SuperSport Schools Plus

Rugby-adel op Cravenweek in aksie

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-07-07 Tags:

SEWE spelers wat alreeds die Suid-Afrikaanse Skole-span verlede jaar verteenwoordig het, sal van more af van nuts af die naasionale skolekeurders op die 50ste Cravenweek vir hoërskole hier moet beïndruk.

Die sewetal is Daniël du Preez, Jean-Luc du Preez (albei KwaZulu-Natal) Ox Nche (Vrystaat), Jurie Linde, Justin Phillips (albei Blou Bulle) Duhan van der Merwe (Suid-Westelike Distrikte) en Jinxi Molapo (Limpopo Blou Bulle).

Die Du Preez-tweeling is die seuns van die voormalige Springbok-skrumskakel Robert du Preez. Dit sal die duo se derde Cravenweek wees. Voorwaar ‘n gebeurtenis wat nie meer vandag so alledaags is nie. Die twee se ouer broer Robert jr. was die Jong Bokkies se losskakel op die Wêreldkampioenskap vroeër vanjaar. Die voormalige Bok, Hugh Reece-Edwards se seun Matthew sou ook saam die Du Preez-broers vir die Piesangboere uitgedraf het. Hy moes egter weens ‘n besering onttrek.

Die beserings van nog twee SA Skole spelers van verlede jaar JD Schickerling (WP-slot) en die Volstruisboere se senter Warrick Gelant het die mylpaal-toernooi van nog twee sterre beroof. Die besering van die Leeus se stut Frans van Wyk het nog ‘n moontlike SA Skole kandidaat se deelname beëindig.

Boland was laas in 2010 op Welkom onoorwonne op die toernooi en toe was die Jong Bokkies Wian
Liebenberg en Pieter-Steph du Toit in sy geledere. Liebenberg was die kaptein en sou later ook die nasionale o.20-span tot wêreldkampioen aanvoer.

Die twee se jonger broers die slot Johan du Toit en Hanro Liebenberg is vanjaar ook vir die Wynboere in aksie. Die jonger Liebenberg voer ook natuurlik dié span aan. Die Du Toit’s se oupa is Piet “Spiere” du Toit wat 14 toetse vir die Springbokke gespeel het.

Nog ‘n voormalige Springbok wie se seun in Polokwane gaan uitdraf is die van Michael du Plessis. Sy seun Daniël speel soos hy op binnesenter en behoort een van Westelike Provinsie se staatmakers op die toernooi te wees.

Die spelers om dop te hou op vanjaar se toernooi is:

Heelagters: EW Viljoen (Vrystaat), Kobus Engelbrecht (Valke), Malcolm Jaer (OP), Eduan Keyter (Blou Bulle), Corné Vermaak (KZN), Sechaba Matsoele (Griffons).

Vleuels: Duhan van der Merwe (SWD), Jinxi Molapo (Limpopo Blou Bulle), Dylan Vermaak (OP), Banele Ngwenya (KZN), Stephen Rautenbach (Vrystaat), Ralton October (Leeus), Grant Hermanus (WP).

Senters: Jurie Linde, Franco Naudé (albei Blou Bulle), Daniël du Plessis (WP), Sampie Hearn (Valke), Simon Bolze (Grens), Dimitrio Tieties (Griekwas), Gerdus van der Walt (Leeus). \

Losskakels: Innocent Radebe (Leeus), Ruan Potgieter (Valke), Dewald Human (SWD), Ernst Stapelberg (OP), Lungelo Gosa (Grens).

Skrumskakels: Justin Phillips (Blou Bulle), Johan Esterhuizen (Leeus), Remu Malan (SWD), Rowan Gouws (Pumas), GM Bruwer (Griekwas).

Agtstemanne: Rikus Bothma (WP), Hanro Liebenberg (Boland), Jasper Wiese (Griekwas-platteland), Menzi Nhlabbathi (Pumas).

Flanke: Jean-Luc du Preez (KZN), Marius Louw (Vrystaat), Jacques Vermeulen (WP), Geor Malan (SWD), Willandré Kotzenberg (Pumas), CJ Velleman (OP), André Janse van Vuuren (Griffons).

Slotte: RG Snyman, Hyron Andrews (albei Blou Bulle), Daniël du Preez (KZN), Eduard Zandberg (SWD), Johan du Toit (Boland), Rhyno Herbst (Leeus).

Vaskopstutte: Ronnie Beyl (OP-platteland), Ruan Kramer (Vrystaat), Francois van der Merwe (WP), Stefan Grundlingh (SWD).

Loskopstutte: Oc Nche (Vrystaat), Thomas du Toit (WP), Xander van Wyk (Blou Bulle).

Hakers: Francois Steyn (Blou Bulle), Andrew du Plessis (Vrystaat), Daniël du Plessis (WP).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.