Results of Wildeklawer 2016 – Day 1
Louis Botha van Bloemfontein het vir EG Jansen behoorlik die skrik op die lyf in die eerste wedstryd van die agtste Wildeklawer-toernooi in ’n ysige Kimberley gejaag.
Die Jansies het uiteindelik met 19-17 as oorwinnaars van die veld gestap, maar moes eers van sy eerstekeuse spelers opstuur wat die wedstryd op die bank begin het.
Die span van Boksburg het teen lemoentyd ’n gerieflike voorsprong van 19-0 opgebou. Sy haker, Werner Landman, het twee van sy span se drieë gedruk. Hy het vroeg in die tweede helfte ’n geelkaart gekry wat Louis Botha terug in die wedstryd gebring het.
Die span van die Rosestad het drie keer met Landman in die koelkas gaan druk. Sy losskakel, Kyle Kermis, kon slegs een daarvan verdoel. Hy het ook met ’n lang strafdoel na aan die einde van die wedstryd misluk wat moontlik aan sy span ’n sege kon besorg.
Stellenberg van Kaapstad het in sy eerste kragmeting ooit op Wildeklawer in Kimberley met ’n sege van 27-19 oor Noord-Kaap gevier. Stellenberg se vleuel Angelo Davids het twee keer agter die doellyn gaan kuier om sy totaal 11 drieë in sy span se ses wedstryd tot dusver vanjaar op te stoot.
Die span van die Moederstad se senterpaar, Francois du Plessis en Fouché van Rooyen, het deurgans die regte vrae aan Noord-Kaap se verdediging gevra. Du Plessis is ook die kaptein van Stellenberg.
Noord-Kaap het danksy ’n langafstand drie deur sy haastige Cravenweek-vleuel, Cameron Hufke, terug in die wedstryd gekom. Toe die vaskopstut, Wynand Bester, kort daarna ook oorval het Hufke die telling met die doelskop met 19-elk gelyk getrek.
Oakdale Landbou het met sy oorwinning van 20-15 oor Welkom Gimnasium enige twyfel of hy die beste span op sy jaarlikse rugbyweek buite Riversdal vroeër vanjaar was die nekslag toegedien.
Albei spanne het vroeër vanjaar die rugbyweek in die Suid-Kaap onoorwonne afgesluit. Gimmies neem as die Suid-Afrikaanse rugbyunie se uitnodigingspan aan die Wildeklawer-toernooi deel.
Puntemakers:
EG Jansen 19 (19) – Drieë: Werner Landman (2), Quinton Beaton. Doelskoppe: Duan Zeelie (2). Louis Botha 17 (0) – Drie: Keaton Swarts, Teboho Rampai, Brentley Marais. Doelskop: Kyle Kermis.
Oakdale Landbou 20 (20) – Drieë: WP van Heerden, Nicolus van Eeden, André Posthumus. Doelskop: Darren Adonis. Strafdoel: Adonis. Welkom Gimnasium 15 (5) – Drieë: Richman Gora, Kwagga van Staden, Gift Dlamini.
Stellenberg 27 (19) – Drieë: Angelo Davids (2), Francois du Plessis, Fouché van Rooyen. Doelskoppe: Ruben Scholtz (2). Strafdoel: Scholtz. Noord-Kaap 19 (7) – Drieë: Gladwin Nieuwenhuyzen, Cameron Hufke, Wynand Bester. Doelskoppe: Hufke (2).
Selborne College 3 (3) – Strafdoel: David Coetzer. Monument 3 (0) – Strafdoel: Luke Rossouw.
Paul Roos Gimnasium 31 (19) – Drieë: Lyle Hendricks (2), Dylan de Villiers, Phillip van Dyk, Hanré du Toit. Doelskoppe: Damian Willemse (3). HTS Middelburg 12 (5) – Drie: JC Pretorius, Boet Heyl. Doelskop: Riekert Barnard.
Paarl Gimnasium 45 (19) – Drie: Wian van Zyl, Janus Swart, Bryan Buitendag, Bernu Engelbrecht, Christopher Willemse, Theo Boshoff, Henco Martins. Doelskoppe: Van Zyl (5). Menlopark 11 (8) – Drie: Damian van der Broek. Strafdoele: Earl Dowrie (2).




