SuperSport Schools Plus

Randburg skommel span vir Gimmie-golf

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-16 Tags: , , , , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

Hierdie week se aksie in Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup bied ‘n smullekker mengsel van spanne op soek na ‘n tweede en eerste sege in die reeks.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Hoërskool Randburg, een van die vroeë onoorwonne spanne in dié afdeling, durf die verdedigende kampioen, Potchefstroom Gimnasium, tuis in Randburg aan.

Die Gimmies, onder die nuwe “vlerk” van Regardt Kleingeld, is duidelik een van die gevaarspanne,  en, hoewel relatief jonk, het die Potchefstromers reeds gewys dat hulle honger is om die Bowl te verdedig. Hul krag lê voorlangs met agsteman, De Wet Grobler, en loskopstut, Jeandré Barends, wat uithalerspel lewer vanjaar.

Die tuisspan het ‘n paar taktiese skuiwe aangebring, met die staatmaker-slot, Phillip Rykaart, wat flank toe skuif en Jaydon Brown wat sy plek in die nr 4-trui inneem. Agterlangs, skuif Bradley Butcher, wat tot dusver op vleuel uitgeblink het, na buitesenter.

Old School

Merensky Landbou Akademie reis na Rustenburg waar hy vir die eerste keer in bykans ‘n maand in aksie sal wees, teen Bergsig Akademie.

Danksy dié blaaskans is die Plasies se middeveld weer op volsterkte, met kaptein, Maritz Meintjies, wat terugkeer op binnesenter na ‘n skouerbesering, en die blitsige Jens Bezuidenhout aan sy buitekant. Meintjies is die enigste lid van Merensky wat tans in die Limpopo Blou Bulle se Cravenweek-oefengroep opgeneem is, wat sy belangrikheid vir die Plasies beklemtoon.

Hoërskool Dinamika se warm vuurdoop in die Bowl-afdeling duur voort. Na ‘n taai stryd teen Randburg verlede naweek, waar hy in ‘n stadium vir die Randburgers met 18-0 teen die toue gehad het, verwelkom Dinamika hierdie naweek die nuweling vanaf die Skild-afdeling, Hoërskool Jeugland, in Alberton.

Jeugland lek self wonde ná hy ‘n week vantevore teen ‘n sterk Eldoraigne met 20-27 vasgeval het.

Die spanne: 

Hoërskool Randburg t. Potchefstroom Gimnasium in Randburg: 

Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Vino Prince, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Phillip Rykaart, 6 Chrisjan van Nieker, 5 Brandon Peterson, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Diedlof Fourie, 1 Malan van Heerden.

Potchefstroom Gimnasium: 15 Jandré Oosthuizen, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Chris van Zijl, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Zach de Jager, 5 Rynel Rautenbach, 4 Ignu du Toit, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Crobbelaar, 1 Jeandré Barends.

Bergsig Akademie t. Merensky Landbou Akademie in Rustenburg: 

Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Dinamika t. Jeugland in Alberton: 

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.