SuperSport Schools Plus

Oranje se Rumé Burger wys weer haar staal by Grey/OMS-atletiekbyeenkoms

By Charne van der Merwe , in Athletics | Featured Athletics | News , at 2023-10-15 Tags: ,

FOTO: Dirkie Groenewald/DKM Action Photography

Die Mangaung-stadion in Bloemfontein het die afgelope naweek gasheer gespeel toe 31 skole en 1089 talentvolle atlete op die baan toegesak het vir die Grey/OMS-atletiekbyeenkoms.

Onder die uitblinkers was Rume Burger van Oranje Meisieskool wat oorwinnings behaal het in die 100- en 200-meter wedlope vir meisies o.15, met tye van onderskeidelik 12.33 en 25.04 sekondes behaal het.

Hierdie vertonings het haar altesaam 1000 en 901 punte besorg.

Charné Vermeulen van Hoërskool Rustenburg het die o.17-afdeling oorheers en in die 100m- en 200m-naellope geseëvier met tye van 11.92 en 23.86 sekondes.

Danell Oelofse van Jim Fouché het in die 3000 m-wedloop vir meisies o.15 die wenstreep in 10:36.20 oorgesteek.

Intussen het Megan Niemann van Menlopark die 90m-hekkies in 12:57 sekondes gewen en daarmee ‘n perfekte 1000 punte verdien.

Danyelle Pienaar, ook van Oranje Meisieskool het albei die 90m-hekkies (12:49) en die 300m-hekkies (44.47) vir meisies o.15 gewen. Pienaar is ook die nasionale 300m-hekkieskampioen en die nasionale naaswenner in die 90m-hekkies.

Diné le Roux van Oranje Meisieksool het die o.16-dogters 100m-hekkies verseker met ‘n tyd van 14.22 sekondes, terwyl Liné de Villiers (Menlopark, o.14) die 300m-hekkies in 58.14 sekondes gewen het.

By die veldnommers het Marli Jacobs (Goudveld-Hoërskool) as wenner uit die stryd getree in die o.14-gewigstoot met ‘n poging van 13.33m, terwyl Ashlynn Nel van Menlopark in die o.16 gewigstoot met ‘n afstand van 14.57m gewen het.

Carli Taljaard van Goudveld-Hoërskool het in die o.15-diskus oorwinning behaal met ‘n afstand van 39.41m gevolg deur Merlé Janse van Rensburg (Menlopark) met 38.92m.

Judy Watson van Fichardpark het tydens die o.16-diskus ‘n gooi van 47.86 gelewer en ‘n perfekte telling van 1000 behaal.

Die o.17-diskus was straf, met Alicia Khunou van Menlopark wat die eerste plek behaal het met ‘n gooi van 50.36m, Mignon le Grange van Hoërskool Rusenburg het die tweede plek met 43.97m verseker, terwyl Cellonika van der Berg van Menlopark die derde plek behaal het met 41.47m.

Jaylin van Dyk, ‘n indiviuele inskrywing, het as oorwinnaar uit die stryd getree in die hamergooi-nommer vir meisies o.16 met ‘n gooi van 54.74m.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.