Opwindende nuweling-aksie wag in NWU Prestige-reeks

Die twee nuwelinge in vanjaar se NWU Prestige-reeks skop hierdie naweek die langverwagte 2025-rugbyseisoen af.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www. supersportschools.com)
Bergsig Akademie, wat nie nét ‘n nuweling in die Prestige-reeks is nie maar ook in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, kry sy veldtog saam met die groot honde onderweg met ‘n strawwe kragmeting teen Heidelberg Volkskool.
Die Volkies behoort vanjaar weer ‘n krag te wees aangesien sy droomgroep vanjaar o. 17 is. As o. 16’s, is dié span die vorige drie jaar as Noordvaal-kampioen gekroon.
Boonop het hulle ook vir 28 agtereenvolgende wedstryde in die kompetisie koning gekraai, wat ‘n stewige grondslag bied vir die Volkies se eerste span. Voorts maak ysters, soos slot, Juan de Villiers, ook hul terugkeer vir ‘n tweede jaar van eerstespan-rugby.
Tristan Munro volg in sy ouer tweelingbroers, Daniel en Joshua Munro, se voetspore, maar anders as hulle, draf hy in die agterlyn uit. As losskakel was die jong Munro verlede jaar ‘n skitterende skakel in die goed geoliede o.16-masjien.
Die span van Rustenburg, onder leiding van die gesoute hoofafrigter, Martin Pelser, blyk van krag tot krag te gaan. Hy was die afgelope twee jaar ‘n vername krag in die Noordvaal se tweede afdeling.
Die Dos Santos duo, Paulo en Alzandro Dos Santos, is albei terug om die Arende vir nóg ‘n jaar te verteenwoordig. Eersgenoemde neem sy verkose posisie op skrumskakel in, terwyl laasgenoemde van linkervleuel na heelagter skuif om die Volkies met gevaarlike teenaanvalle te toets.
Hoërskool Wagpos durf die “Goliat” uit Oos-Rand, Hoërskool Die Anker, op sy tuisveld in Brakpan aan.
Die Anker se Danie Smit, wat in 2024 sy naam op skrumskakel gemaak het, draf vanjaar op losskakel uit en is ook as onderkaptein, terwyl die vurige agsteman, Ruben Herbst, weer voor draf. Sy broer, Markus Herbst, kry sy kans op oopkantflank in die eerste span kry, met hul neef, Edrick Pienaar, wat op binnesenter uitdraf.
In Potchefstroom sê Potchefstroom Volkskool vir die onvoorspelbare Hoërskool Pietersburg die stryd aan. Die span van Potch se Lorenzo Louw, wat verlede jaar meestal in die middeveld diens gedoen het, sal die Pieties in sy eerste wedstryd van die jaar op losskakel toets.
Louw en die res van die Volkie-agterlyn sal egter op hul hoede moet wees vir Pieties se binnesenter, Siya Mahlangu. Mahlangu het, nes Louw, reeds ‘n jaar se ondervinding op eerstespanvlak en is uiters gevaarlik met bal in hand.
Die spanne:
Bergsig Akademie t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Rustenburg:
Bergsig: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Kiabetswe Daile, 13 Bradley Stonhouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christian de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.
Heidelberg Volkskool: 15 Marco Botha, 14 Douw Beukes, 13 Juandre Pretorius, 12 Armin Stiemie, 11 Jason Brits, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Jano Dietreschsen, 4 Juan de Villiers, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.
Die Anker t. Hoërskool Wagpos om 12:20 in Brakpan:
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Ruben Herbst, 7 Jaydon Steenkamp, 6 Markus Herbst, 5 Brenden van Luuterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.
Wagpos: 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha.
Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Potchefstroom:
Potchefstroom Volkskool: 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink.
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 Ludke Pienaar, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Pieter Jordaan, 4 Brent Vortser, 3 Stephan Janses van Rensburg, 2 Zihan Lombard, 1 Krissie Swanepoel.