SuperSport Schools Plus

Parkies veg vir meer as bloot ’n plek in halfeind

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-15 Tags: , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Hoërskool Rustenburg se besoek aan Die Hoërskool Menlopark Saterdagmiddag in Pretoria gaan vir die Parkies oor meer as bloot om ‘n plek in die halfeindronde van SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te probeer verseker.

Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Twee bonuspuntseges in sy laaste twee wedstryde, het vir die span van Pretoria in ‘n stewige posisie geplaas om steeds nog vanjaar se halfeindronde te haal.

Na ‘n indrukwekkende sege verlede naweek van 34-20 oor Hoërskool Noordheuwel, lê Parkies tans vierde op die puntelys, met 22 ligapunte, wat beteken dat hulle slegs die Rusties moet klop om ‘n plek in volgende naweek se aksie te bespreek.

Dit sal natuurlik ook help om die relegasiespook te ontwyk.

Die Pretorianers bevind hulself tans in die negende posisie, en in die moeilikheid op 172.5 punte. Hulle is egter slegs 10 punte agter Hoërskool Dr EG Jansen (182.5), in die vyfde plek, wat op sy beurt ‘n taamlike uitdaging in die gesig staar met Hoërskool Garsfontein se besoek aan Boksburg .

Die Rusties is self nog nié van relegasie gevrywaar nie. Met 175 ligapunte is hulle tans sewende, slegs drie plekke voor die Parkies, wat van Saterdag se kragmeting ‘n stryd om oorlewing maak. Die span van Rustenburg is reeds uit die halfeindwedloop, maar sal graag vir staatmakers soos Lorenzo Snyers en kaptein, Xavier Steenkamp, ‘n waardige afskeid wil gee.

Elders in Pretoria wag nog ‘n tradisoneel fisieke stryd tussen Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Monument, op die Blou Tornado se tuisveld. Die Monumentare het in hul laaste twee wedstryde van nêrens gekom om steeds ‘n kans te staan vir ‘n plek in die halfeind, met 19 ligapunte, net drie minder as die Parkies. Dit behoort heelwat hoop te bied op die vooraand van hul kragmeting met die Klofies.

Daar is egter heelparty eksterne faktore wat ‘n rol moet speel voordat Monnas dit kan vermag, maar hul enkelfokus is eenvoudig om Saterdag vir die Klofies ore aan te sit.

Die tuisspan se goeie vertoning teen Hoërskool Transvalia die vorige week het die relegasiespook op ‘n afstand gehou, maar nie heeltemal verjaag nie. Valia beklee tans die sesde plek op die algehele puntelys, met 180 ligapunte, net 7.5 voor die Parkies en 4.5 voor die Rusties. ‘n Positiewe is egter dat hy vir agsteman, Marko Kok, vir dié taai stryd terugverwelkom.

Kok het die Klofies se laaste twee kragmetings weens ‘n beenbesering misgeloop en sal oorgehaal wees om ‘n laaste, yslike vertoning op te dis voordat hy volgende jaar, saam met Ethan Adams en Matthey Abbey, by die Leeus inskakel.

In die Monumentare se kamp is, Vincent Roberts terug om die Wit Bulle aan te voer, terwyl die kollig op vaskopstut, Juandré Marais val, wat in sy 50ste wedstryd as Wit Bull sal uitdraf.

Die spanne: 

Menlopark t. Hoërskool Rustenburg om 12:30 in Pretoria

Menlopark: 15 Dylan Stumke, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Aidan Dicks, 11 Lucian Read, 10 Willie Pieterse, 9 Gustav Shäffner, 8 JN van Wyk, 7 Nathen du Plessis, 6 Ruan Strydom, 5 Keagen Pretorius, 4 Tiaan Boshoff, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Henré Robinson, 13 Jon-Rè Jefthas, 12 Zack Swanepoel, 11 Waide Davey, 10 Ayden Willems, 9 Adriano George, 8 Pieta Niemandt, 7 Marais Röcher, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagnè, 4 Tristan Myburgh, 3 Jaden Mienie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

Waterkloof t. Monument om 13:30 in Pretoria: 

Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Jacobus van den Berg, 8 Dawid Prinsloo, 7 Phillip Mans, 6 Hugo Dercksen, 5 Heinrich Naude, 4 Codi Binneman, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Juandré Ehlers, 11 Corné Mostert, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Vincent Roberts, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Juandré Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Dexter Chiwanga.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.