Parkies se stryd om oorlewing begin teen Monnas


Die Hoërskool Menlopark moet ál drie sy oorblywende ligawedstryde so ver moontlik wen om nog ‘n wiskundige kans te staan om die SDC Noordvaal Cup se Beker-halfeindronde te haal.
Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Parkies skop hul finale aanslag Saterdagmiddag tuis af teen ‘n gekweste Hoërskool Monument.
Indien die Parkies die nodige driekuns in die laaste rondes van die kompetisie kan vermag, moet hulle steeds hoop dat Hoërskool Transvalia en Hoërskool Dr EG Jansen se teenstanders oor die volgende paar weke hulle ook ‘n reuse guns bewys.
Daar bestaan boonop ook nog die gevaar dat Hoërskool Waterkloof ‘n haas uit die hoed kan ruk deur altwee sy oorblywende wedstryde elk met ‘n bonuspunt te wen, wat sake verder sal bemoeilik.
Dus is Menlopark se kragmeting met die Wit Bulle van Krugersdorp Saterdag van kardinale belang.
Die Parkies draf sonder hul kaptein en generaal van die agterhoede, Andru Keun, op die veld, maar Keun is wel op die plaasvervangerbank en kan straks vroeër as later sy verskyning maak. Willie Pieterse, ‘n bekwame plaasvervanger, neem Keun se verantwoordelikhede as losskakel in die beginspan op.
Goeie nuus is dat die voorryman, Mattheus Prinsloo, na ‘n lang afwesigheid sy terugkeer maak, wat ‘n taamlike tweestryd met die Wit Bulle se Juandré Marais behoort af te gee. Marais keer ook terug na ‘n lang besering wat hy in die Krugersdorp-derby teen Hoërskool Noordheuwel opgedoen het.
Agterlangs skuif Juandré Ehlers na buitesenter, met Cameron Kourie aan sy binnekant. Ehlers se tweestryd met Leskin Samuels sal sorg vir aanskoulike, fisieke rugby in die middeveld.
In Johannesburg maak Hoërskool Rustenburg se spelskepper, Lorenzo Snyers, en buitesenter, Jon-ré Jefthas, hul langverwagte terugkeer na die beginspan. Die Rusties gaan inderdaad ál die skietgoed tot hul beskikking benodig vir ‘n titansie stryd met Helpmekaar Kollege in Johannesburg.
Die Helpies se afrigtingspan het besluit om geen veranderinge aan die span, wat die vorige week vir Hoërskool Transvalia met 36-10 kafgedraf het, te maak nie. ‘n Bonuspuntsege sal die Helpies na 37 ligapunte neem, wat ‘n stewige buffer sal bied en moontlik ‘n tuishalfeind oor drie weke verseker.
Die spanne:
Menlopark t. Monument om 12:30 in Pretoria
Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Willie Pieterse, 9 Gustav Shäffner, 8 JN van Wyk, 7 Nathen du Plessis, 6 Ruan Strydom, 5 Keagen Pretorius, 4 Tiaan Boshoff, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Ewan van der Walt, 13 Juandré Ehlers, 12 Cameron Kourie, 11 Ruan Genis, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Juandré Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Dexter Chiwanga.
Helpmekaar Kollege t. Hoërskool Rustenburg om in Johannesburg
Helpmekaar: 15 Ty Ax, 14 Zaiden Krige, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Michale Herbst, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Eugene de Lange, 6 Jandré Botha, 5 Zian Smith, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Jeandré van der Merwe, 1 Liam Devenier.
Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Hendrè Robinson, 13 Jon-Rè Jefthas, 12 Zack Swanepoel, 11 Wade Davey, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Pieta Niemandt, 7 Marais Rochè, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagnè, 4 Tristan Myburgh, 3 Jaden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




