SA provinsiale sewes-toernooi die naweek in die Paarl
Die Leeus en die Blou Bulle se sewes-spanne behoort die Noordvaal-vaandal op die provinsiale sewestoernooi (vir o.17-spanne) dié naweek in die Paarl te dra.
Albei spanne is egter in dieselfde groep geloot. Die Luiperds en Grens is die ander twee spanne wat in dié groep geloot is. Die toernooi sal vanjaar vir die vyfde keer aangebied word. Die Blou Bulle het in 2011 die eerste kroon gedra met spelers soos Rohan Janse van Rensburg, Christiaan de Bruin en Thabo Mabuza.
Vanjaar sal die span op die haastige vleuel van Affies, Christian Strydom, die skeppende spel van Garsies se Abner van Reenen en die flinke voetwerk van Austin Davids steun.
Die Leeus se kern kom uit Monument en Helpmekaar. Monnnas is in die week as kampioen van die Noordvaal Sewes-toernooi gekroon, terwyl Helpmekaar in die derde plek geëindig het.
Die verdedigende kampioen, die Westelike Provinsie, sal eers verby die Pumas, KwaZulu-Natal en Griffons in sy groep moet kom as hy ’n kans wil staan om sy titel suksesvol te verdedig. Die Pumas en Griffons se sewesspanne kan gewoontlik nie sonder handskoene aangepak word nie.
Die Vrystaat behoort Vrydag en Saterdag op die provinsiale sewes-toernooi (vir o.17-spanne) in die Paarl weer homself as een van die voorste spanne te vestig.
Die Vrystaat wat in 2012 die kroon gedra het is in dieselfde groep as verlede jaar se naaswenner, Suidwestelike Distrikte, geloot. Die jong Vrystaters sal verwag dat die kragmeting teen die Volstruisboere hul taaiste in die groepafdeling sal wees.
Nog ’n voormalige kampioen, die Valke (2013), en die Oostelike Provinsie sal ook op die Vrystaat wag.
Vrystaat het vroeër die Valke op ‘n toernooi in Welkom ter voorbereiding van die provinsiale toernooi met 73-0 kafgedraf. Die Vrystaat was ook kampioen van die toernooi in Welkom gewees. Hy het die Griffons met 24-12 in die eindstryd verslaan. Die Vrystaat se B-span het ook die toernooi onoorwonne afgesluit en die twee spanne sou mekaar in die eindstryd moes pak. Daar is egter besluit dat die Perses se twee spanne onderskeidelik liewer teen hulle eweknie van die Vrystaat moet speel.
Die Vrystaatse A-span het die Griffons se naasbestes (29-7) en Griekwas (14-10) in sy ander twee wedstryde in Welkom verslaan.
Die Limpopo Blou Bulle kan dalk vir ’n verrassing sorg indien hulle Boland kan klop en daarmee bo-aan Groep D te eindig. Namibië en Griekwas is die ander twee spanne in dié groep.
Die groepe is:
Groep A: Westelike Provinsie, Pumas, KwaZulu-Natal, Griffons.
Groep B: Suidwestelike Distrikte, Valke, Vrystaat, Oostelike Provinsie.
Groep C: Luiperds, Blou Bulle, Leeus, Grens.
Groep D: Limpopo Blou Bulle, Boland, Namibië, Griekwas.
Die spanne is:
Blou Bulle: Christian Strydom (Affies), Gerald Lowe (Menlopark), Carl du Plessis, Shaun Williams, Austin Davids, Abner van Reenen, Emilio Adonis (almal Garsfontein), Jaco Labuschagne (Affies), Eddie Ludick (Oos-Moot), Jack Hart, Carl Koch (albei Affies), Lincoln Daniels (Garsfontein). Afrigter: Fielies Coetzee. Spanbestuurder: Heinrich van Jaarsveldt.
Leeus: PJ Jacobs (Monument), Mark Snyman (Helpmekaar), Karel Vahrmeyer (Monument), David Cary (Helpmekaar), Xander Kruger, Reyno Potgieter (albei Monument), Kennedy Mpheku (Parktown Boys’ High), Chuiner van Rooyen, Chris Pieterse (Helpmekaar), Kevin Mpheku (Parktown Boys’ High), Manga Ntimba (Jeppe Boys’ High), Jonathan Rabie (Monument). Afrigters: Pieter Schutte en Jonny Mallet. Spanbestuurder: Stephan Germishuys.
Limpopo Blou Bulle: Stefan Engelbrecht, Muzi Nyakane (albei Ben Vorster), Stefan Nel (Curro Heuwelkruin), Tyron Thomson (Pietersburg), Phil Joubert, MJ Koekemoer (albei Ben Viljoen), Chrizaan Strauss (Frikkie Meyer), Danny Mokobane (Ben Vorster), Ali Sefole (Louis Trichardt), Wernich Kachelhoffer, Mauritz Pretorius (albei Curro Heuwelkruin), Marnus Uys (Piet Potgieter). Afrigter: Andries Botha.
Luiperds: Jandré Steyn (Potch Volkies), Tiaan du Toit (Rustenburg), Gerhard Meyer, Henk Venter, Lohann Jahns (almal Lichtenburg), Gert Jonker (Vryburg), Bertru Jones (Lichtenburg), Dane Booyzen (Wesvalia), Chevon Oosthuizen (Vryburg), Lionel George (HTS Rustenburg), Adriaan Jacobs (Klerksdorp), Justin Basson (Wesvalia). Afrigter: Monty Pienaar. Spanbestuurder: Anton de Bruin.
Pumas: Japie Kleynhans (HTS Witbank), JC Pretorius, Hendrik Heyl (albei HTS Middelburg), Wandile Shabango (Hoërskool Middelburg), Peter Kasongo (Kanonkop), Ryan Cloete, Riekert Barnard (albei HTS Middelburg), Siyabonga Skosana (Steelcrest), Jacob Joubert, Zander Joubert, Waldo Conradie (almal HTS Middelburg), Ronewa Banda (HTS Witbank). Afrigters: Piet Bothma en Gerhard du Toit. Spanbestuurder: Clinton Scheidel.
Valke: Rynard Theron (Die Anker), Ruben Beytell (EG Jansen), Michael May (Vereeniging-Gimnasium), Johnic Smith (Kempton Park), JJ Keyser (Die Anker), Lee-Irvin Andries, Quan Eymann, Franklin Wagner (almal EG Jansen), Dealine Jafta (HTS Sasolburg), Webster Swanepoel, Rico Klopper (albei Vereeniging-Gimnasium), Werno Styger (Brandwag).





