Paarl Gim moet ook op Jade Brigade hou voordat Grey voorlê
Paarl Gimnasium beoog om weer die nommer een posisie op die skolerugby-ranglys hierdie jaar te beklee, maar die Gimmies het eers ‘n strawwe toets wat op hul wag waneer hulle vandag teen Stellenberg te staan kom.
Die wedstryd word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou
Die skole het mekaar in 2022 ook aangepak en daar was bitter min om die twee skole te skei. Paarl Gimnasium wen toe daardie wedstryd 12-6.
Dit was egter verlede jaar Paarl se eerste wedstryd van die seisoen en hulle sal baie meer voorbereid voel vir hierdie ontmoeting nadat hulle verlede naweek reeds momentum begin opbou het deur om vir Potch Gimnasium 83-3 af te trap.
Stellenberg se seuns is ook al goed aan die gang. Hulle het hul eerste wedstryd teen Worcester Gimnasium 38-19 gewen en verlede Sondag naelskraaps 20-22 teen Grey High School in Gqeberha verloor.
Stellenberg het al menigte male gewys dat hulle teen die top rugbyskole in Suid Afrika kan meeding, en hulle sal die Paarl seuns se spoed sommer vroeg in die seisoen wil breek.
Vaskopstut, Herman Lubbe, is die enigste speler van verlede jaar se span wat teen Paarl Gim gespeel het wat hierdie jaar weer uitdraf vir Stellenberg.
Paarl Gimnasium speel al sedert 1902 rugby, en het oor die jare talle Springbokke en SA Skole-spelers opgelewer.
Een van hul oud skoliere wat ook ‘n Springbok geword het Pieter Rossouw is sedert 2016 al hoofafrigter by sy alma mater en Gimmies beleef nou al vir ‘n paar seisoene groot sukses onder sy leiding.
Dit is hierdie sukses wat in 2022 beteken het dat hulle as die top o.19 rugbyspan in die land aangewys is wat hulle hierdie seisoen sal wil repliseer.
Met bietjie meer tyd om voor te berei, ‘n reuse wen agter die rug en die tuisveldvoordeel behoort Paarl Gim goed te voel oor hul kanse die naweek, maar Stellenberg moet glad nie onderskat word nie.
Die spanne is:
Paarl Gimnasium: 15 Tazreeq Moerat, 14 Roland Vivier, 13 Enzo Labuschagne, 12 Hennie Otto, 11 Pieter-Nel du Plessis, 10 Kyle Smith, 9 Dawid Kotze, 8 Henno Swanepoel, 7 Louw du Toit, 6 Adraún Kotze, 5 Marco Steyn, 4 Danio Botha, 3 Nicholas Crous, 2 Jannie Grobbelaar, 1 Xander Mynhardt
Stellenberg: 15 Stefan Roux, 14 Dehan Neethling, 13 Estian Steyn, 12 Ruben Thompson, 11 Luc Cilliers, 10 Tyron Labuschagne, 9 Clyde Frieslaar, 8 Marco Ferreira, 7 Luke Buckle, 6 Damon Pereira, 5 Zian Erasmus, 4 Sebastian Johnson, 3 Herman Lubbe, 2 Almero Keizer, 1 Ryk Groenewald.




