SuperSport Schools Plus

Nuwe SA Skole-voorsitter word vandag in die Kaap verkies

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-10-27

TINUS DIEDERICKS PHOTO: Sydney Seshibedi/Gallo Images

Dit is vanjaar weer ‘n verkiesingsjaar in SA Skole-rugby.

Daar sal na vandag se verkiesing tydens die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) se jaarvergadering in Kaapstad ‘n nuwe voorsitter aan stuur van die vereniging staan.

Die huidige voorsitter, Noel Ingle (Glenwood Preparatory) tree af na hy aan die einde van 2015 leiding van die SASRV oorgeneem het. Tinus Diedericks (Northcliff High, Leeus) en Kervin Grove (Kraaifontein High School, Western Province) is die twee nominasies wat dit om die postitel sal uitspook.

Dit sal ook die eerste keer in meer as ‘n dekade wees wat die SASRV deur ‘n voorsitter vanuit die hoërskole gely word. Voor Ingle het Thys Bezuidenhout (Laerskool Bekker) en Lindsay Mould (Grey Kollege Primër) die organisasie gelei. Skolerugby op hoërskoolvlak het sedertdien ‘n gedaantewisseling ondergaan.

Diedericks is tans die tesourier van die SASRV asook voorsitter van die Goue Leeus Skolerugby-vereniging asook die Noordvaal skolerugby-vereniging. Laasgenoemde het onder die leierskap van Diedericks die afgelope drie jaar van krag-tot-krag gegaan.

Grove beklee tans die pos as sekretaris van die SASRV.

Albei die ondervoorsitters, Katiso Mosioua (hoërskole) en Granville Joseph (laerskole), sal onbestrede herkies word.

In die pos vir sekretaris sal Shirese Jordaan (Oostelike Provinsie) en Francin September (Boland) saam met Grove staan indien hy nie as voorsitter verkies word nie.

Diedericks is ook steeds beskikbaar as tesourier indien hy nie die voorsitterstoel inneem nie. Dean Moodley (Kearsney College) is die enigste ander nominasie vir dié pos.

Moodley is tans ‘n addisionele lid saam met Ofentse Moeng (St Alban’s College). Rodney Thomas (Suidwestelike Distrikte) is ook genomineer om een van die twee poste te beklee.

Die ses SA Skole-keurders sal ook natuurlik tydens die vergadering verkies word. Vier van die huidige keurders Henkie Green (Boland), Gerald Pyoos (Glenwood Prep), Janse van der Ryst (Queen’s College) en Ruan Jacobs (Affies) het hulself weer verkiesbaar gestel.

Onder die nuwe nominasies is Bobby Joubert (Grey College), Johan du Toit (Hoërskool Durbanville), Jaco Janse van Rensburg (Outeniqua) en Walt Bohme (Hoërskool Oudtshoorn).

Keurders wat reeds bereik het wat hul wou as afrigters op skoolvlak en nie meer met werwing van spelers vir hul onderskeie skole betrokke is nie, maak gewoonlik betroubare keurders wat die stelsel dien.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.