SuperSport Schools Plus

Nuwe Noordvaal struktuur, poelindelings vir 2026 bekend

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-09-08 Tags: , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

‘n Nuwe struktuur is bekendgemaak vir Afdeling 1 van volgende seisoen se SDC Noordvaal Cup-kompetisie, wat op 18 April 2026 afskop.

Volg en lees oor al die Noordvaal-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

In die Beker-afdeling sal daar slegs nege spanne, in stede van 10, meeding. Hoërskool Transvalia en Hoërskool Nelspruit is albei gerelegeer na die Plaat-afdeling, waar hulle in moeilike geselskap weer sake sal moet uitspook vir ‘n plek op die grootste verhoog.

Die grootste verandering behels egter die samestelling van die Bowl-afdeling.

Dié afdeling sal vanaf volgende jaar in twee groepe, die Oostelike en die Westelike been, verdeel word. Elke been sal uit ses spanne bestaan wat mekaar die stryd aansê. Die top-twee spanne van elke been sal mekaar, oorkruis, in die halfeindronde pak, waarna ‘n algehele wenner in die eindstryd gekroon sal word.

Dit bied ook die geleentheid aan drie nuwelinge, vanuit Afdeling 2, om hul strukture op ‘n hoër vlak te toets. Hoërskool Brandwag van Benoni is, saam met Hoërskool Die Anker en Hoërskool Hugenote van Springs, die nuwe gesigte in die Oostelike been. Die Anker en Hugenote is albei aan die einde van vanjaar se seisoen na die Bowl gerelegeer.

In die Westelike been, is Hoërskool Centurion en ‘n gevaarlike Midstream College die nuwelinge in ‘n uiters mededingende groep. Die kampioen van vanjaar se reeks, Potchefstroom Volkskool, asook die naaswenner, Potchefstroom Gimnasium, is ook albei hier in aksie.

Hoërskool Middelburg het na ‘n uitstekende seisoen deur ál sy spanne, promosie na die Beker-afdeling verwerf. Hier sal hy saam met dié afdeling se eerstespan-kampioen van die laaste drie jaar, en die alghele kampioenvanjaar, Hoërskool Garsfontein, asook 2025 se naaswenners, Helpmekaar Kollege, en ses van die Noordvaal se ander groot honde moet blaf.

Buiten, Transvalia en die Rhinos van Nelspruit, verwelkom die Plaat-afdeling ook vir Hoërskool Montana terug. Die Monties het slegs een jaar in die laer Skild-afdeling spandeer, voordat hulle weer promosie na die tweede moeilikste afdeling verwerf het.

Hoërskool Marais Viljoen is vir die tweede agtereenvolgende jaar gerelegeer en skuif saam met Ligbron Akademie af na die Skild-afdeling. Hoërskool Eldoraigne is die ander nuweling in dié afdeling, nadat hy as algehele kampioen van die Bowl-afdeling gekroon is. Dit sal die eerste keer, sedert 2021, tydens die destydse Virsekerbeker, wees dat die Eldos in die Skild-afdeling meeding.

Die Poelindeleings:

Beker-afdeling: 

Hoërskool Dr EG Jansen
Garsfontein
Helpmekaar Kollege
Menlopark
Hoërskool Middelburg
Monument
Noordheuwel
Hoërskool Rustenburg
Waterkloof

Plaat-afdeling

HTS Middelburg
Hoërskool Kempton Park
Montana
Hoërskool Klerksdorp
Hoërskool Nelspruit
Oos-Moot
Transvalia
Wesvalia
Zwartkop

Skild-afdeling

Ben Vorster
Eldoraigne
Heidelberg Volkskool
Hoërskool Lichtenburg
Ligbron Akademie
Marais Viljoen
Hoërskool Piet Retief
Hoërskool Pietersburg
Hoërskool Secunda

Bowl-afdeling
Oos Been: 

Brandwag (Benoni)
Die Anker
Dinamika
Hoërskool Ermelo
Hugenote (Springs)
Merensky Landbou Akademie

Wes Been: 

Bergsig Akademie
Hoërskool Centurion
Jeugland
Midstream College
Potchefstroom Gimnasium
Potchefstroom Volkskool

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.