Die Hoërskool Menlopark oor Hoërskool Garsfontein kon seëvier was ses jaar gelede, toe hy in die destydse Noordvaalbeker-halfeindstryd koning gekraai het.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Tuisveldvoordeel, met die skare wat hul luidkeels aanmoedig, kan Saterdagmiddag vir Parkies egter die nodige hupstoot gee om die verdedigende kampioen se onoorwonne veldtog tot dusver in vanjaar se Beker-afdeling te beëindig.

Die Bere was soos ‘n wafferse naelloper uit die blokke om gemaklik met Helpmekaar Kollege (47-29) en 2024 se naaswenner, Hoërskool Waterkloof (53-19), af te reken.

Die Parkies het verlede week, vir die derde keer in hul laaste vier kragmetings, met 19-27 teen die einste Klofies vasgeval. Dit was egter hul eerste nederlaag vanjaar, wat die Parkies se skitterseisoen tot dusver beklemtoon.

Die Bere se diepte aan die kant van die skrum word hierdie naweek getoets met flank en kaptein, JP Pieterse, wat las van ‘n enkelbesering ondervind. Hy word deur nog ‘n JP, JP Meintjies, vervang. Vaskopstut, Luan van den Berg, dra derhalwe Saterdag die kapteinsarmband.

Die Parkies behou dieselfde span wat tot op hede vanjaar soveel sukses behaal het.

Haker, Declan Pleser, sal, saam met oopkantflank, Nathen du Plessis, een van die tuisspan se groot uitblinkers vanjaar, woel in die los en vastelos. Agterlangs hou die beproefde kombinasie van losskakel en kaptein, Andru Keun, en heelagter, Reihardt Herbst, ‘n taamlike bedreiging in vir die Bere.

In Boksburg mik Helpmekaar Kollege vir drie agtereenvolgende seges wanneer hy met die “Dokter” van Boksburg, Hoërskool Dr EG Jansen, swaarde kruis.

Die Jansies het tot dusver ‘n wipplank-seisoen ervaar. In hul mees onlangse uitstappie in die Beker-afdeling, het hulle teen Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark vasgeval, wat egter van hulle ‘n gevaarlike opponent tuis maak. Vernaam heelagter, Deshean Pietersen, hou groot gevaar in met sy teenaanvalle vanuit enige hoek van die veld.

Die Helpies gaan egter weekliks van krag tot krag, met die Lourens-tweeling, Ethan en Shaye, wat uitblink op onderskeidelik binnesenter en skrumskakel.

Die spanne: 

Menlopark t. Garsfontein om 12:30 in Pretoria: 

Menlopark: 15 Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Scäffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

Garsfontein (moontlik): 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 JP Meintjies, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

EG Jansen t. Helpmekaar Kollege om 12:25 in Boksburg: 

EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Xander van Niekerk, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Francois Tonkin, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Lewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Sydney Nicholson, 5 Eugen de Lange, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Keanan Combrink, 1 Liam Devenier.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.