SuperSport Schools Plus

Opwinding loop hoog in Vanderbijl

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-05-03 Tags: , , , , , , , , ,

FOTO: Tap Light Edits

Vanderbijlpark skuif reg vir ‘n naweek van opwindende aksie in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wat Saterdag afskop.

Volg al die aksie regstreeks op Supersport Schools. (www.supersportschools.com).

Hoërskool Transvalia is oorgehaal om hul aanspraak om as vanjaar se kampioen van die afdeling gekroon te word, op tuisbodem, teen die nuwelinge én buiteperde, Hoërskool Oos-Moot, ‘n beduidende hupstoot te gee.

Die span van Vanderbijl het hulself reeds verlede jaar onderskei as ‘n krag in die Plaat-afdeling, maar moes in ‘n naelbyt-halfeindstryd teen Hoërskool Kempton Park, wat met 29-29 gelykop geëindig het, die knie buig. Hulle sal vanjaar oorgehaal wees om dinge ‘n stappie verder te neem.

Transvalia se ervare losskakel, Dylan Steynman, het reeds verlede jaar opslae gemaak en sal vanjaar ‘n sleutelrol vertolk vir die span. Sy geoefende regtervoet sal heelwat waarde toevoeg, terwyl hy ook sal sorg dat die twee kragtige senters, Brandonlee Smit en Tshepo Molakeng, genoegsame bal op die voorvoet ontvang.

Voorlangs sal die Oosies vir die tuisspan se slot, Christiaan Liebenberg, fyn moet dophou. Liebenberg, ‘n werksesel, sal sy stem verál op die verdediging dik maak met sy kenmerkende duikslae.

Die besoekers is egter geensins te versmaai nie. Die Oosies het reeds vanjaar beïndruk en selfs vir die Rhinos van Hoërskool Nelspruit met 37-29 op hul neus laat kyk. Hulle was ook in ‘n rillerstryd betrokke met Plaat-eweknieë, Hoërskool Middelburg, met die twee spanne wat met 33-33 gelykop gespeel het.

Agtsteman, Deon Badenhorst, sal woel voorlangs met sy fisieke benadering en kragtige dryfspel, wat die tuisspan ongetwyfeld op hul tone sal hou.

In die agterhoede wag die Oosies se ervare losskakel, Ruwan Allen, op die span van Vanderbijl. Allen het reeds verlede jaar, op binnesenter, beïndruk, dus behoort die tweestryd tussen die twee spanne se generaals uiters interessant te wees. Heelagter, Naylan Albertus, is ook gevaarlik wanneer hy sy flink voetwerk in gebroke spel begin tentoonstel.

In Middelburg ontvang Hoërskool Middelburg vir die ander nuwelinge in die afdeling, Ligbron Akademie. Die Middies lewer tot op hede uitstekende spel en lyk na een van die groot aanspraakmakers op vanjaar se titel. Dis vernaam hul losskakel, Matthew Abbey, wat tot dusver uitgeblink het met sy akkurate skopwerk pale toe.

Die span van Ermelo moet egter nie onderskat word nie. Hulle is ewe gevaarlik en op hul gemaklikste in gebroke spel, wat beteken dat hulle enige span op ‘n gegewe dag kan klop.

Die spanne: 

Hoërskool Transvalia t. Hoërskool Oos-Moot om 12:40 in Vanderbijl Park

Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crouse, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Maloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden Mcpearson, 1 Arne Botes.

Oos-Moot (moontlik): 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Berus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

Hoërskool Middelburg t. Ligbron Akademie om 12:00 in Middelburg

Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseku, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

Ligbron (moontlik): 15 Ntando Simelane, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamsanga Lamula, 3 Sabelo Nhlapho, 2 Devan Scheepers, 1 Tiaan Groenewald.

Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Montana om 12:25 in Kempton Park

Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Wian Rieckert, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 JP Roos, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Marko van der Schyf, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Richard Botha, 5 Reuben van Hamersveld, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

Hoërskool Zwartkop t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Centurion. 

Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denlison Metcalfe, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Bradley Cronje, 4 Ettienne van Nieker, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Ricus Kotze.

Klerksdorp (moontlik): 15 Deacon Loots, 14 Yuran Abrahams, 13 Asif Sumara, 12 Diwan Labuschagne, 11 Tyron Masango, 10 Brendin Mathyse, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Tiaan Koen, 6 Leonard van Rhyn, 5 Bokamoso Mabeleng, 4 Heinrich Hovener, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.