SuperSport Schools Plus

Paarl Boishaai stel Engledow as Hoof van Rugby aan

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-09-01 Tags:

Paarl BoishaaiHoër Jongenskool Paarl (ook bekend as Paarl Boys High), het sopas die moeilike proses voltooi om die pos van “Hoof van Rugby” te vul. Die opening het ontstaan nadat Sean Erasmus ‘n aanbod van die Goue Leeus aanvaar het met ingang 1 November 2018.

Volgens meneer Derek Swart, skoolhoof van die Hoër Jongenskool Paarl, was die komitee wat die aanstellingsproses hanteer het, bevoorreg om te kon werk met ‘n lang lys van uitstekende kandidate. “Ons moes uiteindelik ‘n keuse maak uit die groep top kandidate en het besluit op Peter Engledow, tans afrigter by Griekwas rugby”.

Peter is ‘n produk van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ‘n draai gemaak by St Joseph’s College in Ipswich, Engeland as Direkteur van Rugby voordat hy in 2013 by Griekwas Rugby aangesluit het. In sy vyf jaar by Griekwas was hy betrokke as Assistent Afrigter, asook Hoof Afrigter by die Griekwa Vodacom- en Curriebeker spanne. Onder sy leiding het Griekwas onder andere die Vodacom beker gewen in 2014, asook as naas-bestes geëindig in die Supersport Uitdaagreeks in 2017 met ‘n wen-ratio van 90%.

“Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om deel te word van die Paarl Boys High kultuur,” sê Peter. “Die keuringsproses was baie omvattend maar ek sien uit daarna om die skool trots te maak en Sean Erasmus se skoene te vul”.

Sean was vir vyf jaar die Hoof van Rugby by Paarl Boys High. In sy vyf jaar het HJS se rugby ongekende hoogtes bereik. Hoogtepunte oor die periode sluit onder andere in: drie onoorwonne jare asook vier Wen Interskoles teen Paarl Gimnasium vir die Eerste span, met die tweede span wat slegs twee maal verloor het in die vyf jaar periode.

Peter sluit rondom die einde van Oktober aan by sy nuwe Paarl Boys High familie.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.