SuperSport Schools Plus

Potgieter, Graham skitter met 100-talle vir Middies en Nellies

By Franco Oberholzer , in Cricket | Featured Cricket | News , at 2025-09-29 Tags: , , , , ,

FOTO: Tap Light Edits.

Honderdtalle was aan die orde van die dag in Hoërskool Middelburg en Hoërskool Nelspruit se oortuigende seges Saterdag in die Mpumalanga Premierliga.

Lees en herleef al die Mpumalanga Premierliga-aksie net hier op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Herman Potgieter het die hoofrol in die Middies se reuse totaal van 373 en uiteindelike sege met 224 lopies oor Hoërskool Secunda gespeel, en is deur Eduan Strydom (65) en Zubair Desai (59) bygestaan.

Potgieter het in slegs 102 aflewerings 124 lopies aangeteken. Hy was ongelooflik gedissiplineerd en het selde die bal in die lug geslaan, gevolglik was ál 14 sy grenshoue viere gewees.

Strydom en Gavin Genis, wat 45 lopies aangeteken het, het albei teen ‘n blitsige tempo gekolf, met Genis wat slegs 16 balle benodig het vir sy bydrae. Sy blitzkrieg het vyf viere en twee sesse ingesluit, terwyl Strydom 34 balle benodig vir sy 65, en ses viere en vier sesse gemoker het.

Strydom het met die omdraaislag selfs verder uitgeblink. Hy het 9.5 beurte afgestuur met die bal, waarin hy vier paaltjies vir net 43 lopies laat kantel het. Potgieter (2/13) het ook sy sukses voortgesit met die bal, terwyl Middies se blitsige aanvangsbouler, Hendré Nel (2/43) hand bygesit het.

Nathan Erasmus was Secunda se beste kolwer op die dag met 44 lopies. Ongelukkig het hy slegs ondersteuning van Nijan Swart (28) en ‘n paar ander kolwers ontvang, voordat die span van Secunda uiteindelik vir 149 uitgeboender is.

Hoërskool Nelspruit het die bordjies behoorlik verhang met ‘n sege van nege paaltjies oor Hoërskool Hoogenhout. Gerdu van Eeden het ‘n gesamentlike boulaanslag met syfers van 3/39 gelei, terwyl John Duncan (2/4) en Samual Day (2/28) verder gesorg dat slegs Wyatt Johnson (57) en kaptein, Pieter Viljoen (31), enige noemenswaardige bydraes kon maak. Hoogenhout het uiteindelik nét 138 bereik.

Die Nellies se aanvangskolwer, Waldemar Graham, het die jaagtog van 139 verspotmaklik laat lyk. Nie alleen was sy 102 lopies onoorwonne nie, maar dit het ook sowat 73% van sy span se totaal (140) uitgemaak. Sy beurt was boonop blitsig en het net 77 balle geduur, waartydens hy 14 viere en vyf sesse geslaan het teen ‘n treftempo van 132.5 om sy span in die 24ste beurt oor die wenstreep te kry.

Beknopte telkaarte

Hoërskool Middelburg 373/6 (Herman Potgieter 124, Eduan Strydom 65, Zubair Desai 59, Gavin Genis 45, Ekstras 26, Christian Jansen 21, Lohan Botha 21; Jayden Scholtz 1/63); Hoërskool Secunda 149 (Nathan Erasmus 44, Nijan Swart 28, Andries Coetzer 22, Walt Vorster 20, Extras 20; Eduan Strydom 4/43, Herman Potgieter 2/13, Hendré Nel 2/43). Hoërskool Middelburg wen met 224 lopies. 

Hoërskool Hoogenhout 138 (Wyatt Johnson 57, Pieter Viljoen 31; Gerdu van Eeden 3/39, John Duncan 2/4, Samual Day 2/28); Hoërskool Nelspruit 140/1 (Waldemar Graham 102*; Wyatt Johnson 1/26). Hoërskool Neslrpuit wen met nege paaltjies. 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.