Rooi Bulle is Zwarries se grootste toets van die jaar


Dit gaan ‘n titaniese stryd afgee wanneer die voorlopers in die Plaat-afdeling van die SDC Noordvaal Cup mekaar Saterdagmiddag in Centurion pak.
Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die onoorwonne Hoërskool Zwartkop speel gasheer vir die verdedigende kampioen, Hoër Tegniese Skool Middelburg. Die kragmeting is ook die Rooi Bulle se laaste rondomtallie-wedstryd, voordat hulle moet wag om te sien hoe die finale puntelys gaan lyk.
Dit is steeds moeilik om te voorspel wie waar gaan eindig, met nog heelwat water wat gedurende die laaste twee rondes in die see moet loop. Dit maak die besoekers van Middelburg se doelwit eenvoudig: wen so ver moontlik.
Teen die Zwarries, is dit natuurlik makliker gesê as gedaan, met die span van Centurion wat tans ‘n merkwaardige segetog van 16 agtereenvolgende oorwinnings geniet. Boonop het Zwartkop nog twee wedstryde op die spyskaart, met die gevaarlike Hoërskool Klerksdorp wat op hom wag na die Rooi Bulle.
Dit kom dus as geen verrassing dat die Vikings na volsterkte terugkeer nie. Senter, David van Jaarsveld, wat verlede naweek kort voor die afskop moes onttrek, het betyds herstel om weer sy plek in die middeveld in te neem. Van Jaarsveld en sentermaat, Luan Williams, se tweestryd met die besoekers se kaptein, Johnny Dos Santos, en die uitstaande Jacques Greyling beloof hope aksie.
Hoërskool Middelburg is vir ‘n derde agtereenvolgende week tuis in aksie wanneer hy Saterdag met Hoërskool Oos-Moot swaarde kruis. Die Middies se sege in die vorige ronde van 24-9 oor Hoërskool Wesvalia, danksy ‘n akkurate skopvertoning deur losskakel, Matthew Abbey, was goud werd. Dit het hulle na vyfde plek geneem met 19 ligapunte, twee punte agter Hoërskool Klerksdorp (21), wat gelyk trek met die Wessies (21) en weereens beklemtoon hóé straf die Plaat-wedloop is.
Die Klerksdorpers draf Saterdag teen ‘n onvoorspelbare Hoërskool Marais Viljoen in Alberton uit, wetende dat ‘n sege geensins gewaarborg is nie. Die Middies, asook Klerksdorp, het geen veranderinge vir dié belangrike kragmetings aangebring nie, en, met elk twee wedstryde oor, besef dat ‘n nederlaag die verskil tussen maak of breek kan beteken.
In Kempton Park veg Ligbron Akademie se spanne om oorlewing wanneer hulle by Hoërskool Kempton Park besoek aflê. Die Liggies is slegs agt ligapunte agter Hoërskool Klerksdorp en oorwinning kan beteken dat hulle moontlik promosie-relegasie vryspring.
Hulle het, nes Klerksdorp, twee wedstryde oor en kom in die laaste ronde teen die Middies in Ermelo te staan. Die enigste verandering vir die Kempie-bepaling is Banele Mthambo wat vir Siyanda Dennison in die nr. 13-trui vervang.
Die spanne:
Zwartkop t. HTS Middelburg om 12:30 in Centurion
Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Shayden Botha, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan Knott, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.
HTS Middelburg: 15 Wynand Cronje, 14 Reynard Snyders, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Dante Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kock, 6 Argu Kruger, 5 Andrea De Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.
Hoërskool Middelburg t. Oos-Moot om 12:35 in Middelburg
Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Karale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 Zanempilo Mahlangu, 5 Jeandré Potgieter, 4 André Robberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.
Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Drew Williams, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 Bradley Jacobs, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Pema Bramely, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Mike Nothnagel, 1 Divan du Preez.
Marais Viljoen t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Alberton
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.
Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber.
Hoërkool Kempton Park t. Ligbron Akademie om 13:30 in Kempton Park
Kempton Park (moontlik): 15 Stian de Villiers, 14 Guillaume Botha, 13 Rocco Louw, 12 Wian Riekert, 11 Ethan Botha, 10 Ben Steyn, 9 Ettienne Stroebel, 8 Ruan Mostert, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Dihan Keeve, 1 Piet van den Heever.
Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 13 Banele Mthambo, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Siyanda Dennison, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.
- St David’s topples Grey High in super over finish - 2025-10-19
- Waterkloof exceptional in regaining Wildeklawer T20 title - 2025-10-19
- As tight as it gets, but Northwood perseveres over Parkies - 2025-10-17