SuperSport Schools Plus

Plasies kan nog by die “agterdeur” inglip

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-07-31 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

Om in dié stadium te probeer voorspel hoe die puntelys daar gaan uitsien ná die oorblywende drie rondes in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling is ‘n haas onbegonne taak.

Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Dit is per slot van rekening dié afdeling wat reeds drie gelykopuitslae en ‘n paar taamlike verrassings in die vorige ses rondes opgelewer het. Boonop is dit steeds ‘n sesperd-resies, met ‘n paar buiteperde wat nog die top-vier kan haal aangesien die verskil tussen die voorloper, Potchefstroom Gimnasium, en Merensky Landbou Akademie, in die sesde plek, slegs ses ligapunte is.

Derhalwe het die Plasies van Tzaneen steeds ‘n kans om ‘n plek in vanjaar se halfeindronde te bespreek. Dit beteken egter dat hulle aldrie hul oorblywende wedstryde so ver moontlik moet wen om moontlike bonuspunte ook te laat tel. Dié aanslag skop Saterdagmiddag teen Hoërskool Ermelo in Tzaneen af.

Die Plasies moet klaarkom sonder senter en kaptein, Maritz Meintjies, wat gerus word nadat hy verlede naweek die veld teen Hoërskool Randburg moes verlaat. Meintjies word deur Henru Venter vervang, met loskopstut, Carel Volschenk, wat die span aanvoer.

In Alberton wil die Gimmies hul greep as voorloper versterk teen die onvoorspelbare Hoërskool Dinamika, maar sit self sonder drie sleutelspelers. Loskopstut, Jeandré Barends, loop die kragmeting mis weens blindedermprobleme en word deur Janru Jansen van Rensburg vervang. Rynel Rautenbach (besering) en onderkaptein, Elrich Bosch (rooikaart), is ook afwesig.

Volpunte teen Hoërskool Randburg kan vir Potchefstroom Volkskool ook goud werd wees. Die Volkies is tans vierde op die puntelys met 15 ligapunte, slegs een agter Hoërskool Randburg (16) en spog met ‘n onveranderde span vir ‘n tweede agtereenvolgende tuiswedstryd.

Die Randburgers sal egter nog ‘n sege op sy kerfstok wil sit voordat hy in die volgende ronde teen ‘n kookwater Bergsig Akademie, in Rustenburg, te moet staan. Verdere goeie nuus vir die span uit Randburg is dat ‘n moontlike terugkeer vir sy staatmaker slot, Philip Rykaart op die kaarte is.

Die Eagles van Rustenburg het tot groot verbasing reeds vier van hul vyf wedstryde gewen om tans die tweede plek te beklee.

Hulle is egter steeds net twee punte voor die span van Randburg, wat van Saterdag se stryd in Kempton Park, teen ‘n onvoorspelbare Hoërskool Jeugland ‘n deurslaggewende een maak. Die Dos Santos-broers, Alzandro en Paulo, is soos verlede week weer die Eagles se skakelpaar, terwyl skerpskut, Bradley Stonehouse weer op heelagter uitdraf.

Die spanne: 

Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Ermelo om 12:25 in Tzaneen

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meshack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Henru Venter, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Puki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Ermelo (moontlik): 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

Dinamika t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Alberton

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nico Greyling, 13 Shane Serfontein, 12 Caiden van der Merwe, 11 Nathan Kearns, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Dewan Gomes, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

Potchefstroom Gimnasium: 15 Jandre Oosthuizen, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Chris van Zijl, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Dirk Stear, 4 Ignu Du Toit, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.

Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Randburg om 12:30 in Potchefstroom 

Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

Hoërskool Randburg: 15 Josef van den Berg, 14 Eduan Bakkes, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Vino Price, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Dimitri Gerber, 4 Philip Rykaart, 3 Tristan Vorster, 2 Diedelov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

Jeugland t. Bergsig Akademie om 13:40 in Kempton Park

Jeugland (moontlik): 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Bergsig Akademie: 15 Bradley Stonehouse, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Paulo Dos Santos, 8 Martin Pieterse, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Jacques Viviers, 4 Ryan Nagel, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.