SuperSport Schools Plus

Outeniqua se Kwagga-week (o.14) ‘n hoogtepunt op die kalender

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-02-17 Tags:

OuteniquaRugbyondersteuners in George kan vanjaar weer gereed maak vir opwindende rugby tydens die Kwagga-week vir o.14- en o.15-spanne wat deur die Hoerskool Outeniqua aangebied word. 

Die gasheer se o.15-span sal op die eerste dag teen Wynberg Boys’ High in die hoofwedstryd op die A-veld sake uitspook. Die volgende twee dae se bepalings word na afloop van die elke dag se spel deur ‘n bepalingskomitee uitgewerk om sodoende te verseker dat krag teen krag speel. 

Buiten die gasheer sal Sentraal van Bloemfontein, Hoerskool Bellville, Windhoek Gimnasium, Diamantveld, Tygerberg, Die Brandwag van Uitenhage, Boland Landbou, Selborne College, Wynberg Boys’ High, Jeugland, Oudtshoorn, Centurion en Durbanville o.15-spanne na George stuur. 

Die o.14-spanne wat op die toernooi in aksie sal wees is Boland Landbou, Selborne College, Garsfontein, Stellenberg, Afrikaans Hoer Seunskool van Pretoria, Paul Roos Gimnasium, Menlopark, Hoer Jongenskool Paarl, Diamantveld, Die Brandwag, Parel Vallei, Oudtshoorn, Klerksdorp, Sentraal van Bloemfontein, Waterkloof, Wynberg Boys’ High, Westville Boys’ High, Jeugland, Windhoek Gimnasium, Centurion en Durbanville. 

Die o.14-toernooi is ongetwyfeld een van die indien nie die voorste vir die ouderdomsgroep in die land. 

Die bepalings is: 

19 Maart 2016

A-veld 

08:30 – o.15 – Sentraal vs. Bellville 
09:30 – o.14 – Boland Landbou vs. Selborne College
10:30 – o.14 – Garsfontein vs. Stellenberg
11:30 – o.15 – Windhoek Gimnasium vs. Diamantveld
12:30 – o.15 – Tygerberg vs. Die Brandwag
13:30 – o.15 – Boland Landbou vs. Selborne College
14:30 – o.14 – Affies vs. Paul Roos Gimnasium
15:30 – o.14 – Menlopark vs. Hoer Jongenskool Paarl 
16:30 – o.15 – Outeniqua vs. Wynberg Boys’ High

B-veld 

08:30 – o.14 – Diamantveld vs. Die Brandwag
09:30 – o.14 – Parel Vallei vs. Oudtshoorn
10:30 – o.15 – Jeugland vs. Oudtshoorn
11:30 – o.14 – Klerksdorp vs. Sentraal
12:30 – o.14 – Waterkloof vs. Outeniqua
13:30 – o.15 – Centurion vs. Durbanville 
14:30 – o.14 – Wynberg Boys’ High vs. Westville Boys’ High
15:30 – o.14 – Jeugland vs. Windhoek Gimnasium
16:30 – o.14 – Centurion vs. Durbanville

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.