Oakdale se Bulle kan Gimmies probleme besorg
Die Hoër Landbouskool Oakdale se eersterugbyspan sal Saterdag probeer vermag wat geen span vanjaar nog kon doen nie. Boonop kon geen span van Oakdale dit sedert 2001 vermag nie.
En dit is om Paarl Gimnasium om te dop. Die Gimmies is gasheer vir die kragmeting en sal as die gunsteling op die veld draf, maar hulle sal glad nie oorgerus oor die kragmeting wees nie.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Die Gimmies was nog nie vanjaar aan die verloorkant nie. Die span se enigste amper vlekkie op hul vlekkelose rekord was ‘n gelykop-uitslag van 16-elk teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria.
Oakdale het ook vanjaar ‘n uitstekende seisoen met slegs twee nederlae teen onderskeidelik Grey-kollege (10-25) en Rondebosch Boys’ High (7-10). Dit was ook die skool vanuit Riversdal se eerste twee wedstryde van die 2025-seisoen.
Indien Oakdale vir ‘n opskudding wil sorg sal sy agttal op sy stukke moet wees. Veral die vertonings van Kai Pratt (loskopstut), Jannes Snyman (flank en kaptein) asook Jakobus de Villiers (agtsteman) sal deurslaggewend wees.
Die span van Riversdal het verlede week vir Stellenberg met 47-17 geklop. Sy senterpaar, Christiaan Vorster en Anrich Scheffer, het ook ‘n reuse taak wat op hul wag.
Gimmies se kaptein en buitesenter, Markus Muller, het vanjaar al sy teenstanders ore aangesit. Sy binnesenter, Ethan Barker, verdien ook lof vir hoe goed hy saam met Muller kombineer. Die Gimmies was verlede week in ‘n vernietigende bui deur HTS Drostdy se Donkies met 92-12 kaf te draf.
Muller en die agtsteman, Quintin Potgieter, is teen rustyd afgehaal om aan hul welverdiende ruskans te gee.
Die spanne is:
Paarl Gimnasium (moontlik): 15 Dawid Badenhorst, Jeerahno Jagers, 13 Markus Muller (kaptein), 12 Ethan Barker, 11 Thomas Saunders, 10 Louis Koen, 9 Mickyle Booise, 8 Quintin Potgieter, 7 Hendré van Zyl, 6 Hendré van der Westhuizen, 5 Jean Dreyer, 4 Bernhardt Schulze, 3 Adriaan van der Lingen, 2 Charles Whitehead, 1 Pieta Cilliers.
Oakdale Landbou: 15 Reinhart Viljoen, 14 Myburgh Eksteen, 13 Anrich Scheffer, 12 Christiaan Vorster, 11 Lee-Winn Pretorius, 10 CT Vosloo, 9 Jandrian Goosen, 8 Jakobus de Villiers, 7 Liam Lightly, 6 Jannes Snyman (kaptein), 5 Rico Ferreira, 4 Diaan Augustyn, 3 Francois le Roux, 2 Adrian Smith, 1 Kai Pratt.
Afskop: 13:00
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30