SuperSport Schools Plus

Oos-Moot behou titel as kampioen van die Hansie-week

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-03-31 Tags: , , , , ,

Mauritz Hansen WeekDie Hoërskool Oos-Moot het net-net daarin geslaag om sy titel as kampioen van die jaarlikse Mauritz Hansen-week in Mookgophong (Naboomspruit) te behou. 

Dit was slegs danksy ‘n drie deur sy skrumskakel, Keegan Kuhn, in die doodsnikke van die eindstryd teen die Hoërskool Klerksdorp dat die Ligbloues met 15-14 sy titel as kampioen kon behou. 

Oos-Moot het alle stoppe uitgetrek om sy titel te behou. Die skool se begaafde atleet, Ruan de Lange, is spesiaal net vir die eindstryd vanaf die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior-kampioenskap in die Paarl af ingevlieg.

Dit was op die ou einde die moeite werd met De Lange wat sy span se enigste ander drie in die eindstryd gedruk het. 

Oos-Moot het verlede jaar in die eindstryd van die grootste rugbyweek in die wêreld vir Witteberg van Bethlehem met 28-26 in die eindstryd die loef afgesteek. Witteberg was vanjaar weer op die week in aksie, maar het reeds op die tweede dag teen Oos-Moot met 7-17 die knie gebuig. 

Daar was vanjaar weer 86 rugbyspanne tydens die Hansie-week in aksie. 

Witteberg het op die laaste dag van die toernooi vir Lydenburg met 40-24 verslaan. 

In die o.16-eindstryd het Zwartkop vir Ellisras met 22-8 die loef afgesteek. In die o.14- en o.15-afdelings het Noordheuwel van Krugersdorp oor te veel skietgoed vir sy onderskeie teenstanders beskik. Nories het in die o.15-eindstryd met 48-0 met Die Anker van Brakpan klaargespeel. 

In die o.14-eindstryd het Nories nog ‘n makliker sege behaal deur Die Anker met 50-0 af te slag. 

UITSLAE VAN DAG 3: 

A-veld

o.19 Oos-Moot 15 Klerksdorp 14
o.16 Zwartkop 22 Ellisras 8
o.15 Noordheuwel 48 Die Anker 0
o.14 Noordheuwel 50 Die Anker
o.19B Witteberg 15 Hans Strijdom 7
o.19 Witteberg 40 Lydenburg 24
o.19 Driehoek 16 HTS John Vorster 7
o.19 Hugenote (Springs) 19 Northcliff 19
o.19 Hans Strijdom 41 Morgenzon Landbou 0
o.19 Geel Kobras 38 Rooikatte 7

B-veld 

o.19 Hoërskool Tuine   HTS Witbank  
o.19 HTS Tom Naudé 35 Erasmus 3
o.19 Curro Nelspruit 39 Curro Hazeldean 7
o.16 HTS John Vorster 12 Hugenote (Springs) 10
o.16 Oos-Moot 10 Witteberg 7
o.16 Lydenburg 31 HTS Tom Naudé 17
o.16 Hoërskool Kroonstad 33 Hoërskool Tuine 5
o.16 Zwartkop II 26 Driehoek 7
o.16 Dinamika 40 Frikkie Meyer 0
o.16  Jeugland 12 Erasmus 7

[powr-comments id=”f08d912a_1554054568834″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.