SuperSport Schools Plus

Pietersburg kan weer uitsien na jaarlikse 7’s aksie

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-09-01 Tags: ,

Die Hoërskool Pietersburg speel Saterdag weer gasheer vir die se jaarlikse o.17 7’s toernooi aan.

Dit beloof om ‘n aksie belaaide dag in die hoofstad te wees, met meerderheid van die Limpopo spanne wat mekaar vir die eerste keer vanjaar sal pak.

Die spanne van Ben Vorster, Merensky en Hoërskool Pietersburg wat in die SDC Noordvaal Cup se onderskeie Skild- en Bowl-afdelings  deelgeneem het is die voorste aanspraakmakers op die titel.

Die drie spanne het hulfself teen sterk oposisie goed van hul taak gewkyt, maar sal weet dat die vinniger formaat van die spel ‘n perd van ‘n ander kleur is.

Pietersburg veral, se krag het agterlangs gele en sal die tuisspan hoop dat sy spoedvrate hul goeie spelpeil kan voortsit. Die tuisskool het twee spanne wat die naweek sal deelneem.

Ben Vorster en Merensky het albei ook goeie seisoene agterlangs in 15-man formaat beleef en sal dit interresant wees om te sien hoe die se spoedvrate teen die res van Limpopo se spanne vaar.

Hoërskool Ellisras is ‘n beslis ‘n buiteperd in die toernooi en een waarvoor menigde spanne sal lig loop. Die span van Ellisras het groot opwagting gemaak in sy 15-man seisoen en sal hy beoog om van die grooter name stert tussen die bene huistoe te stuur. Hy sal ook twee spanne he wat op Saterdag hul verskeining sal maak.

Die spanne wat deelneem: 

Pietersburg I, Pietersburg II, Louis Trichardt, Hans Strijdom, Ellisras I, Ellisras II, HTS Tom Naude, Northen Academy, Curro Heuwelkruin, Ben Viljoen, Piet Potgieter, Hudson, Ben Vorster, Merensky Nylstroom, Frans du Toit.

Die bepalings: 

A-veld: 

07:00 – Pietersburg I t. Louistrichardt; 07:18 – HTS Tom Naude t. Northen Academy; 07:36 – Ellisras I t. Ben Viljoen; 07;54 Ben Vorster t. Merensky; 08:12 – Hans Strijdom t. Ellisras II; 08:30 – Curro Heuwelkruin t. Pietersburg II, 08:48 – Piet Potgieter t. Hudson, 09:06 – Nylstroom t. Frans du Toit; 09:24 – Pietersburg I t. Hans Strijdom; 09:42 – HTS Tom Naude t. Curro Heuwelkruin; 10:00 – Ellisras I t. Piet Potgieter; 10:18 – Ben Vorster t. Nylstroom; 10:36 – Louis Trichardt t. Ellisras II; 10:54 – Northen Academy t. Pietersburg II; 11:12 – Ben Viljoen t. Hudson; 11:30 – Merensky t. Frans du Toit; 11:48 – Pietersburg I t. Ellisras; 12;06 – HTS Tom Naude t. Pietersburg II; 12:24 – Ellisras I t. Hudson; 12:42 – Ben Vorster t. Frans du Toit; 13:00 – Louis Trichardt t. Hans Strijdom; 13:18 – Northen Academy t. Curro Heuwelkruin; 13:36 – Ben Viljoen t. Piet Potgieter; 13:54 – Merensky t. Nylstroom.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.