Rooiletterdag wink vir Rooibulle

Die Rooibulle smag na ‘n eerste sege oor die Middies in sewe jaar.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools of kanaal 216 op DStv – (www.supersportschools.com).
HTS Middelburg se Rooibulle is oorgehaal om vir die afgelope twee jaar se teleurstellings te vergoed wanneer hulle Saterdagmiddag teen hul tradisionele vyande, Hoërskool Middelburg, op dié se tuisveld, in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling, te staan kom.
Die Middies het, sedert die twee spanne weer vir die eerste keer in 2022 teen mekaar gespeel het, die oorhand geniet. Hulle het verlede jaar met 21-3 en in 2022 met 31-15 die botoon gevoer oor die Rooibulle. Voor 2022 het hulle laas in 2017 ontmoet, met die Rooibulle wat naelskraaps met 10-5 koning gekraai het.
Albei spanne het reeds vanjaar beïndruk en vroeg na vore getree as sterk aanspraakmakers op die Plaat-titel.
Die Rooibulle sal egter heelwat aandag moet skenk aan dissipline in hul eie halfgebied, met die tuisspan se losskakel en skerpskutter, Matthew Abbey, wat lyk asof hy by die week meer akkuraat raak met sy korrelwerk pale toe. Abbey en heelagter, Crawford Joubert, sal ook fyn dopgehou moet wanneer hulle op loop sit met die bal, met verál Joubert se teenaanvalle wat amok kan saai onder die verdediging.
Die besoekers beskik nietemin oor uithalerspelers in eie reg, soos die woelige flank en kaptein, Toy Engelbrecht. Engelbrecht, wat ook uitblink as ‘n sewesspeler, se vermoë om spasie aan te val maak van hom ‘n uiters gevaarlike kalant.
Agterlangs wag binnesenter, Johnny dos Santos, op die Middies se middeveld. Dos Santos het vanjaar reeds menige verdediger in die stof laat byt met sy venynige aanvalslyne en kragtige barslopies.
In Kempton Park wag daar ‘n hoogs interessante stryd tussen Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Zwartkop. Die tuisspan het nog nie vanjaar op alle silinders gevuur nie en sal Saterdag die kans wil aangryp om momentum te bou vir die res van die reeks met ‘n eerste sege in vanjaar se kompetisie.
Hulle sal heelwat staatmaak op losskakel, Stian de Villiers. De Villiers, tesame met sy twee ervare senters, Tiaan Delport en Tian Aucamp, sal die Kempies deurgaans op die voorvoet wil plaas.
Die Zwarries se held van verlede naweek, Milton Naudé, sal weer op regtervleuel in aksie wees. Naudé moes verlede naweek inderhaas die beseerde Denlison Metcalfe vervang, waarna hy ‘n briljante driekuns behaal het in die span van Centurian se sege van 44-31 oor Hoërskool Klerksdorp.
Die spanne:
Hoërskool Middelburg t. HTS Middelburg om 16:00 in Middelburg
Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.
HTS Middelburg (moontlik): 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Buytendach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.
Kempton Park t. Zwartkop om 12:25 in Kempton Park
Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Christiaan Kloppers, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Marko van der Schyff, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.
Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Milton Naude, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Bradley Nortje, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Dirco la Marque, 1 Rikus Kotze.
Ligbron Akademie t. Transvalia om 12:50 in Ermelo
Ligbron Akademie: 15 Leon de Vries, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Classen, 7 Tiaan Botha, 6 Jurgens Bezuidenhout, 5 Thamsanqa Lamula, 4 Jaco van Wyk, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nlapho.
Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Christiaan Liebenberg, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Botes.
Oos-Moot t. Montana om 12:30 in Pretoria
Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruin, 1 Jandre de Beer.
Montana: 15 Tyron van Rooyen, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Jacques Greyling, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Kyle Bronkhorst, 5 Reuben van Hammersveld, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.