Oosies voer allerlei planne in die mou teen Klerksdorp


Hoërskool Oos-Moot se afrigter, Braam Pretorius, sê sy span is oorgehaal om geen steen onaangeraak te laat nie in hul deurslaggewende kragmeting met Hoërskool Klerksdorp Saterdagmiddag in Klerksdorp.
Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Oosies sal inderdaad moet uithaal en wys indien hulle die Klerksdorpers, wat tans vierde lê op die Plaat-afdeling se puntelys, tuis wil troef. Die Oosies beklee die sesde posisie met 13 ligapunte, slegs drie agter die span van Klerksdorp en twee agter Hoërskool Middelburg.
Indien Oos-Moot wel die die wa deur die drif kan trek, moet hy egter ook hoop dat Hoërskool Wesvalia hom ‘n guns doen deur die pyp teen die Middies te rook, wat ‘n taamlike uitdaging in eie reg is. Dié liplekker-stryd skop ‘n uur later in Middelburg af.
Dit is die Oosies se eerste wedstryd ná die skoolvakansie, terwyl die Klerksdorpers reeds litte los gemaak het met ‘n sege van 46-31 oor Ligbron Akademie in Ermelo. Die span van Pretoria het ‘n rits veranderinge aangebring vir Saterdag se groot stryd.
Die blitsige Brian Jacobs en Bradley Jacobs draf onderskeidelik op regter- en linkervleuel uit, wat aandui dat die besoekers van plan is om die bal lug te gee en die tempo so hoog as moontlik te hou vir die volle 70 minute. Voorlangs sak Ulrig Gerber op slot teenoor die tuisspan se vuurvreter, Abrie Esterhuizen, terwyl Mike Nothnagel die Oosies se nr. 2-trui oor die kop trek.
Die tuisspan betree dié kragmeting onveranderd, wat beteken dat hy met nie minder nie as ses Cravenweek-spelers op die veld draf, gelei deur die staatmaker-agsteman, Tiaan Koen.
Vir die wedstryd teen Wesvalia, die Middies se tweede agtereenvolgende tuis, het die afrigtingspan besluit om vir Buhle Mphahlaza op heelagter in te span, met Kefilwe Phamotse wat van linker- na regtervleuel skuif en Lesego Karale wat die linkerkant patrolleer.
In die Wessies se kamp, maak die ervare binnesenter, Wian du Preez, sy terugkeer na die beginspan, wat beteken dat die veelsydige Fafa Calitz terugskuif na sy gunstelingposisie op linkervleuel, vir ‘n interessante tweestryd met Phamotse. Die span van Klerksdorp is tans tweede met HTS Middelburg wat in sy nek blaas.
Die Rooi Bulle is slegs een punt agter die Wessies en streef self na ‘n moontlike tuishalfeind. Hulle kom in ‘n tweede agtereenvolgende tuiswedstryd teen ‘n onvoorspelbare Ligbron Akademie te staan. Die span van Ermelo mag reeds uit die wedloop wees, maar het vanjaar gewys dat hy nie skroom om die groot kanonne aan te vat nie.
Die huidige voorloper, die onoorwonne Hoërskool Zwartkop, is slaggereed om vir Hoërskool Marais Viljoen sy 16de slagoffer vir die jaar te maak. Die Zwarries sal egter hul beste voet moet voorsit, nadat die span van Alberton die Wessies verlede naweek laat sweet het vir ‘n oorwinning van 28-22.
Die spanne:
Hoërskool Klerksdorp t. Oos-Moot om 12:20 in Klerksdorp
Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber.
Oos-Moot: 15 Tersius van der Merwe, 14 Brian Jacobs, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 Bradley Jacobs, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Stian van de Vente, 5 MC van Tonder, 4 Ulrich Gerber, 3 Jandré de Beer, 2 Mike Nothnagel, 1 Divan du Preez.
Hoërskool Middelburg t. Wesvalia om 13:30 in Middelburg
Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Karale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 Zanempilo Mahlangu, 5 André Robberts, 4 Wian Olwagen, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.
Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Stephan Pelser, 13 Juandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.
HTS Middelburg t. Ligbron Akademie om 12:30 in Middelburg
HTS Middelburg: 15 Nathan Jansen van Vuuren, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Ruan Pienaar, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kok, 6 Dewan Coetzee, 5 Andrea de Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.
Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.
Zwartkop t. Marais Viljoen om 12:30 in Centurion
Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Shayden Botha, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan Knott, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.