Roos, Helmand kry groenlig vir stryd teen Parkies


Hoërskool Noordheuwel draf vir ‘n derde agtereenvolgende Saterdag op sy tuisveld uit wanneer hy gasheer speel vir die gevaarlike Hoërskool Menlopark, wat in die nekke blaas van die voorlopers in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.
Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die stryd tussen die Blues en Parkies is tradisioneel ‘n kragmeting wat vir hope aksie en ‘n groot gestoei voorlangs sorg. Dit was juis teen die einste Parkies dat die Nories se halfeind-hoop verlede jaar die nekslag toegedien is, met die Pretorianers wat ‘n skoksege van 26-19 behaal het.
Vanjaar sien die prentjie ietwat anders daar uit. Die tuisspan beklee tans die derde plek, met 30 ligapunte, en is reeds van ‘n plek in vanjaar se halfeindronde verseker – danksy ‘n deurslaggewende sege van 28-22 oor Hoërskool Garsfontein in die vorige ronde. Die Parkies het intussen ‘n beduidende hupstoot gekry in hul halfeind-veldtog deur vir vir Hoërskool Monument naelskraaps met 39-37 om te dop.
Die span van Pretoria sou dié oorwinning egter spoedig agter hom plaas, met die fokus wat na die laaste twee weke verskuif en die doelwit om albei oorblywende kragmetings te wen. Indien Parkies dit kan vermag, staan hulle ‘n uitstekende kans om vierde te eindig, maar heelwat hang ook af van wat in Hoërskool Transvalia en Hoërskool Dr EG Jansen se laaste twee wedstryde gebeur.
Die Nories het vroeër vandeesweek hulle gevaarlike duo van Jeandré Uithaler en Clinton Agu, wat Kaap toe vertrek het om vir onderskeidelik die SA o.18 “A”- en SA o.18-span te verteenwordig, gegroet. Agu word, soos vroeër, deur die woelige Wikus Roos vervang, terwyl Tristan Helmand Uithaler se plek op heelagter inneem.
Lucian Reid, wat vir Juan Joubert op linkervleuel vervang, is die Parkies se enigste verandering vir die stryd op die “Heuwel”.
In Rustenburg, is die tuisspan in ‘n maak-of-breek stryd met Hoërskool Monument gewikkel. Hoërskool Rustenburg, een van vyf skole wat tans gevaar loop om gerelegeer te word, se spanne sal moet uithaal en wys in hul stryd om oorlewing in die Beker-oorlewing.
Die Rusties bevind hulself tans in die sesde plek, slegs ses ligapunte voor Hoërskool Waterkloof in die negende plek. Dit benadruk die gewigtigheid van die oorblywende twee naweke.
Hoewel die Wit Bulle in die algemeen ‘n teleurstellende seisoen beleef het, het Monnas se junior spanne steeds uitmuntend vertoon en lê die skool van Krugersdorp tans veilig in die vierde plek. Die feit dat albei eerste spanne uit die halfeind-wedloop is, doen boonop geensins afbreuk aan Saterdag se kragmeting nie.
Die Rusties het verlede naweek teen Helpmekaar Kollege geweldig beïndruk, vernaam in die tweede helfte met Ayden Willemse wat ‘n taamlike verkil as plaasvervanger op losskakel gemaak het. Willemse draf Saterdag in die nr. 10-trui uit.
Vir die besoekers skuif Ruan Genis, van linkervleuel na buitesenter, wat ‘n reuse tweestryd met die Rusties se Jon-Ré Jefthas in die middeveld behoort af te gee. Corné Mostert vervang vir Genis in die nr. 11-trui.
Die spanne:
Noordheuwel t. Die Hoërskool Menlopark om 12:30 in Krugersdorp
Noordheuwel: 15 Tristan Helmand, 14 Jayden Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Wikus Roos, 1 Skuttie Bezuidenhout.
Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Lucian Read, 10 Willie Pieterse, 9 Gustav Shäffner, 8 JN van Wyk, 7 Nathen du Plessis, 6 Ruan Strydom, 5 Keagen Pretorius, 4 Tiaan Boshoff, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Hoërskool Rustenburg t. Monument om 13:35 in Rustenburg
Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Henré Robinson, 13 Jon-Rè Jefthas, 12 Zack Swanepoel, 11 Waide Davey, 10 Ayden Willems, 9 Adriano George, 8 Pieta Niemandt, 7 Marais Röcher, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagnè, 4 Tristan Myburgh, 3 Jaden Mienie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.
Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Cameron Kourie, 11 Corné Mostert, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Juandré Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Dexter Chiwanga.
Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




