Sean Erasmus oor sy nuwe uitdagings by Boishaai
Sean Erasmus het sukses as breier van Glenwood in Durban se eerstespan behaal, en die 36-jarige sal vanjaar sy eerste tree gee om nuwe hoogtes as die afrigter van die Hoër Jongenskool Paarl se trots te behaal.
Die span van die Paarl gaan Suid-Afrika vanjaar op die Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig. Drie Suid-Afrikaanse spannne Grey-kollege (2001), Boland Landbou (2002) en Glenwood (2008) het al die internasionale toernooi gewen. Die Suid-Afrikaanse spanne wat daarna op die toernooi in aksie was kon nie een daarin slaag om die eindstryd te haal nie.
Erasmus was die breier toe Glenwood die titel in 2008 ingepalm het asook toe die span in 2009 met die derde plek tevrede moes wees. “Die toernooi is n tawwe toernooi wat jou toets met groot wedstryde in n baie kort tydperk. Dan is daar nog die lang vlugte en bus reise tussen in en dit alles tap ‘n span. Voorbereiding is alles! Fisiek en psigies moet ‘n span onsettend sterk wees en hulle moet in mekaar glo,” het Erasmus verduidelik wat in ‘n span se mondering moet wees en wat op hom wag indien hy as kampioen van die internasionale toernooi gekroon wil word.
Erasmus het die tawwe taak wat op hom wag om te verhoed dat Boishaai nie vanjaar vir ‘n vyfde agtereenvolgende jaar sonder ‘n oorwinning in die grootste derby ter wêreld van die veld stap nie. “Ek was nog nooit by interskole nie, maar het al op TV bietjie gekyk, dit lyk amazing en weereens testament van ons groot skole rugby krag wat ons het. Elke wedstryd is maar stresvol vir n rugby afrigter en jy wil altyd jou bes doen en wen, so ja – daar is groot verwagtinge vir Boishaai om weer n interskole te wen en met harde werk van die hele span sal ons wil werk na n goeie interskole wedstryd,”
Erasmus wil graag tot Boishaai se sukses wat die skool reeds op die rugbyveld behaal het bydra. “Dit was ‘n baie moeilike besluit en ons as n familie het hard gebid oor die besluit en op die einde van die dag het alles mooi in plek geval en ons het aanvaar dat God ons ook hier in die Paarl wil hê en my hier gebruik. Dit was ook ‘n goeie tyd vir nuwe bloed en idees by Glenwood so ek is bly vir Rudi Dames as nuwe hoof afrigter. Ek sal die tyd by die Sharks en Natal skole mis maar hoop om in die nabye toekoms by WP strukture betrokke te raak en dan weer iets te leer daar wat ek kan terug gee aan die seuns,”
Erasmus is na die eerste jaar van die Jake White afrigtings-kursus wat regdeur die land aangebied is, as die voorste breier aangewys wat die kursus bygewoon het. By wie het Erasmus sy liefde vir afrigting en die spel gekry? “Ek het begin afrig omdat ek afgerig was deur ‘n great coach, man en rol model Herman Viljoen in Hoërskool Estcourt. Hy was ‘n groot deel van hoekom ek begin het en hoe ek met spelers werk. Ek is baie lief vir rugby en die hele span omgewing wat deel maak daarvan. Is daar iets lekkerder? Ek kyk op na afrigters soos Eddie Jones en Jake White wat ek baie by geleer het en nog steeds sterk bande het met en gesels mee vir advies. Sean Everitt by die Sharks was ‘n goeie leermeester vir my ten op sigte van span bestuur en speler/afrigter verhoudings. Rudolf Straueli en Swys de Bruyn was die eerste coaches wat ek mee gewerk het by die Sharks en hulle is great mense met baie kennis wat hulle altyd deel. As mens maar net kyk na die Curriebeker opsomming van 2013 sal jy sien die impak wat Swys het in die Leeus span. Hulle is goeie mense met baie goeie Christelike waardes waarvan ek baie geleer het. Ek hou ook baie van Brendan Venter se styl en denkwyse sowel as die hele Saracens struktuur en kultuur wat hy geskep het. Ek was in Nieu-Seeland saam met Dave Rennie by die Murray Mexted International Rugby Academy in 2005 en geniet ook sy denke en styl van rugby afrig. Ek is baie bevoorreg gewees om saam met baie ander great coaches te werk wat elkeen hulle eie sterk puinte het en prober maar bietjie van elk by my styl in werk, ouens soos Deon Kayser, Ettiene Fynn, John Plumtree en Grant Bashford,” het Erasmus gesê.
- Southern teams impress as FNB u18 Craven Week heats up - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Craven Week 2025 – Day 4 - 2025-07-10
- Free State soars as Mgedezi and Adams star in Craven Week thriller - 2025-07-10