Piet Potgieter en Nylstroom kruis swaarde in halfeindstryd
Die Hoërskool Piet Potgieter en die Hoërskool Nylstroom sal Vrydag sake om ‘n plek in die Limpopo-eindstryd van Afdeling 3 in die SDC Noordvaal Cup uitspook. Die eindstryd op HTS Tom Naude se veld in Polokwane skop om 13:45 af.
Die wenner van die halfeindstryd sal teen die Hoërskool Louis Trichardt in die eindstryd te staan kom. Albei die spanne in die eindstryd dring deur die die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup.
Piet Potgieter is in sy ligawedstryd teen Nylstroom vroeër in die seisoen as oorwinnaars met 17-3 as oorwinnaars van die veld gestap.
Potties sal beoog om die bal voor te hou en van sy groot pak voorspelers gebruik te maak. Die flank Jeandre Strydom is een om dop te hou. Strydom woeker in die vaste los. Sy verdediging is rotsvas en op die aanval is daar min wat die kantman stuit.
Sy kollega, Smagi Tjale, sal ook ‘n handvol wees vir die span van Nylstroom. Agterlangs sal dit die die heelagter, Evan Pretorius, wees wat goed dopgehou moet word. Pretorius is uitmuntend op die teenaanval en beskik oor baie vaart en goeie voetwerk.
Nylstroom sal probeer om Piet Potgieter se bal voorlangs te ontwrig. Henco Meyer wat op agtsteman sak sal aan die voorpunt wees. Meyer se verdediging le die grondslag vir sy kollegas in die lostrio Walter Pretoruis en Gavin Smith om omgekeerde balbesit te bewerkstellig.
In die agterhoewe sal Nylstroom se buitesenter, SG Prinsloo, goed dopgehou word. Die spoedvraat op linkervleuel, Robbinson Kgaogelo, is ook geen vreemdeling vir punte aanteken nie en sal hy gereeld agter die span van Potgietersrus se doellyn wil gaan kuier.
Die spanne:
Hoërskool Nylstroom vs Hoërskool Piet Potgieter om 13:45 te Tom Naude, Polokwane:
Nylstroom: 15 Solly Moraswe, 14 Alex van Niekerk, 13 SG Prinsloo, 12 Conrad meyer, 11 Robbinson Kgaogelo, 10 Franco Steenkamp, 9 Martiens Joubert, 8 Henco Meyer, 7 Gavin Smith, 6 Walter Pretorius, 5 Thapelo Chisi, 4 Henru Botha, 3 Penyo Tsisivhe, 2 MJ Botha, 1 Diederik Labuschagne.
Piet Potgieter: 15 Evan Pretorius, 14 Jabu Mnisi, 13 Du Preez Coetzee, 12 Waldo Nell, 11 Ruan Liebenberg, 10 Prince Langa, 9 Ruben Beytel, 8 Eugene Haasbroek, 7 Jeandre Strydom, 6 Wico Stans, 5 Smangi Tjale, 4 Pieter van Antwerp, 3 Regardt Human, 2 Jakkie Botha, 1 Rico Stans.