Nuwe generasie Hugies oorgehaal om Klerksdorp op horings te neem

Na twee jaar waarin name soos dié van Hennie Eybers en Tyron Hand op almal se lippe was wanneer daar van Hoërskool Hugenote van Springs gepraat is, is dit nou tyd vir die jonger generasie Hugie-sterre om hul merk te maak.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die span van die Oos-Rand skop Saterdag sy veldtog in die NWU Prestige-reeks af teen ‘n gedugte Hoërskool Klerksdorp, op laasgenoemde se tuisveld – met slegs drie oorblywende spelers van verlede jaar se eerste span.
Die Klerksdorpers beskik op hul beurt oor ‘n paar gevaarmanne, waarvan een Winton Abrahams. Abrahams het in 2024 die veld aan die brand gespeel op buitesenter, maar skuif vanjaar na binnesenter om nader aan die aksie te wees. Marques Jantjies sluit hom by Abrahams in die middeveld aan en is vasberade om die nr. 13-trui sy eie te maak.
Voorlangs is die klipharde en betroubare agsteman, Tiaan Koen, terug op sy pos aan die agterkant van die skrum .
George Lucas moet spel op losskakel dikteer vir die Hugies en het verlede jaar reeds ‘n vername rol gespeel met sy uitstekende visie en neus vir die kleinste van gapings. Voorlangs bied oopkantflank, Arné Marais, en losskopstut, Franko Neuhoff, verdere ondervinding om die Hugie-pak op die voorvoet te kry.
Die naaswenners in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Hoërskool Lichtenburg, kry sy reeks op tuisbodem onderweg teen Hoërskool Montana. Die Monties het verlede week reeds ‘n oefenlopie teen Hoërskool Kempton Park geniet en is geensins nie te versmaai nie. Oopkantflank, Dieter Scheepers, se tweestryd met die venynige Liggie-agsteman, KG Legodi, beloof om vir groot opwinding by die afbreekpunte te sorg.
Hoërskool Pietersburg het twee veranderinge aangebring aan die span wat verlede naweek vir Potchefstroom Volkskool met 13-6 geklop het. Die Pietersburgers verwelkom Bergsig Akademie in Limpopo se hoofstad. Ludke Pienaar skuif van agsteman na die middel van die skrum om op slot diens te doen, terwyl FC Smith sy plek in die nr. 8-trui inneem.
Die Pieties sal hul keer moet ken met die Arende wat verlede naweek baie belowend op die aanval voorgekom het teen Heidelberg Volkskool in Rustenburg.
Die einste Heidelberg Volkskool is weer op reis, dié keer na Potchefstroom waar hy teen Potchefstroom Volkskool te staan sal kom. Die besoekers het nie heeltemal hul beste voet voorgesit verlede naweek nie, wat hoofafrigter, Louwtjie Dalhouzie, genoop het om ‘n paar veranderinge aan te bring.
Tristan Munro skuif van losskakel na binnesenter, met Marco Botha wat van heelagter inkom om die nr. 10-trui aan te trek. Dit bied vir Theuns van der Merwe geleentheid om sy staal op heelagter te wys.
Die spanne:
Hoërskool Klerksdorp t. Hoërskool Hugenote (Springs) in Klerksdorp:
Hoërskool Klerksdorp: 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Marques Jantjies, 12 Winton Abrahams, 11 D-Jee Treunich, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Karabelo Maseka, 5 SG de Klerk, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Zander Nienaber, 2 Rionaldao Joubert, 1 De Wet le Roux.
Hugenote: 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.
Hoërskool Lichtenburg t. Montana in Lichtenburg:
Hoërskool Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter 13 Ruan Kroëse, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Elje Kleynhans, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Armandt Pienaar.
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 LJ Fourie, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Louan Erasmus, 3 Xandré le Roux, 2 Aiden Vorster, 1 Aiden van der Made.
Hoërskool Pietersburg t. Bergsig Akademie in Polokwane:
Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Manhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 FC Smith, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Zihan Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.
Bergsig Akademie (moontlik): 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.
Potchefstroom Volkskool t. Heidelberg Volkskool in Potchefstroom:
Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Jason Brits, 13 Jeandré Pretorius, 12 Tristan Munro, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Juan de Villiers, 4 Jano Dietrechsen, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.