Oos-Moot bult sy spiere om plek in die Eindstryd te verseker, Secunda-golf tref Ligbron

Hoërskool Oos-Moot het ‘n behoorlike standpunt gemaak deur Heidelberg Volkskool in die se halfeindstryd van SDC Noordvaal Cup se Skild-Afdeling met 25-5 af te ransel.
Oos-Moot het vroeg in die wedstryd sy stempel afgedruk. Die span van Pretoria het die kontak-en afbreekpunte voorlangs oorheers.
Dit het die grondslag vir die tuisspan se giftige agtelyn gele, wat keer op keer, deur Heidelberg se veredigings linie kon breek om die Oosies op die voorvoet te sit.
Sy haker, Ryan Scott, was voorlangs die span se uitblinker. Scott was ‘n handvol by die afbreekpunte en het op ‘n gereelde basis omgekeerde balbesit bewerkstellig.
Die haker het ook daarin geslaag om, van agter ‘n uitstekende rolmaalbeweging, die Volkies se doellyn oor te steek. Sy indrukwekkende vertoning het ook beteken dat Scott as speler van die wedstryd anngekondig is.
Saam met Scott, was dit die woelwater agtsteman, Gert-Hendrik Grobler en sy losvoorspeler-maat Wade Williams, wat uitgestaan het. Grobler het teen alle verwagtinge sy verskeining gemaak na ‘n skouerbesering vroeer in die seisoen. ‘n Besering wat klaarblyk die einde van sy seisoen beteken het.
Hy het egter sy staal gewys en net voor rustyd deurgebreek om ‘n skitternde individuele poging af te rond. Die toekantflank, Williams, het ala, Victor Matfield in die lynstane gerank om nie net sy eie span se bal te vereker nie, maar het ook op ‘n gereëlde basis die Volkies se besit .
Agterlangs was dit die duo in die middelveld, Ruwan Allen (binnesenter) en Stian Oosthuisen (buitesenter) wat uitgeblink het. Die duo het die goeie balbesit behoorlik benut. Allen, veral, het amok agterlangs gesaai. Die binnesenter was uitstekend op die aanval en was genadeloos op enige tekens van swakpunte aan die kant van die Volkies. Oosthuizen was uitstekend op verdediging en is daar min wat verby die buitesenter kon kom.
Vir Heidelberg was dit die man wat in sy 50ste eerste span wedstryd uitgedraf het, Rhys Thompson (linkervleuel), en kaptein en agtsteman, Daniel Jordaan, wat uitgeblink het. Thompson was ‘n monster op verdediging en het ‘n paar groot duikslae ingesit. Hy kon ook daarin slaag on die Oosies se doellyn oor te steek vir sy span se enigste punte in ‘n bittersoet einde aan sy seisoen.
Hoërskool Secunda het seker gemaak dat Oos-Moot weet wat op hom wag in volgende week se eindstryd, deur Ligbron Akademie 50-17 te wen. Secunda se reuse pak het voorlangs oorheers. Dit het verseker dat die gevaar manne agterlangs kon afrond. Dit was egter ook te danke aan die buksie in die nege-trui, Jarno Haaroff, se uitstekende vertoning. Haaroff se balverspreiding was uit die boonste rakke en het dit ‘n groot aandeel in sy span se gemaklike oorwinning gehad.
Secunda en Oos-Moot sal nou hul fokus verskuif na volgende week se eindstryd in Secunda en beloof dit om ‘n titaniese stryd te wees met Oos-Moot wat beoog om die bordjies te verhang na sy naelskraap nederlaag teen die eindste Secunda in die groep-wedstryde en Secunda wat ‘n onoorwonne toernooi ‘n beker in die kas af te sluit.
Puntemakers:
Oos-Moot 25 (18): Driee: Ryan Scott, Gert-Hendrik Grobler, Deon Badenhorst. Doelskoppe: Charl van der Sluis (2). Strafdoele: Van der Sluis (2). Heidelberg Volkskool 5 (0): Drie: Rhys Thompson.
Secunda 50 (33): Driee: Sibusiso Ngubane (2), Bakkies Bezuidenhout, Jarno Haaroff, Jean du Toit, Tian Steyn, Tyron Moolman, Ryan Erasmus. Doelskoppe: Luan Lottering (5). Ligbron 17 (3): Driee: Kyle Alves, Diean Swart. Doelskoppe: Swart (2). Strafdoel: Swart.
Ander spanne:
o.14: Oos-Moot 13, Heidelberg Volkskool 8; Ben Vorster 26, Ligbron 6.
o.15: Ben Vorster 21, Hugenote (Springs) 20; Heidelberg Volkskool 33, Jeugland 15.
o.16: Hugenote (Springs) 0, Jeugland 0; Ligbron 18, Heidelberg Volkskool 3.
- Results – St John’s Easter Festival 2026 – Day 1 - 2026-04-02
- Stellar St John’s Easter Festival lineup set to light up Easter - 2026-04-01
- Teams for the 2026 St John’s Easter Festival - 2026-04-01




