SuperSport Schools Plus

Paul Roos Gimnasium – 1995

By Hannes Nienaber , in Results Rugby | News , at 2015-05-15

Results 

Paul Roos Gimnasium 10,  Rondebosch Boys’ High 6
Paul Roos Gimnasium 19,  Wynberg Boys’ High 10
Paul Roos Gimnasium 56,  Stellenberg 0
Paul Roos Gimnasium 10,  Grey College 21

Players: Anton Pienaar, André Engelbrecht, 

 

André Engelbrecht’s uncle is the former Springbok winger, Jannie Engelbrecht. 

KAAPSTAD. Die o.19A-rugbyspan van Grey Kollege (Bloemfontein), wat die vorige agt jaar meestal aan die kortste ent getrek het in sy jaarlikse interskole kragmeting teen Paul Roos Gimnasium, het eergister op die Markötter Stadion die bordjies verhang met ‘n 21-10 sege. Uitstekende losskrumwerk en goeie tweedefase-spel het Grey dié slag welverdiend bo laat uitkom, maar tog vlei die telling die besoekers ietwat. In ‘n besonder gelykop wedstryd was die telling tot enkele minute voor die einde nog maar 13-10. Die spanne het mekaar deeglik vasgevat. Mooi hardlooprugby is telkens met ewe goeie verdediging afgewissel. Grey was gou 10-0 voor ná ‘n skepdoel deur Van Vuuren (losskakel), wat ook met die doelskop suksesvol was ná ‘n drie deur Horak (vleuel) uit ‘n taktiese beweging. ‘n Onderskepping wat die tuisspan-vleuel Engelbrecht 70 meter laat nael het vir ‘n drie en die doelskop deur Pienaar (losskakel), wat kort tevore ook met ‘n strafskop in die kol was, het Paul Roos steeds laat saamgesels. Maar ‘n strafdoel deur Van Vuuren het Grey steeds met ‘n kortkop voorgehou. Die telling het 13-10 gebly tot ses minute voor die einde. Toe is die Stellenbossers onverhoeds betrap met ‘n tweede drie deur Horak. Nog ‘n strafdoel deur Van Vuuren was die laaste spyker in die tuisspan se kis. 

 Wynberg (3) 10, Paul Roos (7) 19: Paul Roos is voorlangs goed opgekeil deur die woelige agttal van Wynberg maar dit was die Stellenbossers se groter slaankrag in die agterlyn wat die knoop vir hulle deurgehak het. Uitstekende losskrumwerk het tot al drie Paul Roos se drieë gelei. Wynberg het die beste drie van die wedstryd gedruk toe ‘n beweging wat van binne sy eie doelgebied begin het, deur Barratt (senter) afgerond is.

Rondebosch (3) 6, Paul Roos (10) 10: Paul Roos het sy oorwinning aan skitterende verdediging te danke. In ‘n wedstryd wat grootliks onder die voorspelers uitgespook is as gevolg van die modderige veld, het Rondebosch teen die einde herhaaldelik aangeval om die agterstand uit te wis. Die tuisspan kon egter nie deur die hegte verdediging dring nie. ‘n Onderskepdrie deur Waldeck, senter van Paul Roos, in die 20ste minuut was die enigste vyfpunter in dié wedstryd. Pienaar (losskakel) het gedoel en ook ‘n strafdoel bygevoeg. Verster (vleuel) het twee strafdoele vir Rondebosch behaal.

 Paul Roos (26) 56, Stellenberg 0: Puik samespel en sewe drieë vertel reeds die hele verhaal van Paul Roos se maklike oorwinning. Die taktiese, maal- en agterlynbewegings van die Stellenbossers was net een te veel vir Stellenberg. Engelbrecht (vleuel), Terblanche (agsteman), Waldeck (senter, 2), Myburgh (haker), Bolton (senter) en Van den Heever (stut) was die tuisspan se driedrukkers. Pienaar (losskakel) se stelskopwerk het gesorg vir ‘n verdere 21 punte. 

In Paul Roos se sege van 56-0 oor Stellenberg het losskakel, Anton Pienaar, 21 punte (drie strafdoele en ses doelskoppe) bygedra. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.