SuperSport Schools Plus

Scheepers en Forrester blink uit in Noordelikes

By Hannes Nienaber , in Cricket | News , at 2018-09-16 Tags: , , , ,

NewsGDianForresterDie Hoërskool Garsfontein se Juandré Scheepers (115*) was met ‘n onoorwonne honderdtal die groot held in sy span se sege van 128 lopies oor Waterkloof in die vyfde ronde van die Noordelikes se skoleliga. Scheepers was in ‘n vernietigende bui en het slegs 83 aflewerings trotseer waarvan hy 11 viere en ses sesse gemoker het.

Garsies se aanvangskolwers, Ralff Schmidt (86) en Raynard van Niekerk (57), het die grondslag vir hul span gelê om 344/7 in sy toegelate 50 boulbeurte aan te teken. Die twee het ‘n aanvangsvennootskap van 136 lopies gedeel. Schmidt het daarna ook met Scheepers ‘n vennootskap van 81 lopies om die tweede paaltjie gedeel.

Albert Wells (2/47) het van albei aanvangskolwers ontslae geraak. Waterkloof kon Garsies met slegs 217 antwoord. Simeon de Bruyn (51) het die grootste bydra met kolf gelewer.

Menlopark het Pretoria Boys’ High met 147 lopies volgens die Duckworth/Lewis-metode gewen. Die span se aanvangsbouler, JT Richards (3/22), het die verloorspan reeds in die eerste boulbeurt op die agtervoet gedwing. Hy het met sy derde en vierde aflewering van Wisani Mushwana (0) en Hanu Viljoen (0) ontslae geraak met nog nie ‘n enkele lopie op die telbord nie.

Die Parkies het eerste gekolf en 275/5 in sy toegelate boulbeurte aangeteken met Daylin de Villiers (57), Tristan Janse van Rensburg (45), Sebastiaan van Rooyen (38) en Jaco Lange (34*) wat almal ‘n bydra met die kolf gelewer het.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se Dian Forrester het die beste boulvertoning van die week in die Noordelikes-liga gelewer. Hy het van ses kolwers vir ‘n skamele 33 lopies in agt boulbeurte in sy span se sege van 70 lopies oor Centurion ontslae geraak.

Affies het eerste gekolf en 233/8 behaal danksy goeie kolfwerk deur Heinrich Bisschoff (50) en Ximus du Plooy (44). Centurion kon slegs 163 lopies aanteken voordat hulle uitgeknikker is meestal danksy die naatboulwerk van Forrester.

Beknopte telkaarte: 

Garsfontein 344/7 (Juandré Scheepers 115*, Ralff Schmidt 86, Raynard van Niekerk 57; Karel Verhoef 2/29, Albert Wells 2/47); Waterkloof 217 (Simeon de Bruyn 51, Richardt Ackerman 35; Robert Ferreira 3/29, Jethro Duigan 2/43). Garsfontein wen met 128 lopies.

Menlopark 275/5 (Daylin de Villiers 57, Tristan Janse van Rensburg 45, Sebastiaan van Rooyen 38, Jaco Lange 34*; Brandon Kruger 1/32); Pretoria Boys’ High 148/8 (Dylan Greeff 45, Nathan Meyer 44*; JT Richards 3/22). Menlopark wen met 147 lopies (D/L-metode).

Affies 233/8 (Heinrich Bisschoff 50, Ximus du Plooy 44); Centurion 163 (Dian Forrester 6/33). Affies wen met 70 lopies.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.