SuperSport Schools Plus

Nuwe kampioen in vanjaar se NWU 16-reeks gekroon

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-01 Tags:

NWU Pukke 16 2019

Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in die NWU 16-reeks gekroon word.

Die verdedigende kampioen, Piet Retief,

Piet Retief het verlede jaar vir Vryburg met 20-14 in die eindstryd verslaan. Vryburg sal soos gebruiklik vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel wees.

Piet Retief was ook die kampioen in 2022 toe hy vir Wolmaransstad (27-23) in die eindstryd verslaan het.

Buiten Piet Retief was nie vanjaar aan die reeks sal deelneem nie, is Bekker van Magaliesburg ook nie meer deel van die kompetisie nie.

Die twee nuwe gesigte in die reeks is Ben Viljoen van Groblersdal en Sarel Cilliers van Glencoe.

Buiten Vryburg wat altyd ‘n aanspraakmaker op die titel is, kan daar ook ‘n sterk aanslag vanaf Riebeeckrand verwag word. Ben Viljoen as nuweling kan ook nie gering geskat word nie. Vryburg sal sy aanslag in vanjaar se reeks tuis teen Fochville afskop.

Vryburg was verlede jaar ook die kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Groep 2.

In Groep A is Stoffberg (Brakpan), Oosterland (Secunda), Delmas en Pretoria-Noord saam geloot.

Sarel Cilliers sal na Vryheid reis waar hy in sy eerste kragmeting in die reeks teen Pionier te staan sal kom.

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

2 Maart 2024 

Stoffberg vs Oosterland
Delmas vs Pretoria-Noord
Pionier vs Sarel Cilliers
Leeuwenhof vs Ben Viljoen
Riebeeckrand vs Hans Strijdom
Wolmaransstad vs Schoonspruit
Vryburg vs Fochville

9 Maart 2024 

Delmas vs Stoffberg
Pretoria-Noord vs Oosterland
Ferrum vs Pionier
Sarel Cilliers vs Volksrust
Riebeeckrand vs Ben Viljoen
Hans Strijdom vs Leeuwenhof
Fochville vs Schoonspruit
Vryburg vs Wolmaransstad

16 Maart 2024 

Stoffberg vs Pretoria-Noord
Oosterland vs Delmas
Ferrum vs Sarel Cilliers
Volksrust vs Pionier
Leeuwenhof vs Riebeeckrand
Ben Viljoen vs Hans Strijdom
Wolmaransstad vs Fochville
Schoonspruit vs Vryburg

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.