Oos-Vrystaat en Sandveld se kampioene word die naweek gekroon
Die Sandveld en Oos-Vrystaat ligas het verlede Saterdag hul onderskeie halfeindrontes gehou.
Die vier spanne wat deur is na die twee eindstryde toe sal dan ook teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Vrystaat Platteland Liga.
Die Sandveld-liga eindstryd vind Saterdag plaas by die Griffons Stadion waneer Wilgerivier vir Hoopstad aanpak.
Die Oos-Vrystaat liga eindstryd tussen Vrede en Ficksburg vind plaas te Vrede op dieselfde dag.
Verlede jaar se kampioene, Vrede, lyk goed ingerig om hul titel te verdedig na hulle een van die sterkste uitdagers, Ladybrand, met 24-12 kon wegsien in die halfeindstryd.
Hul haker, PJ Botha, en senter, Nkosana Lesolang, kon twee drieë elk druk teen die span van Ladybrand.
Ficksburg kon die ander plek in die eindstryd boek nadat hulle met 19-0 met Paul Erasmus afgereken het.
Retief is sonder ‘n wedstryd deur na die eindstryd in die Oos-Vrystaat B-liga, waar hulle dan vir Harrismith sal kry na die laasgenoemde se oorwinning van 27-22 oor Marquard.
Hoopstad kon vir Bothaville met 36-21 wen in die Sandveld-liga se halfeindronde en hul losskakel, Arrie Ferreira, was weereens een van hul uitblinkers.
Wilgerivier het Henneman met 38-15 oorkom in hul halfeindstryd. Hul skrumskakel, Marnus Swart, was twee keer agter Henneman se doellyn om te help om hul plek in die eindstryd te boek.
Winburg is die Sandveld B-Liga kampioene na ‘n 38-27 Sege teen Salomon Senekal in die eindstryd. Hul losskakel, Khetso Mokhati, het ‘n groot rol gespeel in daardie wedstryd deur om ‘n drie te druk en met vier van sy vyf doelskop pogings te slaag.
Winburg het vroeg die jaar al gelyk soos ‘n span met ‘n plan toe hulle vir Wessel Maree met 22-15 kon klop in hul eerste wedstryd van die seisoen.
Winburg en Henneman pak mekaar dan Saterdag in die Sandveld-uitspeelrondte aan.
Die spanne is:
Wilgerivier t. Hoopstad om 14:40:
Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 JF Reyneke, 13 Thlompo Motsapi, 12 Marnus Swart, 11 Ernst Richter, 10 Wian Muller, 9 Tiaan Hattingh, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Walt, 4 Juan de Klerk, 3 Zernich van Zyl, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.
Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Edward Graham, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Marco Wolfaardt, 8 Adam Barnard, 7 AB Muller, 6 Jurgens Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Juan Dreyer, 3 Hano Botha, 2 AP Meyer, 1 Pieter Vosloo.
Vrede t. Ficksburg om 14:40:
Vrede: 15 Awie Viljoen, 14 Henco Crouse, 13 Skosana Lesolang, 12 Wynand Engelbrecht, 11 Nichaelin Patrick, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Theo van Zyl, 4 Du Toit Neethling, 3 Paul du Plessis, 2 PJ Botha, 1 Adriaan Mostert.
Ficksburg: 15 Robert Ntholi, 14 Bokang Ntsala, 13 Khotso Potloane, 12 Lefa Lehalehale, 11 Bokamoso Kgang, 10 Ernest Makhele, 9 Thlonolofatso Matlotlo, 8 Lebo Lehohla, 7 Karabo Morobe, 6 Thato Chaka, 5 Heimerich Meyer, 4 JJ Nell, 3 Molibeli Theoha, 2 Juandré Steenkamp, 1 Thabo Mafane.
Ander bepalings:
o. 19 – 13:20 – Retief t. Harrismith; 10:50 – Winburg t. Henneman.




