SuperSport Schools Plus

Prins driekuns vuur Oakdale tot sege oor HTS Drostdy op Trappes Park

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-31

FOTO: Frans Lombard

Oakdale Landbou se Cravenweek-vleuel, Therlow Prins, was weer op ‘n vlak van sy eie in hul 31-24 sege teen HTS Drostdy in Worcester hierdie naweek.

Kyk weer op SuperSport Schools – Registreer nou

Prins kon ‘n driekuns van drieë vir sy span aanteken om vir hulle ‘n gesonde voorsprong te gee om te verdedig teen die tuisspan.

Oakdale het meeste van die wedstryd oorheers, en het teen halftyd al ‘n 15 punt buffer tussen hulself en die tuisspan gebou.

Twee vinnige drieë in die laaste 10 minute van die wedstryd kon vir HTS Drostdy tot binne sewe punte van die besoekers bring, maar dit was ongelukig te laat om ‘n suksesvolle terugvegpoging te loods.

Hul vleuel, Bernedict George, se drie het vir die tuisspan die energie gegee wat hulle gedurende die res van die wedstryd gemis het, en sy flank, Ettiene Claasen, het kort daarna self ‘n mooi drie gedruk deur om van die grootste Oakdale manne af te skud oppad na die doellyn toe.

HTS Drostdy kon laas in 2017 vir Oakdale baas raak, toe Springbok-sewes ster, Christie Grobbelaar deel van die Drostdy eerstespan was.

Die Oakdale Bulle se agsteman, Erick Steyn, het hierdie naweek uitgestaan vir sy werk op verdediging en Prins was onstuitbaar met die bal in die hand

Oakdale speel volgende Saterdag teen Grey-kollege in Bloemfontein in hul grootste toets van die seisoen voordat hulle hierdie jaar se groot inter teen Boland Landbou aanbied.

Hugenote moes staat maak op hul losskakel, Wade Green, vir hul oorwinning teen Brackenfell by hul sportdag in Wellington.

Green het 11 punte bygevoeg in hul 21-14 sege met drie strafdoelle en ‘n doelskop.

Sy teenstander met dieselfde nommer op sy trui, Sebastiaan Hahn, kon ook met drie strafdoelle slaag, maar sy span het ‘n drie minder gedruk en moes met leë hande terugkeer.

Stephan Jacobson, Vishoek se agsteman, kon die enigste drie in hul 5-3 oorwinning teen Bergvliet druk.

Puntemakers:

Oakdale Landbou 31 (18) – Drieë: Therlow Prins (3), Tian Ferreira. Doelskop: Zandre Conradie. Strafdoelle: Conradie (2), Kurt Coetzee. HTS Drostdy 24 (3) – Drieë: MJ van der Westhuizen, Bernedict George, Ettiene Claasen. Doelskop: Josh Fourie (3). Strafdoel: Fourie.

Hugenote (Wellington) 21 – Drieë: Nahan Crouch, Dillon van Wyk. Doelskop: Wade Green. Strafdoelle: Green (3). Brackenfell 14 – Drie: Xavier Valentine. Strafdoelle: Sebastiaan Hahn (3).

Curro Langebaan 24 – Drieë: Marco Stander, Joshua Paddock, Liam Wellman, Chad Louw. Doelskoppe: Dequinne de Bruyn. Labori 0.

Fish Hoek 5 – Drie: Stephan Jacobson. Bergvliet 3.

Ander tellings:

o.19 A – Hopefield 15, Swartland 12.

o.19 B – Hugenote II 24, Brackenfell II 21.

o.16 – Hugenote 12, Brackenfell 11; Fish Hoek 29, Bergvliet 5.

o.15 – Hugenote 15, Brackenfell 0; Fish Hoek 17, Bergvliet 0.

o.14 – Hugenote 24, Brackenfell 0; Fish Hoek 27, Bergvliet 0.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.