Prins skitter vir Oakdale, maar Boland Landbou koning vanjaar

Boland Landbou moes sweet om hul wraak te kry op die plaas in Riversdal teen Oakdale Lanbou, maar ‘n drie in die laaste oomblikke van die wedstryd deur hul staatmaker haker, Cilliers Viljoen, het vir die besoekers ‘n groot oorwinning verseker.
Vang al die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Verlede jaar het Oakdale vir die eerste keer in 12 jaar in die Paarl gewen, en Boland was gretig om wraak te neem.
Die Oakdale Bulle het met ‘n intensiteit begin wat die Boland Landbou span aanvanklik onkant gevang het.
Hul ster-vleuel, Therlow Prins, kon sy skoolloopbaan afsluit met nog ‘n pragdrie op sy tuisveld nadat hy sy eie skoppie vorentoe kon opgaar.
Prins is nog heel seisoen ‘n uitblinker vir Oakdale, en is ‘n speler met ‘n opwindende toekoms voor hom.
Dit was die enigste drie in die eerste helfte en Oakdale het die breek betree met ‘n 8-3 voorsprong en die momentum aan hul kant.
Boland Landbou het weereens karakter gewys om van agter af terug te veg. Dit was hul losskakel, Retagan van Rooi, wat elke week ‘n sentrale rol in hul spel speel, wat oor die doellyn kon kom om vir sy span die voorsprong te gee.
Met slegs twee minute oor in die wedstryd kon Conradie weer vir Oakdale die oorhand gee met ‘n strafdoel, en dit het gelyk asof die Bulle die wedstryd in die sak gehad het, maar Boland Landbou se aanval was onophoudelik, en vier minute na die tyd al op die horlosie al uitgehardloop het, was dit Viljoen wat oor die lyn kon bars om vir Boland ‘n sege te steel wat hulle vir baie lank gaan onthou.
Die besoekers se twee vleuels, Enslin Claasen en Wehan Lume, was baie indrukwekkend met die bal in die hand.
Boland Landbou het probleme gehad met die lynstane, maar hul pak het opgemaak daarvoor in die skrums en dit was die strafskoppe wat hulle in die tweede helfte kon afdwing wat die momentum geswaai het.
Oakdale se Steyn-broers, Erick (agsteman) en die kaptein, Marco (stut), het albei uitgestaan vir hul werk op verdediging, saam met Waylon Kortjie, die heelagter.
Boland Landbou sal uitsien vir die kans om dit volgende jaar twee in ‘n ry te maak waneer hulle weer die tuisveld voordeel geniet. Oor die afgelope 12 ontmoeting het Boland Landbou nou ses oorwinnings teenoor die ses van Oakdale. Daar is werklik niks om die twee spanne te skei nie
Jong spelers soos die slot, Ruan Viviers, wat reeds hierdie jaar vir die eerstespan presteer het sal dan die senior-posisies vir Boland beklee waneer hulle die dooiepunt probeer deurbreek.
Puntemakers:
Boland Landbou 17 (3) – Drieë: Retagan van Rooi, Cilliers Viljoen. Doelskoppe: Van Rooi (2). Strafdoel: Van Rooi. Oakdale Landbou 11 (8) – Drie: Therlow Prins. Strafdoelle: Zandre Conradie (2).
Ander tellings:
o.19 – Boland Landbou II 15, Oakdale Lanbou II 14.
o.16 – Oakdale Lanbou 38, Boland Landbou 29.
o.15 – Oakdale Lanbou 24, Boland Landbou 17.
o.14 – Boland Landbou 47, Oakdale Landbou 0.
Tellings oor die Jare:
| # | nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 | nt_header_5 | nt_header_6 |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 30 | 2023 | Boland Landbou | 17 | Oakdale Landbou | 11 | Riversdal |
| 29 | 2022 | Oakdale Landbou | 26 | Boland Landbou | 17 | Paarl |
| 28 | 2019 | Boland Landbou | 26 | Oakdale Landbou | 23 | Riversdal |
| 27 | 2018 | Boland Landbou | 56 | Oakdale Landbou | 19 | Paarl |
| 26 | 2017 | Oakdale Landbou | 14 | Boland Landbou | 12 | Riversdal |
| 25 | 2016 | Boland Landbou | 27 | Oakdale Landbou | 22 | Paarl |
| 24 | 2015 | Oakdale Landbou | 21 | Boland Landbou | 19 | Riversdal |
| 23 | 2014 | Boland Landbou | 13 | Oakdale Landbou | 7 | Paarl |
| 22 | 2013 | Oakdale Landbou | 29 | Boland Landbou | 10 | Riversdal |
| 21 | 2012 | Boland Landbou | 38 | Oakdale Landbou | 19 | Paarl |
| 20 | 2011 | Oakdale Landbou | 34 | Boland Landbou | 3 | Riversdal |
| 19 | 2010 | Oakdale Landbou | 3 | Boland Landbou | 0 | Paarl |
| 18 | 2009 | Did not Play | ||||
| 17 | 2008 | Boland Landbou | 16 | Oakdale Landbou | 8 | Paarl |
| 16 | 2007 | Boland Landbou | 27 | Oakdale Landbou | 19 | Riversdal |
| 15 | 2006 | Boland Landbou | 17 | Oakdale Landbou | 0 | Paarl |
| 14 | 2005 | Oakdale Landbou | 8 | Boland Landbou | 6 | Riversdal |
| 13 | 2004 | Boland Landbou | 11 | Oakdale Landbou | 7 | Paarl |
| 12 | 2003 | Boland Landbou | 20 | Oakdale Landbou | 12 | Riversdal |
| 11 | 2002 | Boland Landbou | 14 | Oakdale Landbou | 5 | Paarl |
| 10 | 2001 | Boland Landbou | 15 | Oakdale Landbou | 0 | Riversdal |
| 9 | 2000 | Boland Landbou | 31 | Oakdale Landbou | 7 | Paarl |
| 8 | 1999 | Boland Landbou | 23 | Oakdale Landbou | 23 | Riversdal |
| 7 | 1998 | Boland Landbou | 16 | Oakdale Landbou | 12 | Paarl |
| 6 | 1997 | Oakdale Landbou | 26 | Boland Landbou | 22 | Riversdal |
| 5 | 1996 | Boland Landbou | 26 | Oakdale Landbou | 0 | Paarl |
| 4 | 1995 | Oakdale Landbou | 19 | Boland Landbou | 18 | Riversdal |
| 3 | 1994 | Boland Landbou | 18 | Oakdale Landbou | 11 | Paarl |
| 2 | 1993 | Oakdale Landbou | 26 | Boland Landbou | 6 | Riversdal |
| 1 | 1992 | Boland Landbou | 15 | Oakdale Landbou | 6 | Paarl |




