SuperSport Schools Plus

Rooi Bulle verdedig Plaat-titel teen Middies

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-24 Tags: , , , ,

FOTO: Suné Rowe Photography.

Die akkurate korrelwerk van agsteman Tercius Bezuidenhout het verseker dat Hoër Tegniese Skool Middelburg eerskomende Saterdag, in ‘n herhaling van die Middelburg-derby, sy titel verdedig teen die naburige Hoërskool Middelburg in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

Herleef al die SDC Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Bezuidenhout, wat reeds in die Rooi Bulle se laaste rondomtalie-wedstryd teen Hoërskool Zwartkop aangedui het dat hy oor ‘n kanonpoot beskik, het die afgelope naweek wéér drie strafdoele en twee doelskoppe deur die pale gejaag. Met dié 13 punte het Bezuidenhout ‘n beduidende bydrae gelewer tot sy span se sege van 23-10 oor Hoërskool Klerksdorp, in Saterdag se halfeindstryd.

Die Rooi Bulle was puik op die aanval, maar, was dit hul verdediging wat uitgestaan het. Om die gevaarlike span van Klerksdorp tot slegs 10 punte in 70 minute te beperk, was ‘n oorwinning op sigself, en in hierdie opsig het Bezuidenhout se losvoorspeler-maat, Ethan Kock, ‘n reuserol verrig met sy hoë werkverrigting in die los.

Agterlangs, het losskakel en kaptein, Johnny Dos Santos, in sy 50ste wedstryd vir die Rooi Bulle, sake netjies dikteer om sy span op die voorvoet te kry en te hou.

Vir Klerksdorp, kon slegs Jarred van Staden (binnesenter) die verdediging oopkloof om die tuisspan se enigste drie aan te teken.

Die eindstryd behoort oudergewoonte ‘n titaniese stryd tussen rooi en groen af te gee. Die Middies het self uitstekend vertoon in hul halfeind teen Zwartkop Vrydagaand en is immers die enigste span wat vanjaar met die Vikings kon afreken.

Puntemakers: 

HTS Middelburg 23 (14) – Drieë: Ethan Kock, Ruwan Graaff. Doelskoppe: Tercius Bezuidenhout (2). Strafdoele: Bezuidenhout (3). Hoërskool Klerksdorp 10 (3) – Drie: Jarred van Staden. Doelskop: Dorian Isaacs. Strafdoel: Isaacs.

Ander spanne: 

o.16: Oos-Moot 22, Hoërskool Kempton Park 15.

o.15: Zwartkop 11, Wesvalia 10.

o.14: Hoërskool Kempton Park 17, Hoërskool Middelburg 14.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.