Wie gaan hul plekke in die eindstryd van die Colt-liga bespreek?
Die platteland kampioene uit die Griekwa en Griffon ligas, asook twee verteenwoordigers uit die Vrystaat neem Saterdag aan die Kovsiereeks Colt-liga halfeindronde deel in Kimberley en Welkom.
Postmasburg is die Griekwaland-Wes Kleinskole kampioene nadat hulle verlede naweek vir Namakwaland met 22-19 kon verslaan.
Hulle speel Saterdag teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg vir ‘n plek in die eindstryd terwyl die Griffon titelhouers, Hoopstad, vir Zastron aanpak vir die ander plek in die finale wedstryd.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
Hendrik Potgieter en Zastron het in die Vrystaat B-liga halfeindstryd teen mekaar gespeel. Zastron het die span van Reddersburg elimineer in ‘n grypende stryd waar hulle van 14-12 moes terugveg in die tweede helfte om uiteindelik 34-24 te wen.
Zastron het toe in die eindstryd teen Brandfort in ‘n riller van ‘n wedstryd met 29-27 verloor. Brandfort baklei dan vir die Irawa titel teen die Griffons en Griekwas se mediumskole kampioene.
Zastron se skakelpaar van, Lecha Leballo (losskakel) en Reinico Nel (skrumskakel), speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen en sal Saterdag weer twee spelers wees om dop te hou.
Postmasburg is sonder hul regtervleuel, Carlo de Beer, wie hul vorige wedstryd twee van hul drieë kon aanteken. Bradley Clark neem sy plek aan die kant van die veld in.
Sy losskakel, Emmanuel van der Merwe, is nog ‘n invloedryke speler wat Saterdag sy stempel op die spel sal wil afdruk.
Hendrik Potgieter gebruik gereeld sy binnesenter, Sterling Batties, om af te rond, en sy flank, Bin Laden Macholo, is self ‘n kranige baldraer.
Hoopstad is sonder hul gevaarman, AB Muller (flank), vir die wedstryd teen Zastron. Cobus Liebenberg begin in Muller se plek.
Hoopstad se generaal in die middeveld, die losskakel, Arrie Ferreira, is nog ‘n staatmaker vir sy span en hulle sal weer van sy skopvermoëns gebruikmaak in hul kragmeting teen die Vrystaters.
Die spanne is:
Postmasburg t. Hendrik Potgieter om 12:35 in Kimberley:
Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Bradley Clark, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Gordon Diergaardt, 7 Phumezo Nel, 6 Schalk van der Westhuizen, 5 Jack Nhundu, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.
Hendrik Potgieter: 15 Cedric Booysen, 14 Denver Jacobs, 13 JW Mortlock, 12 Sterling Batties, 11 Tumi Pholoane, 10 Jandre van Niekerk, 9 Quinton Fillis, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Bin Laden Macholo, 6 Divan van der Bank, 5 Kallie Erasmus, 4 Grysie Coetzee, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.
Hoopstad t. Zastron om 10:00 in Welkom:
Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Edward Graham, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Corne Wilsnach, 10 Arrie Ferreira, 9 Marco Wolfaardt, 8 Michael Steyn, 7 Cobus Liebenberg, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.
Zastron: 15 Khule Mdladlamba, 14 Asive Diba, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 JC Knoetze, 10 Lecha Leballo, 9 Reinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Frans Botha, 6 Jean Pierre Steenkamp, 5 Kamo Elisha, 4 Marckus Allerston, 3 Derick Bouer, 2 CJ Bouer, 1 Jan Adrian Grobler.




