Paul Roos stoom voort op Markotter
Vir die tweede week in ‘n ry kon Paul Roosers ‘n klinkende sege met die Jolla Bolla in die Markotter-stadion in Stellenbosch vier. Vir die tweede week in ‘n ry kon Paul Roosers ‘n klinkende sege met die Jolla Bolla in die Markotter-stadion in Stellenbosch vier.
Paul Roos het die bordjies gister met 43-8 teen Grey High School in die twee spanne se jaarlikse interskole verhang. Die span van die Eikestad was teen rustyd met die telling met 22-3 in sy guns reeds stewig in die saal. Grey High het verlede jaar die stryd tussen die twee spanne in die Baai met 22-20 gewen.
Paul Roos beskik vanjaar oor ‘n gevaarlike agterhoede. Die span se agterlyn behoort ‘n hele paar spanne se verdedigingslyne behoorlik op die proef te stel. Albei die vleuels, Tiaan Pretorius en Remy Engelbrecht, ken die pad doellyn toe. Die losskakel, Juan Mostert, en heelagter, Kade Wolhuter, is albei spelskeppers, terwyl die senterpaar, Brendan Venter en Regan van der Westhuizen, net so gevaarlik op die aanval is.
Paarl Gimnasium het die bordjies behoorlik teen SACS met ‘n oorwinning van 54-38 verhang. SACS het verlede jaar vir die eerste keer sedert 1996 daarin geslaag om Gimmies te klop.
Gimmies se binnesenter, Duifie Kellerman, was op sy stukke. Die sterk binnesenter het SACS se verdedigers besig gehou en drie keer die doellyn oorgesteek. Die wenspan se haker, Van Eeden Hanekom, het ook soos gewoontlik in die los gewoel.
Die Hoër Jongenskool Paarl het nog nie vanjaar op alle silinders gevuur nie. Die span het gister meer as nodig gesweet om Wynberg Boys’ High met 32-28 met die kous oor die kop huis toe te stuur. Boishaai kan egter steeds met ‘n onoorwonne rekord teen Suid-Afrikaanse spanne sedert die begin van 2015 spog. Die span van die Paarl behoort ook sy twee wedstryde tydens die Wildeklawer-toernooi die komende naweek in Kimberley teen Waterkloof en Affies te wen.
Boland Landbou was vol vuur teen Rondebosch Boys’ High en het oortuigend met 67-12 met die besoekers klaargespeel. Albei Boland Landbou se senters, Erik Lambrecht en Sebastian de Klerk, het dubbelle driedruk-plesier ervaar. Die duo se name gaan gewis nog baie in die toekoms gehoor word. Die vleuel Bertus Baard en heelagter, Darren Hendricks, het ook twee keer Rondebosch se doellyn oorgesteek.
Die skrumskakel, Gavin Mills, het 22 van sy span se punte aangeteken. Hy het sewe van sy span se tien drieë verdoel, self een van die drieë afgerond en ook met ‘n strafdoel geslaag.
In die Oos-Kaap was daar ook ‘n rits groot tellings. Die Wolramme van Marlow Landbou het die Hoërskool Grens met 52-7 gekarnuffel, terwyl Brandwag van Uitenhage vir Itembelihle met 76-8 afgeslag. Selborne College het oor te veel skietgoed vir Queen’s College (54-0) beskik.
Framesby sal ook gelukkig met sy sege van 43-5 oor HTS Daniël Pienaar voel. Die span van Port Elizabeth vertrek Woensdag na Japan waar hulle aan die jaarlikse Sanix-toernooi sal deelneem.
AL DIE UITSLAE:
TUKS-REEKS
Monument 68, Garsfontein 31; Menlopark 27, EG Jansen 22; Transvalia 64, Hoërskool Pietersburg 17; Hoërskool Nelspruit 22, Eldoraigne 19; HTS Middelburg 40, Kempton Park 24.
NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS
Lichtenburg 19, Zwartkop 18; Hoërskool Middelburg 24, Potchefstroom Volkskool 22, Noordheuwel 24, Montana 10; Potchefstroom Gimnasium 54, Jeugland 17; Die Anker 38, HTS Witbank 15; Wesvalia 53, Oosterlig 3; Marais Viljoen 24, Randburg 14; Hugenote (Springs) 17, Driehoek 17.
NWU-PUKKE 16-REEKS
Pionier 38, Leeuwenhof 13; Fochville 39, Pretoria-Noord 24; Piet Retief 31, Vryburg 13; Stoffberg 47, Bekker 21; Ferrum 31, Schoonspruit 31; Delmas 43, Overvaal 15; Wolmaransstad 31, Oosterland 27; Volksrust 29, Alberton High 26.
SUPERREEKS
Brandwag (Benoni) 19, Ligbron 15; Heidelberg Volkskool 41, Generaal Hertzog 35; Dinamika 17, Hoërskool Tuine 15; Die Wilgers 24, Wagpos 13; Bergsig 19, Jan Viljoen 17; Vereeniging Gimnasium 43, Ligbron II 0.
WES-KAAP
Paul Roos Gimnasium 43, Grey High School 8; Hoër Jongenskool Paarl 32, Wynberg Boys’ High 28; Paarl Gimnasium 54, SACS 38; Stellenberg 74, Parel Vallei 10; Bishops 66, Tygerberg 5; Boland Landbou 67, Rondebosch Boys’ High 12; Hoërskool Bellville 43, Strand 8; Oakdale Landbou 39, Durbanville 21; President 26, Parow 24.
NOORDVAAL
Affies 12, King Edward VII 3; Hoërskool Klerksdorp 31, Hoërskool Alberton 18; Jeppe High School for Boys’ 45, Westville Boys’ High 25; Oos-Moot 52, HTS John Vorster 0; Overkruin 26, Midstream College 17; Erasmus (Bronkhorstspruit) 57, Pretoria THS 15; HTS Tuine 15, Gerrit Maritz 10; HF Verwoerd 34, Uitsig 0; Akasia 26, FH Odendaal 14; Curro Hazeldean 27, Cullinan 13; Secunda 45, Standerton 29; Barberton 50, Uplands College 19; Curro Nelspruit 45, Bergvlam 25; Lydenburg 54, Hoogenhout 12; Dr. Malan 33, Hans Moore 27; Nylstroom 35, Eric Louw 0; Curro Heuwelkruiin 43, Mitchellhouse 5; Louis Trichardt 53, Stanford Lake College 17; Frikkie Meyer 72, Ellisras 3; Frans du Toit 35, Warrmbad 17; Piet Potgieter 84, HTS Tom Naudé 0; Merensky 27, Hans Strijdom 12.
OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
Selborne College 54, Queen’s College 0; Glenwood 58, Kearsney College 8; Hilton College 29, Maritzburg College 18; Dale College 22, Stirling 17; Marlow Landbou 52, Hoërskool Grens 7; Framesby 43, HTS Daniël Pienaar 5; Durban High School 27, Michaelhouse 14; Nico Maln 41, Langenhoven Gimnasium 31; Brandwag (Uitenhage) 76, Itembelihle 8.
VRYSTAAT
Welkom Gimnasium 66, Voortrekker 0; Goudveld-Hoërskool 41, Witteberg 29; AHS Kroonstad 31, Hentie Cilliers 24; Jim Fouché 29, Fichardtpark 19; Cherries 68, Louis Botha 21; Brandfort 52, Hoërskool Bloemfontein 3; Peaches 66, Landboudal 12; Riebeeckstad 38, Hennenman 14; Wessel Maree 34, HTS Sasolburg 17; Bultfontein 41, Theunissen 7; Bothaville 26, HTS Welkom 21.




