SuperSport Schools Plus

Nories wil Wit Bulle trompop in Krugersdorp-derby loop

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-31 Tags:

NewsNoordheuwelBuiten ‘n moontlik omgekrapte trop Wit Bulle kan daar Saterdag een van twee scenario’s vir Noordheuwel se eerstespan op sy tuisveld wag.

Die een is ‘n ontnugtering teen een van die land se voorste rugbyskole, terwyl die ander moontlikheid is dat Nories goed van hulself rekenskap gee en met eer uit die stryd tree. Hoewel daar wel altyd die kans vir ‘n sege is sal dit ‘n reuse opskudding wees.  

Die twee spanne van Krugersdorp het mekaar jare laas die stryd aangesê en daar sal gewis heelwat emosie in die kragmeting wees. Die Nories kon nog net twee keer daarin slaag om Monnas om te dop en dit was tydens die twee spanne se eerste ontmoeting in 1986 (16-13) en daarna in 2001 (20-18). 

Die laaste keer wat die twee skole mekaar in ‘n amptelike wedstryd gepak het, was in 2004 toe Monnas se Wit Bulle met 95-12 oor Noordheuwel gestormloop het. Die twee skole se paaie het wel in 2013 en 2015 tydens die Goue Leeus se proefwedstryde gekruis, maar die wedstryde word nie as amptelike stryde gesien nie. 

Monument se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, sê sy span het die kragmeting soos enige ander wedstryd benader. “Vir ons is dit wel belangrik om te probeer om ‘n volle vyf ligapunte te verdien.” het Van der Walt gesê. 

Noordheuwel wat tans die houtlepel-posisie op die puntelys beklee het nog in elke wedstryd vyf ligapunte afgestaan. Nories sal egter al sedert verlede jaar die wedstryd in rooi op die kalender gemerk het en nie maklik handdoek ingooi nie. 

Die tweestryd tussen die twee agtstemanne, Sergio Moreira (Noordheuwel) en Izan Esterhuizen (Monument), behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Nories het verlede week naby daaraan gekom om Helpmekaar te verras (25-33), terwyl Monnas vir Transvalia met 92-12 verniel het. 

Transvalia kom Saterdag op sy tuisveld teen EG Jansen te staan. Die wedstryde op die A-veld word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai. Die Jansies het verlede week teen HTS Middelburg in Middelburg gewys dat hulle ook ‘n aanspraakmaker kan wees op ‘n plek in die uitspeelrondes van die Virsekerbeker

Helpies kom op sy tuisveld in Johannesburg teen Menlopark te staan. 

Die spanne is: 

Noordheuwel: 15 Mpho Makata, 14 Raidon de Bruin, 13 Maurice Marks, 12 Heinrich Mulder, 11 Bradley Heunis, 10 Juan Nieuwenhuizen, 9 Vian Louw, 8 Sergio Moreira (kaptein), 7 Hanno Labuschagne, 6 Jacobus Blaine, 5 Dylan Binder, 4 Bjorn Gerber, 3 Salmon Vermaak, 2 Zandré Thesner, 1 Bradley Engelbrecht. Plaasvervangers: 16 Julian Coetzee, 17 JC Viljoen, 18 Kean Frey, 19 Waldt Dreyer, 20 Levandré Horn, 21 Kyle Ortman, 22 Jan-Hendrik Snyman, 23 Wandré Coetzer. 

Monument: 15 Luan van der Walt, 14 Kagiso Nyamande, 13 Henco van Wyk (kaptein), 12 Richard Collins, 11 Jonathan Ackerman, 10 Herschelle Goodman, 9 Franco Hallett, 8 Izan Esterhuizen, 7 Ethan Snyman, 6 Rynard Mouton, 5 Corné Pennels, 4 Kayle Schoultz, 3 Heiko Pohlmann, 2 Franco Prinsloo, 1 Dehan Niemand. Plaasvervangers: 16 Brandon Beukes, 17 Jan-Hendrik Bessinger, 18 Dian de Jongh, 19 Cameron van Niekerk, 20 Dewald Holtzhausen, 21 Marquin Uren, 22 Francois Weideman, 23 Jean-Jacques van der Walt.  

Hoërskool Transvalia vs EG Jansen
ValiaTV08:00Tweedespanne  
09:10o.14A  
10:10o.15A   
11:10o.16A  
12:20Cheerleaders
13:30Eerstespanne

[powr-comments id=”78e7a7f7_1559312960037″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.