SuperSport Schools Plus

Paul Roos klop Hans Moore en Boland Landbou bly onoorwonne op HJS Krieketfees

By Willem Louw , in Cricket | Featured Cricket | News Featured | Main , at 2024-01-15 Tags: ,

Fotograaf: Louise Prins

Paul Roos Gimnasium het hul veldtog by die HJS Krieketfees op ‘n hoë noot teen Hans Moore van Benoni afgesluit.

Kyk al die wedstryde by vanjaar se byeenkoms op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi.

Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Warren Minnaar, wie ‘n uitstekende naweek beleef het en twee honderdtalle tot sy naam kon voeg is vir 24 lopies uitgehaal terwyl die res van sy span se kolwers gevou het.

Dit was net Aiden Shaw wie as die Hansies se sesde kolwer enige teenstand kon bied teen die Paul Roos boulaanval met ‘n beurt van 41 lopies vanaf 85 aflewerings.

Dian Winkel (4/10) en Keauno Williams (3/15) kon sewe van die besoekers se kolwers laat sneuwel en help om die span uit Benoni tot 112 lopies te beperk.

Liam Basson het reg deur gekolf vir ‘n onoorwonne 58 lopies wat aan sy span ‘n klinkende sege met agt paaltjies besorg het.

Dit het hulle slegs 16 boulbeurte geneem om Hans Moore se telling te oorskry.

Paul Roos het slegs op die eerste dag teen St John’s College van Johannesburg gestruikel, maar kon verder al hul teenstander baas raak.

Die span van die Eikestad lyk goed ingerig om vanjaar vir van die groot name in skolekrieket in Suid Afrika gas te gee.

Boland Landbou het sy HJS Krieketfees veldtog met ‘n vlekkelose rekord afgesluit nadat hulle hul spiere kon bult teen Montana in die laaste wedstryd.

Vyftigtalle deur Marius du Plessis (77), Stefan Conradie (71), Lohann Louw (62) en Francois Prins (57) het die tuisspan tot ‘n hewige 331/7 in hul 50 beurte gedryf.

Die besoekers kon op hul beurt slegs 104 aanteken, met Kobus Konradie (3/15), Tiaan Ryneke (2/16) en Lyle Lewis (2/41) wat uitgestaan het vir Boland.

HTS Drostdy het ‘n indrukwekkende oorwinning behaal in hul laaste westryd teen Marais Viljoen.

DJ Luck se 46 lopies was genoeg om sy span tot 156 lopies te help, maar dit was die boulers van Worcester wat die verskil in die wedstryd kon maak.

Jannie Coetzer het ‘n teenaanval vir Marais Viljoen probeer loods met ‘n goeie beurt om 56 lopies by te dra, maar HTS Drostdy kon hom en sy spanmaats uitboul vir ‘n totaal van slegs 115 lopies.

Stephan Steyn se drie paaltjies vir 17 lopies het was die beste van die tuisspan se boulers, maar Luck, Alex Mathee en Jannes Krynauw kon al drie ook bydra met identiese boulsyfers van 2/19.

Helpmekaar kon terugkeer na hul dominante vorm na hulle Saterdag teen Boland Landbou vasgeloop het. Die Helpies het ligte werk van Hoërskool Durbanville gemaak danksy Hannu Marais se onoorwonne 77 lopies. Sy spanmaat, Henricus Meyer, kon vier Durbie-paaltjies laat spat om Marais en kie se werk makliker te maak.

Ondanks Brackenfell se Antonio Jussin wat vyf van Centurion se kolwers plat getrek het en die besoekers kon help uitboul vir slegs 115 was Morné Venter (3/10), Charl Prinsloo (3/17) en Rehan Lues (2/42) op die voorpunt van die teenaanval.

Die Woeries het Brackenfell se poging op 95 kortgesny vir ‘n goeie oorwinning om die naweek mee af te sluit.

Trent Huisamen was die uitlinker vir Hoërskool Outeniqua in hul sege oor Parel Vallei.

Huisamen het eers gesorg dat sy span ‘n goeie telling kan opsit om te verdedig deur 82 lopies teen ‘n lopie per bal te moker. Die Kwaggas het, ondanks die aanval deur Joshua Smit wat vier van hul kolwers hul paaltjies gekos het, 221 gehaal.

Huisamen was toe weer voor in die koor toe Parel Vallei kolf en kon self drie paaltjies inoes.

Kieran Bradley kon verwoesting saai onder die Northerns se kolwers toe Northcliff vir Noord-Kaap aanvat. Bradley het vier Noord-Kaap se paaltjies geneem vir net tien lopies.

Frank Devenish (52*) se blitsige onoorwonne vyftigtal het sy span toe vinnig by hul doelwit gekry.

Beknopte telkaarte | Dag 4

Hans Moore 112 (Aiden Shaw 41, Warren Minnaar 23; Dian Winkel 4/15, Keauno Williams 3/15); Paul Roos Gimnasium 116/2 (Liam Basson 58*, Luca Plekker 37; Stephan Vermaak 1/16). Paul Roos Gimnasium wen met agt paaltjies.

Boland Landbou 331/7 (Marius du Plessis 77, Stefan Conradie 71, Lohann Louw 62, Francois Prins 57, Extras 34; Schalk van Jaarsveld 2/13, Luca Bairos 2/57); Montana 104 (Schalk van Jaarsveld 26; Kobus Conradie 3/15, Tiaan Ryke 2/16, Lyle Lewis 2/41). Boland Landbou wen met 227 lopies

HTS Drostdy 156 (DJ Luck 46, Ekstras 27, M Jay van Reenen 23*, Daniel Boshoff 23; Muhammad Rishaeel 4/26,  Daymian Coetzee 2/21); Marais Viljoen 115 (Jannie Coetzer 56, Ekstras 24; Stephan Steyn 3/17, DJ Luck 2/19, Alex Mathee 2/19, Jannes Krynauw 2/19). HTS Drostdy wen met 41 lopies.

Hoërskool Durbanville 144/9 (Divan Bosman 32; Henricus Meyer 4/25, Christo Lombard 2/26); Helpmekaar 148/4 (Hannu Marais 77*; Calla du Toit 3/30). Helpmekaar wen met ses paaltjies.

Centurion 115 (Morné Prinsloo 35; Antonio Jussin 5/24); Brackenfell 95 (Jean Oosthuizen 48; Morné Venter 3/10, Charl Prinsloo 3/17, Rehan Lues 2/42). Centurion wen met 20 lopies.

Hoërskool Outeniqua 221 (Trent Huisamen 82, Ekstras 39, D Venter 28*; Joshua Smit 4/30, Joshua Pretorius 2/14, Henry Jones 2/43); Parel Vallei 153 (Sevi Barlow 59, Marco Karsten 20, Luka Meets 20; Trent Huisamen 3/25, Nathan Best 2/20, Christiaan van der Berg 2/22). Hoërskool Outeniqua wen met 68 lopies.

Garsfontein 247/9 (Reuben van Zyl 56, Zandre Nel 48, Eckard Struwig 41, Xander Venter 35, Extras 22; Viviers de Waal 2/47); Paarl Gimnasium 149 (Koch van Eyssen 39, Charles King 25, Vivier de Waal 25; Sebastian Bouwer 3/37, Eckard Struwig 2/23, Nayleo Sanna 2/24). Garsfontein won by 98 runs.

Noord-Kaap 85/8 (Kieran Bradley 4/10); Northcliff 89/1 (Frank Devenish 52*). Northcliff wen met nege paaltjies.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.