SuperSport Schools Plus

Oakdale Rugbyweek beloof om weer om vir vele hoogtepunte te sorg

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-02-16

Die wedstrydbepalings vir die eerste dag van die jaarlikse Oakdale o.19 rugby week is bekendgemaak, en die byeenkoms belowe oudergewoondte om een van die hoogtepunte van die jaar te wees. 

Drie-en-dertig eerstespanne kom vanjaar in Riversdal op “die plaas” bymekaar om kragte te meet.

Al die wedstryd word regstreeks deur SuperSport Schools uitgesaai. Registreer vandag nog om seker te maak jy mis geen van die aksie nie – Registreer Nou.

Oakdale Landbou word verteenwoordig deur ‘n XV-tal terwyl hul eerste en tweede spanne meeding in die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi wat terselfdetyd in Pretoria by Affies plaasvind.

Hierdie Oakdale XV-tal verdedig hul skool se trots in die hoofwedstryd op dag een teen Augsburg Gimnasium om 19:10 op die De Eike-veld. Augsburg se bekendste oud-leerling is die voormalige Springbok Gaffie du Toit.

Hoërskool Sentraal, van Bloemfontein, en Oudsthoorn se Langenhoven Gimnasium kry weer ‘n kans om te kyk wie baas is, nadat Sentraal verlede jaar skraps met ‘n 13-7 oorwinning weggekom het.

Hierdie twee pak mekaar weer aan om 15:10 op die Populierbos-veld.

Nog ‘n wedstyd wat belowe om vuurwerk op te lewer is Die Brandwag wat vir Hoërskool Rustenburg aanpak op die hoofveld net na aandete.

Rusties het ‘n sterk rugbyprogram, en word van voor gelei deur hul direkteur van rugby, Naas Olivier, wat op sy dag vir Griekwas en Cheetahs op die rugbyveld verteenwoordig het.

Die Brandwag het verlede jaar egter gewys dat hulle nie terugstaan vir enige iemand nie en sal gretig wees om te wys dat hulle van plan is om daardie selfde spelpeil te behou.

Duineveld van Upington, sal getoets word deur Hoërskool Middelburg wat verlede jaar dit al die pad tot by die NWU Prestige-reeks se finaal gemaak het. Die Velties was egter nog nooit bang vir ‘n vinnige agterlyn nie, en Middelburg sal moet uithaal en wys om die span vanuit die Noordwes Kaap die knie te laat buig.

Die bepalings van die tweede en derde dag se wedstryde sal na afloop van die vorige dag se wedstryde deur die bepalingskomitee uitgewerk word.

Die bepalings – 1 April 2023:

DE EIKE-VELD 

19:10 – Oakdale Landbou VX-tal vs Augsburg Gimnasium
18:00 – Die Brandwag vs Hoërskool Rustenburg
16:20 – Duineveld vs Hoërskool Middelburg
15:10 – Hermanus vs Lichtenburg
14:00 – Pearson vs Oos-Moot
12:15 – Brackenfell vs Transvalia
11:05 – Hugenote (Wellington) vs Merensky
09:55 – Hoërskool Strand vs Potchefstroom Gimnasium
08:45 – Hoërskool Upington vs Die Anker

POPULIERBOS-VELD

16:20 – Jim Fouché vs Kempton Park
15:10 – Langenhoven Gimnasium vs Hoërskool Sentraal
14:00 – Hoërskool Robertson vs Graaff-Reinet Volkskool
12:15 – Swartland vs Hoërskool Vryburg
11:05 – Bredasdorp vs Westering
09:55 – Montagu vs Parel Vallei
08:45 – Overberg vs HTS Port Rex

DE TUINE 

09:55 – Labori vs Oosterlig

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.