Oakdale toer na die Baai, Durbies kuier in George

Nadat Framesby verlede naweek in Worcester met 5-22 teen HTS Drostdy vasgeval het, sal hulle uitsien na die geleentheid om Saterdag tuisveldvoordeel te benut wanneer die Bulle van Hoër Landbouskool Oakdale kom besoek aflê.
Die Riversdal-boere het verlede naweek uitstekend gevaar om met 29-22 teen Stellenberg te seëvier, en tot dusver was dit slegs die Hoër Jongenskool Paarl wat vir Oakdale se eerstespan kon stuit.
Die enigste verandering aan die span wat verlede naweek vir Stellenberg kon klop is Lee-Winn Pretorius, wat weer na vleuel toe skuif, met Christian Vorster wat op buitesenter begin.
Framesby se spanlys vertoon effens anders as dié wat verlede naweek in Worcester verloor het.
Jayden Brewis skuif heelagter toe, met Mondré van Heerden wat in die no. 9-trui begin en Laythan Sass wat inkom op vleuel.
Voorlangs is die pak ook rondgeskommel, met Ewald Muller, wat in die vorige wedstryd op haker uitgedraf het, wat hierdie naweek aan die kant van die skrum sak. Sy naamgenoot, Ewald Labuschagne, skuif van loskopstut na haker, met Zanco Els wat in die voorry sak nadat hy verlede naweek slot gespeel het. Ryan Rousseau beweeg van flank na slot en Juan Grigor kom in as die ander slot.
In 2023 het Oakdale die span van Gqeberha met 47-10 pakslae gegee, maar Framesby het reeds vanjaar hul potensiaal tentoongestel op die Paastoernooi by Kearsney College, waar hulle die gasheerspan (18-17) en ‘n witwarm Worcester Gimnasium (36-34) kon verslaan, en vir Monument laat sweet het vir ‘n naelskraapse oorwinning van 22-17 .
Hulle sal egter op hul stukke moet wees om die gevaarmanne van Oakdale, soos Waylon Kortjie, Kurt Coetzee en Erick Steyn, in te perk.
Intussen is Hoërskool Durbanville in George om vir Outeniqua te pak.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Die Kwaggas sal ook ‘n stelling wil maak nadat hulle verlede naweek aan die ontvangkant was teen Grey-kollege. Vir die Durbies is hierdie egter ‘n geleentheid om ‘n noemenswaardige sege tot hul rekord te voeg, met heelagter, Valrhino Olckers, en binnesenter, Tobie Roelofse, wat fyn dopgehou moet word.
Die spanne is:
Framesby t. Hoër Landbouskool Oakdale om 13:35
Framesby: 15 Jayden Brewis, 14 Jason Niemand, 13 Ethan Smit, 12 Regardt Viljoen, 11 Laythen Sass, 10 Logan Muller, 9 Mondré van Heerden, 8 Johan van Zyl, 7 Eden Calitz, 6 Ewald Muller, 5 Juan Grigor, 4 Ryan Rousseau, 3 Sean Vermaak, 2 Ewald Labuschagne, 1 Zanco Els.
Hoër Landbouskool Oakdale: 15 Waylon Kortjie, 14 Reinhardt Viljoen, 13 Christian Vorster, 12 Kurt Coetzee, 11 Lee-Winn Pretorius, 10 CT Vosloo, 9 Jandrian Goosen, 8 Erick Steyn, 7 Jannes Snyman, 6 Zack Wessels, 5 Roy Viljoen, 4 Ruan Swart, 3 Tiaan Turck, 2 Gustav van der Merwe, 1 Kai Pratt.
Outeniqua t. Hoërskool Durbanville om 13:10
Outeniqua: 15 Jade Peterson, 14 Keenan Jantjies, 13 Reshaan Damons, 12 Luca Potgieter, 11 Xavier Solomons, 10 Ellie Meyer, 9 Jay-Zee Olivier, 8 Gareth Maree, 7 Ruart Curlewis, 6 Jonothan Schutte, 5 Trent Huisamen, 4 Ruben Rossouw, 3 Zacary Meyer, 2 Luhan van der Sandt, 1 Deven Kleingeld.
Hoërskool Durbanville: 15 Valrhino Olckers, 14 Dale Martin, 13 Markus van der Walt, 12 Tobie Roelofse, 11 Zayde Cleophas, 10 Claydon Carlse, 9 Kyle Albertus, 8 Adrian Freemantel, 7 Tiaan Kearns, 6 Jayden Short, 5 Liebrecht Winterbach, 4 Murdoch van Dyk, 3 Anru van Rhyn, 2 Juan Smit, 1 Hubert Winterbach.
 
 
 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 