SuperSport Schools Plus

Nories wag Oosterlig vandag op sy tuisveld in Krugersdorp in

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-03-15 Tags: , , ,

NuusG DieAnkerDie NWU Prestige-reeks skop hierdie week vroeg af nadat meeste spanne verlede Saterdag hul eerste bepaling in die reeks gespeel het.

Met slegs drie dae rus- en oefentyd na hul vorige wedstryd, pak Die Anker vir Hugenote vandag in Brakpan aan terwyl die verdedigende kampieone, Noordheuwel vir Oosterlig in Krugersdorp verwelkom.

Met so min tyd tussen die bepalings sal ons sekerlik sien dat die plaasvervangers ‘n groot rol gaan hê om in hierdie wedstryde te speel.

Die Anker kon verlede naweek vir Montana in hul eerste wedstryd 41-22 wen na ‘n opwindende stryd waarin AJ Roux (flank) en Benton Giessing (losskakel) elk twee drieë vir die Brakpan-span kon druk. 

Hul teenstanders van Springs, Hugenote, het hul eerste wedstryd teen ‘n sterk Rustenburg span 31-10 verloor en sal hoop om hul seisoen hierdie naweek om te draai. 

Oosterlig het ‘n strawwe toets wat op hul wag waneer hulle ‘n Noordheuwel span aanvat wat goed ingestel lyk om hul kampioen-status te verdedig.

Oosterlig het hul eerste twee wedstryde teen Oos-Moot en Potch Volkies verloor en sal moet uithaal en wys om die span van Krugersdorp te ontstel.

Donderdag onthaal die Montana Wit Bulle vir Hoërskool Rustenburg vir hul ligabepaling. 

Lorenzo Sneyers, Rustenburg se blitsige vleuel, het in hul vorige wedstryd uitgestaan, en is gewis ‘n speler om dop te hou die seisoen.

Alhoewel daar bietjie meer rustyd tussen wedstryde vir die twee spanne is, het Rustenburg se hoofafrigter, Naas Olivier, reeds verlede week gewys dat daar diepte in sy groep is, toe plaasvervangers Sybrandt Beylevelt en Johan Retief albei van die bank af gekom het en ‘n drie gedruk het.

Hoërskool Middelburg en Zwartkop speel ook Donderdag teen mekaar, en een van die spanne se onoorwonne streek sal vroeg kortgeknip word. 

Die Middies het hul seisoen goed begin deur om vir Wesvalia met 25-8 af te kaf.

Hul losskakel, Diaan van der Merwe, was instrumenteel in daardie wedstryd en sal sekerlik weer ‘n groot rol hê om te speel vir sy span.

Zwartkop kon ‘n harde aanslag van hul besoekers, Jeugland (15-10), oorleef in ‘n strawwe wedstryd wedstryd wat enige kant toe kon swaai.

Die seuns het egter goeie gees gewys om in so stryd moed te hou en die wen te verseker, en sal gemotiveerd wees om die Middies aan te pak.

Christo Bezuidenhout, die voormalige Springbok stut wat in Spanje gebore is, het sy skoolloopbaan by Zwartkop voltooi en die span van Centurion sal hoop dat daar nog toekomstige Bokke in hierdie groep van hulle is.

Die wedstryd wat veronderstel was om plaas te vind tussen Potchefstroom Gimnasium en Heidelberg Volkskool is weens ‘n botsing van skedules al verlede Woensdag gespeel.

Heidelberg Volkies het daardie ontmoeting beslissend 36-8 gewen.

Die spanne vir die week is:

Die Anker vs Hugenote om 16:15

Die Anker: 15 Damien Muller, 14 Stephan Baartman, 13 Duhan du Plessis, 12 Branden Crous, 11 Marcel Engelbrecht, 10 Benton Giessing, 9 Danie Smit, 8 Hanru Pienaar, 7 Divan du Plooy, 6 AJ Roux, 5 Ruben Herbst, 4 Reagan Pretorius, 3 Daniel du Toit, 2 Bradley van Niekerk, 1 Buks Britz.

Hugenote: 15 Dean Muller, 14 Ruan van Biljon, 13 Jason Joubert, 12 Vian van Dyk, 11 Tiaan Smit, 10 Corné Pretorius, 9 Miguelle Schoultz, 8 Hendrik Eybers, 7 JP Schutte, 6 Anthony Smith, 5 Zandre van der Schyff, 4 Xavier Ungerer, 3 Liam Davidtz, 2 Aiden Mazirel, 1 Henré Oosthuizen.

Noordheuwel vs Oosterlig om 19:15, Woensdag, 15 Maart

Noordheuwel: 15 Divan Cruywagen, 14 Jenemo Luiers, 13 Marshall de Vos, 12 Jared Coetzee, 11 Francois Venter, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Juandre de Villiers, 7 Ludie Schutte, 6 Marco Maree, 5 Juan Fourie, 4 Donavan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Juandre Schoeman, 1 Meyer Opperman.

Oosterlig: 15 Melano Pieters, 14 Dewet Delport, 13 Joel Jordaan, 12 Jan-Daniel Smit, 11 Jayden Bouwer, 10 Caiden Serfontein, 9 Jaco du Toit, 8 Ruben Jacobs, 7 Juandre Bekker, 6 Ryan de Sousa, 5 Ettienne Harmse, 4 Thorn Drinkwater, 3 Heinard Stroebel, 2 Gunther Nel, 1 Keanu Fourie.

Montana vs Hoërskool Rustenburg om 18:50, Donderdag, 16 Maart

Montana: 15 Divan Nel, 14 Liam de Villiers, 13 SW Nel, 12 JF Venter, 11 Ewald Willemse, 10 Rigard van Rensburg, 9 Ewan Korb, 8 CJ du Preez, 7 Devan van der Merwe, 6 Eduard Retief, 5 Justin Herbst, 4 Nico Oosthuizen, 3 Henco Brits, 2 Christiaan Coetzee, 1 KC Smith.

Rustenburg: TBC

Hoërskool Middelburg vs Zwartkop om 17:30, Donderdag, 16 Maart

Hoërskool Middelburg: TBC

Zwartkop: TBC

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.