Rossouw se vlam kan vuur onder Secunda-pak aansteek


Franko Rossouw se vlam brand helder in Secunda, nadat dié losvoorspeler vandeesweek in kennis gestel is dat hy in Augustus sal deel uitmaak van die twee SA o.18-groepe wat met Engeland, Frankryk en Ierland moet kragte meet.
Volg al die Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Rossouw, wat as steelkantflank sy merk gemaak het by die onlangse Cravenweek in Middelburg, sal egter hierdie naweek sy fokus eers verskuif na die hervatting van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling na die skoolvakansie.
Rossouw behoort saam met vaskopstut en kaptein, MC Vosloo, die vuur onder Hoërkool Secunda se groot agttal aan te steek met die wete dat ‘n stryd teen Hoërskool Montana, hoewel op tuisbodem, geen maklike taak is nie.
Rossouw se losvoorspelermaat, Sifiso Hlungwane, wat self by die Cravenweek in aksie was, is ook weer gereed om die skooltrui oor sy kop te trek, terwyl binnesenter, Bismarck Jansen, en losskakel, Alanzo Blackenberg, hul billike kwota rugby agter die rug het na die Akademieweek, wat ook in Middelburg plaasgevind het.
Die Monties beklee tans die boonste posisie op die puntelys en is sterk op dreef om, in hul eerste jaar in die Skild-afdeling, ‘n plek in die halfeindrondes los te slaan. Binnesenter en kaptein, Hendrew Schoeman, en sy tweelingbroer, Sam Schoeman, vervul ‘n sleutelrol op die aanval en hou ‘n beduidende gevaar in vir die tuisspan.
Die Schoemans is nie die enigste tweeling wat vir die Monties in aksie is nie, met oopkantflank, Aiden Vorster, se tweestryd met Hlungwane in die los wat ‘n hoogtepunt behoort te wees, terwyl Ashton Vorster oorgehaal is om ‘n impak as haker vanaf die plaasvervangerbank te maak.
In Springs wag daar n liplekker-stryd in die plaaslike derby tussen Hoërskool Die Anker en die naburige Hoërskool Hugenote. Die span van Brakpan betree die stryd op bykans volsterkte, met slegs heelagter, Paul Schutte, wat afwesig is.
Schutte is onlangs in die hospitaal opgeneem vir ‘n aantal noodoperasies nadat sy blindederm gebars het. Volgens afrigter, Gavin Fourie, is Schutte tans in ‘n stabiele toestand. Dit behoort die besoekers verder aan te vuur om uithalerspel te lewer vir hul spanmaat, terwyl Ethan Minnie hom in die nr. 15-trui vervang.
Hoërskool Ben Vorster moet, soos wat elke tweede jaar die geval is, die tog van 583 km aflê om Saterdag die omgekrapte Hoërskool Lichtenburg aan te pak. Breier, Frikkie Spangenberg, het ‘n rits taktiese skuiwe aangebring.
Sy mees ervare speler, Lethabo Sejake, skuif van vleuel na agseman, waarskynlik as ‘n teenvoeter vir die bedreiging wat die Liggies se kaptein, KG Legodi inhou, met Tumi Ramohlale wat van agseman na vleuel skuif en ekstra woema op die aanval kan bied.
Vir die Bloumasjien draf sy staatmakerflank, Tiaan Booysen in sy 50ste wedstryd vir die Liggies uit. Buiten dié reuse prestasie is Booysen se hoë werksetiek ook deurgangs ‘n groot sleutel in die Lichtenburgers se sukses.
Die Limpopo Blou Bulle se held in hul styd met die Griffons in Middelburg vroeër vandeesmaand, Ryno Mienie, is terug op sy pos as heelagter vir Heidelberg Volkskool se besoek aan Hoërskool Pietersburg Saterdag in Polokwane. Die twee spanne het reeds vanjaar in die NWU Prestige-reeks ontmoet, met die Pieties wat in ‘n drieëfees met 43-34 geseëvier het.
Dit gooi effens meer petrol op die vuur vir die herontmoeting, met albei spanne wat steeds veg vir ‘n plek in die halfeindronde oor ‘n paar weke. Die Volkies verwelkom hul gevaarlike binnesenter, Vaughn Steynvaart, terug, nadat hy sy skorsing vir ‘n rooikaart uitgedien het.
Die spanne:
Hoërskool Secunda t. Montana om 12:20 in Secunda
Secunda: 15 Dillon Grundling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismarck Janse, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.
Hoërskool Hugenote van Springs t. Die Anker om 12:30 in Springs
Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee, 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.
Die Anker: 15 Ethan Minnie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Jaydon Steenkamp, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.
Hoërskool Lichtenburg t. Ben Vorster om 12:30 in Lichtenburg
Hoërskool Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Darius Lombard, 4 Elje Kleynhans, 3 Juan van Rhyn, 2 David Passetti, 1 Ruben Pretorius.
Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Zane Trollip, 13 Gehan Hendricks, 12 Stiaan du Rand, 11 Tumi Ramohlale, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Joshua van Eeden, 8 Lethabo Sejake, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Hoërskool Pietersburg t. Heidelberg Volkskool om 13:30 in Polokwane
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Pieter Greyling, 13 Tritstan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Jano Dietrechsen, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.