SuperSport Schools Plus

Overvaal kan Vrydag nog ‘n tree nader wees om sy Valke-titel te behou

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-06-15

Afdeling 3 van die Valke-liga se halfeindstryde vind hierdie naweek by Hoërskool Hans Moore in Benoni plaas.

Na ‘n harde seisoen word die twee top spanne in die afdeling hierdie Vrydag bepaal waneer Vereeniging Gimnasium teen Stoffberg speel en Overvaal vir Delmas aanpak.

Overvaal sal hul kampioen-status wil behou hierdie jaar, na hulle verlede jaar die einstryd teen HTS Sasolburg met 17-12 gewen het, ondanks die feit dat hulle op ‘n stadium slegs 12 spelers op die veld gehad het.

Hul teenstander, Delmas, sal egter ander planne inhou vir die heersende kampioene hierdie naweek, en daardie wedstyd beloof om ‘n massiewe stryd te wees.

Die tweede- en laer ouderdomsgroep-spanne in die afdeling se halfeindstryde word ook op die dag beslis, so daar is heel dag opwindende rugby op skou in Benoni.

Hans Moore, wie se velde vir die byeenkoms gebruik word, is op hul beurt weer in aksie by Brandwag waar hulle teen Oosterlig in afdeling twee se halfeindrondte speel, saam met Brandwag wat teen Leeuwenhof speel.

Die spanne is:

Delmas t. Overvaal om 11:30 op die A-veld:

Delmas: TBC

Overvaal: 15 Jamie van det Lilth, 14 Dwayne Oosthuizen, 13 Tristen Ward, 12 Miguel Carolus, 11 JP le Roux, 10 Jason Pretorius, 9 Wynand Vermeulen, 8 Sean Dubery, 7 Zander de Leeuw, 6 CJ du Toit, 5 Hanré Mans, 4 Vian Kruger, 3 Ewaldt de Klerk, 2 Ruan Krauze, 1 Branden Mocke.

Vereeniging Gimnasium t. Stofberg om 12:40 op die A-veld:

Vereeninging Gimnasium: 15 Ryan Thompson, 14 Henno van Heerden, 13 Shuan van der Merwe, 12 Tony Prince, 11 Duncan Scheun, 10 Neil Helberg, 9 André Labuschagne, 8 Thato Lehohla, 7 Dominique Britz, 6 Zander Jonck, 5 Hennie Coetsee, 4 Werner Lottering, 3 Janco Nel, 2 Marco Steyn, 1 Handré Britz.

Stoffberg: 15 Justin Green, 14 Juan-Ray van Eenden, 13 Zander Fourie, 12 Dudley Mans, 11 Matthew Smith, 10 Eben Botes, 9 Christian Birks, 8 Luquinn Coetzer, 7 Dewald Wolfe, 6 Keenan van Wyk, 5 Cayden Vogel, 4 Candan Olsson, 3 Hannes Pretorius, 2 Leigh du Plessis, 1 Gareth Willemse.

Ander bepalings:

A-veld: 08:00 – Birchleigh II t. Stofberg II; 09:10 – HTS Sasol II t. John Vorster II; 10:20 – Vereeniging Gimnasium o.16 t. Delmas o.16.

B-veld: 08:00 – Vereeniging Gimnasium o.14 t. Birchleigh o.14; 09:10 – John Vorster o.14 t. Delmas 0.14; 10:10 – John Vorster o.15 t. Birchleigh o.15; 11:10 – Delmas o.15 t. Overvaal o.15; 12:20 – Overvaal o.16 t. Birchleigh 0.16.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.