SuperSport Schools Plus

Oos-Moot en Witteberg in stryd om titel as kampioen van Hansie-week

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-04-06 Tags: , ,

MauritzHansenWeekOos-Moot sal Saterdag in Mookghopong poog om vir die derde keer as kampioen van die grootste skolerugbyweek ter wereld, die Mauritz Hansen-week, gekroon te word. Oos-Moot sal in die eindstryd van die week teen Witteberg van Bethlehem te staan kom. 

Oos-Moot het in 2015 en 2016 die kroon gedra, terwyl Hugenote van Springs die verdedigende kampioen was. Oos-Moot het in 2016 vir Zwartkop met 15-0 in die eindstryd verslaan, terwyl hy in 2015 vir HTS John Vorster met 3-0 uitgestof het om die trofee te lig. 

Die span van Pretoria het in sy eerste wedstryd van die Hansie-week vir Piet Potgieter met 28-13 die loef afgesteek. In sy tweede wedstryd moes hy veel harder werk om Lydenburg met 17-12 te troef. 

Witteberg is ‘n gedugte span en het verlede jaar met 24-elk gelykop teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in die eindstryd van die Griffon-liga gespeel. Witteberg het Port Natal in sy eerste wedstryd met 33-27 verslaan, terwyl hy daarna met ‘n goeie sege van 17-9 oor Pionier van Vryheid behaal.

Die span van Vryheid het vanjaar al vir Kearsney College met 23-17 geklop en ook vir Welkom Gimnasium (24-20) behoorlik laat sweet vir ‘n sege. 

Die gasheer van die toernooi, die Hoërskool Hans Strijdom, sal sy week op die hoofveld teen HTS John Vorster afsluit. Die Hansies het Erasmus van Bronkhorstspruit met 26-3 op die eerste dag uit die pad gestamp, maar daarna teen die Hoërskool Tuine (19-8) vasgeval. 

Witteberg se o.15- en o.16-spanne het ook tot die eindstryde in hul onderskeie ouderdomsgroepe deurgedring. Witteberg sal in die o.15-eindstryd teen Piet Potgieter van Potgietersrus te staan kom. In die o.16-eindstryd pak Witteberg en Hugenote mekaar. 

In die o.14-eindstryd sal EG Jansen van Boksburg en Oos-Moot sake uitspook. 

Die bepalings is: 

Saterdag, 7 April 2018

A-veld

07:30 – o.19 – Hugenote (Springs) vs Northcliff
08:30 – o.19 – Pionier vs Piet Potgieter
09:30 – o.19 – HTS Witbank vs Lydenburg
10:30 – o.19 – Hans Strijdom vs HTS John Vorster
11:30 – o.19 – Ellisras vs Tuine
12:30 – o.19B – Affies Rooiharte vs Oos-Moot 
13:30 – o.14 – Oos-Moot vs EG Jansen
14:30 – o.15 – Piet Potgieter vs Witteberg
15:30 – o.16 – Witteberg vs Hugenote (Springs)
16:30 – o.19 – Oos-Moot vs Witteberg

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.