Northerns draf Tralies kaf op Nashua Sportdag in Rosestad

Die Wesgrow Sentrale Sportreeks spanne wat hierdie naweek by die jaarlikse Fichardtpark Nashua Sportdag teenwoordig was slaak dalk ‘n sug van verligting na Hoërskool Noord-Kaap se 43-0 sege oor die Hoërskool Sentraal hierdie Saterdag.
Noord-Kaap is hierdie seisoen deur Hoërskool Trio in die Wesgrow-reeks vervang, maar die manne van Kimberley het bewys dat hulle hierdie jaar dalk so bietjie meer omgesukkel is as vorige jare.
Al het Sentraal aan die begin van die wedstryd die oorhand in balbesit en veldposisie gehad, kon die Tralies eenvoudig nie genoeg fases aanmekaar slaan om deur die besoekers se verdediging te breuk nie.
Waneer Sentraal die bal nie uit kon skop van ‘n strafskop af nie, of ongedwonge hanteerfoute begaan het, was Noord-Kaap se agterlyn wakker en giftig op die teenaanval.
Noord-Kaap het vroeg die voorsprong gekry met ‘n drie deur sy senter Clementino Bowers.
Na Sentraal nie daarin geslaag het om ‘n strafskop uit te skop nie begin Jonaden Links ‘n teenaanvalbeweging wat vir Junior Kettledas, die vleuel, toelaat om oor die doellyn te bars vir Noord-Kaap se tweede drie.
Links druk toe kort daarna moontlik die drie van die dag nadat hy die bal agter sy eie doellyn ontvang, 60 meter nael, uitgee aan Kettledas en toe die bal weer terug ontvang in spasie en die drie self afrond.
In die tweede helfte was die Noord-Kaap spelers se selfvertroue ooglopend.
Eers het Thaylin Rose (slot) bewys dat hul voorspelers ook punte kan aanteken, toe het Elridge Jack, Noord-Kaap se losskakel wat in die wedstryd gedomineer het, ‘n onderskep drie as beloning vir sy harde werk gekry.
Goeie tydberekening gun toe ook die kans vir twee plaasvervangers, Carlo Cupido en Luan Jumat om elk te druk en die Tralies verder kaf te draf.
Die agtsteman, Melvin Diedericks, en plaasvervanger skrumskakel, Stone Coates het albei ook ‘n uitstekende wedstryd beleef.
Noord-Kaap is besig om ‘n indrukwekkende rekord teen Sentraal op te bou, hulle het in 2020 die Bloemfonteiners 69–5 gewen.
Hierdie Saterdag het hulle weer ‘n waarskuwing uitgestuur aan hul toekomstige teenstanders.
Sentraal sal hoop om te leer uit hierdie wedstryd uit en probeer om hul hanteerwerk en spelbestuur te verbeter voordat hulle volgende naweek vir Witteberg in hul eerste ligabepaling aanvat.
Wilgerivier van Frankfort en Kalahari van Kuruman het mekaar net voor middagete gepak.
Wilgerivier het met ‘n beslissende 31-19 gewen, maar kon eers later in die spel werklik wegbreuk en ‘n voorsprong opbou.
Wilgerivier se voorryafrigter die voormalige Griffon-stut Danie van der Merwe sal gelukig wees met hoe die pak van Frankfort met hul eerste rolmaalbeweging vir hul flank, Jean-Pierre Prinsloo oor die lyn kon kry.
Kalahari kon toe ‘n los bal hervat en self oor die lyn kom, maar Wilgerivier se volgehoue druk in Kalahari se kwartgebied het uiteindelik vir hul buitesenter, Tlhompo Motsapi, ‘n geleentheid gegee om ‘n te druk en vir Wilgerivier ‘n 7-12 voorsprong te gee voor halftyd.
Vroeg in die tweede helfte het Kalahari meer aanvallend gelyk, selfs nadat hulle ‘n geelkaart gekry het was dit hulle wat eerste gedruk het.
Hierdie aanvallende spel het hulle dalk egter bietjie lig in verdediging gelos, en Wilgerivier kon vinnig drie drieë deur Drickus Steyn (vleuel), JF Reyneke (heelagter) en Tiaan Hattingh (senter) binne die spasie van 10 minute druk om beheer van die wedstryd te neem.
Sand du Plessis het vroeër in die dag vir St Anne’s ‘n harde welkom aan Suid Afrikaanse skolerugby gegee toe die Sannies span vir St Anne’s 42-5 op St Anne’s se debuut pakslae gee.
Alhoewel Sand du Plessis van die begin af die oorhand gehad het kan St. Anne’s hul troos daarin dat hulle nodige ondervinding opgebou het, en waneer hulle die bal kon behou en aanval, nogal kreatief en ontwykend gelyk het.
Sand du Plessis sal baie tevrede wees met hul vordering nadat hulle verlede week self aan die verkeerde kant van ‘n groot telling teen Grey se derdes was by die President Steyn Sportdag.
President Steyn het terug geveg teen Sentraal se derdes nadat hulle teen halftyd 12-7 agter was om 19-31 voor te wees teen die tyd dat die eindfluit geblaas het.
Drie drieë deur Divan Bekker (Stut) en twee deur Keanu Kretsman (Senter) was genoeg om vir die Steyners die oorwinning te verseker.
Divan Greyling het van die bank af gekom en ‘n definitiewe impak gehad deur om die agterlyn op die voorvoet te kry en losvoorspelers, Bartho Ackerman (kaptein) en Brystan Viljoen het ook hul deel gedoen om die Steyners oor die voordeellyn te bring.
Divan Bekker het verlede week ook vir President Steyn gedruk. Die stut se puntetelling hierdie seisoen sover getuig van hoe effektief hul afrigter, mnr Drikus Kotze, sy voorry in die aanval gebruik.
Puntemakers:
Noord-Kaap 43 (13) – Drieë: Clementino Bowers, Junior Kettledas, Jonaden Links, Thaylin Rose, Eldridge Jack, Carlo Cupido, Luan Jumat. Doelskoppe: Eldridge Jack (4). Sentraal 0 (0).
Kalahari 19 (7) – Drieë: Wian Taljaard, Zelwyn Julies, Brandon Sampson. Doelskop: Tshepo Makajonane. Wilgerivier 31 (12) – Drieë: Jean-Pierre Prinsloo, Tlhompo Motsapi, Drickus Steyn, JF Reyneke, Tiaan Hattingh. Doelskoppe: Wian Muller (3).
Sand du Plessis 42 (20) – Drieë: Mpumi Momani (2), Shedrak Koza, Johnothan Vaaltuin, Lebo Rasetuntsa, Xolani May, Thabang Fuzani, Je-André Blaauw. Doelskop: Ruan Kruger. St Anne’s Technical 5 (0) – Drie: Khalalelo Malelu.
Bultfontein 26 – Drieë: Janro Struwig, Rigardt Adendorff, AC Greyling, Olerati Matlakala. Doelskoppe: Janro Struwig (3). Douglas 12 – Drieë: Juandré Steenkamp, Calib Fisher. Doelskop: Janro Faber.
Zastron 21 – Drieë: Mawethu Maqudela, JP van Rooyen, Khulte Mdladlamba. Doelskoppe: Rheinico Nel (3). Hopetown 5 – Drie: Thomas Bisset.
Pres Steyn 31 (7) – Drieë: Divan Bekker (3), Keanu Kretsman (2). Vervyfings: Reymond Vers (3) Sentraal III 19 (12).




