PUK 16-reeks se bepalings vir 2015
Die kampioen van 2014 se Puk16-reeks, die Hoërskool Vryburg, sal sy aanslag op vanjaar se titel op 28 Februarie teen Schweizer-Reneke afskop. Wolmaransstad en Schoonspruit van Klerksdorp is ook saam met Vryburg in Groep D van die reeks geloot.
Verlede jaar se naaswenner, Bekker van Magaliesburg, is saam met Overvaal, Fochville en Alberton High in Groep C geloot. Die halfeindstryde word vanjaar op 21 Maart beslis met die Hoërskool Stoffberg en Overvaal wat die gasheer sal wees. Die eindstryd word in Potchefstroom op 18 April gespeel.
In Groep A sal Stoffberg, Pretoria-Noord, Delmas en Oosterland van Secunda teen mekaar sake om ‘n plek in die uitspeelwedstryde uitspook. Volksrust, Pionier van Vryheid, Ferrum en Piet Retief in saam in Groep B geloot.
Die bepalings is:
28 Februarie 2015
Stoffberg vs. Pretoria Noord
Oosterland vs. Delmas
Volksrust vs. Pionier
Ferrum vs. Piet Retief
Overvaal vs. Bekker
Fochville vs. Alberton High
Vryburg vs. Schweizer-Reneke
Schoonspruit vs. Wolmaransstad
7 Maart 2015
Delmas vs. Stoffberg
Pretoria-Noord vs. Oosterland
Piet Retief vs. Volksrust
Ferrum vs. Pionier
Bekker vs. Fochville
Alberton High vs. Overvaal
Vryburg vs. Schoonspruit
Wolmaransstad vs. Schweizer-Reneke
14 Maart 2015
Stoffberg vs. Oosterland
Delmas vs. Pretoria-Noord
Pionier vs. Piet Retief
Volksrust vs. Ferrum
Fochville vs. Overvaal
Alberton High vs. Bekker
Wolmaransstad vs. Vryburg
Schweizer-Reneke vs. Schoonspruit




