SuperSport Schools Plus

Nories sal titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks teen Oos-Moot verdedig

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-04-24

PHOTO: Ginger Shots Photography

Daar sal heel naweek in die Moot feesgevier word na Oos-Moot se groot sege oor die Hoërskool Middelburg om sy plek in die NWU Prestige-reeks eindstryd vas te pen.

Oos-Moot se staatmaker haker, Ryan Scott, kon deur die Middelburg verdediging breuk en Jacques Benade, hul skrumskakel, het ook bygedra met ‘n drie.

Dit was egter weereens die briljante skopvoet van hul losskakel, Charl van der Sluis, wat die uitkoms van hierdie wedstryd bepaal het.

Van der Sluis het 19 punte aangeteken en die Middelburg span se aanval uitgewurg deur om hulle vir elke fout te straf en nie toe te laat dat hulle enige momentum bou nie.

Hulle sal op 6 Mei te staan kom teen die heersende kampioene, Noordheuwel, nadat laasgenoemde ‘n opgewekte Heidelberg Volkskool kon tem om die ander plek in die eindstryd vir hulself te eis.

Die Heidelberg Volkies het goed begin, en het in die eerste helfte twee drieë aangeteken deur hul haker, Dian la Grange, en hul losskakel, Keane Duckitt, terwyl hul teenstanders slegs een drie kon druk, danksy hul blitsige vleuel, Keaton van Deventer.

Heidelberg Volkies se senter Kayle Venter kon in die tweede helfte ook ‘n drie druk, maar ‘n tweede drie vir Van Deventer, asook drieë deur Noordheuwel se heelagter, Jade Muller, en linkervleuel, Diwan Cruywagen, saam met die onvergewensgesinde skopstewel van JT Kapank, hul losskakel, het beteken dat die kampioene weer beheer van die wedstryd kon neem.

Kapank, Muller en Cruywagen is nog heel seisoen onmisbaar vir die Nories.

Noordheuwel en Oos-Moot het mekaar vroeg in die seisoen al ontmoet, toe die Nories gemaklik met 48-7 gewen het.

Die span van Krugersdorp is dus die definitiewe gunstelinge, maar Oos-Moot het sedert daardie ontmoeting al reeds gewys dat hulle opdaag waneer dit saak maak in die groot wedstryde.

Hierdie sal die eerste keer wees dat Oos-Moot in die reeks se eindstryd in aksie sal wees. Die span van die noordelike voorstede van Pretoria kan reeds met trots terugkyk op wat hulle hierdie seisoen al bereik het, maar hulle sal ongetwyfeld hul oë vierkantig op die trofee hou.

Die geveg tussen die losskakels, Kapank en Van der Sluis, gaan baie interessant wees, albei het al gewys dat hulle heeltemal van ‘n wedstryd beheer kan vat, en wie okal se visier op die dag ingestel is mag dalk net die verskil maak wat bepaal wie die eindstryd gaan wen.

Oos-Moot het verlede jaar die Noordvaal-trofee se skildafdeling gewen, maar om ‘n span van die gehalte van Noordheuwel te oorkom in ‘n finaal sal ‘n ander tipe toets vir die Pretorianers wees.

In van die ander uitspeelwedstryde kon die Bloumasjien van Lichtenburg vir Montana ontstel deur om 24-21 te wen danksy die drie drieë deur hul agtsteman, Dries Scheepers.

Hoërskool Rustenburg moes ook staat maak op ‘n driekuns deur hul senter, Adriaan Liebenberg, en die skopskoen van hul vleuel, Lorenzo Snyers, om vir Marais Viljoen met 19-18 te wen.

Puntemakers:

Oos-Moot 29 – Drieë: Ryan Scott, Jacques Benade. Doelskoppe: Charl van der Sluis (2). Strafskoppe: Van der Sluis (5). Hoërskool Middelburg 10 – Drieë: Fumani Chauke, Kaylin Maphutha.

Noordheuwel 29 – Drieë: Keaton van Deventer (2), Jade Muller, Divan Cruywagen. Doelskoppe: JT Kapank (3). Strafdoel: Kapank. Heidelberg Volkskool 17 – Drieë: Keane Duckitt, Dian la Grange, Kayle Venter. Doelskop: Venter

Hoërskool Rustenberg 19 – Drieë: Adriaan Liebenberg (3). Doelskoppe: Lorenzo Snyers (2). Marais Viljoen 18 –TBC 

Lichtenburg 24 – Drieë: Dries Scheepers (3), Eddie du Preez. Doelskoppe: Albert Joubert (2). Montana 21 – Drieë: Devan van der Merwe, Divan Nel, Ewald Willemse. Doelskoppe: Rigard van Rensburg.

Jeugland 41 – Drieë: Thando Ngomane (2), Oregopotse Shilubane (2), Lynghe Pretorius, Billy Rheeder, Hassan Ruhongole. Doelskoppe: Marno Maritz (3). Potchefstroom Volkskool 26 – Not Available.

Zwartkop 33 – Drieë: Xavier Boykano (3), Wihan van der Berg, Milton Naude. Doelskoppe: Jonathan Wilson (4). Oosterlig 12 – Drieë: Ryan le Roux, Joel Jordaan. Doelskop: Tristan Els.

Die Anker 30 – Drieë: Buks Britz, Dihan de Villiers, Ruben Herbst, AJ Roux, Damien Muller. Doelskop: Benton Giessing. Strafdoel: Giessing. Wesvalia 24 – Drieë: Chad Hofmeyer, Heinrich Janse van Vuuren, Andre Taute. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (3). Strafdoel: Van Heerden.

Hugenote (Springs) 22 – Drieë: Ruan van Biljon, Vian van Dyk, Diaan Pretorius. Doelskoppe: Miguelle Schoultz (2). Strafdoel: Schoultz. Potchefstroom Gimnasium 15 – Drieë: David Ndala, Dewald Lubbe. Doelskop: Daniel Vorster. Strafdoel: Vorster.

Ander spanne: 

o.16: Marais Viljoen 20, Oos-Moot 10; Noordheuwel 23, Middelburg 12; Wesvalia 15, Hugenote 5; Rustenburg 34, Heidelberg Volkies 7; Die Anker 22, Lichtenburg 12; Montana 15, Zwartkop 15 (Montana dring deur – eerste drie gedruk); Oosterlig 14, Potch Gimmies 10; Jeugland 33, Potch Volkies 19.

o.15: Noordheuwel 12, Zwartkop 11; Heidelberg Volkies 11, Rustenburg 5; Middelburg 17, Potch Volkies 5; Potch Volkies 21, Hugenote 15; Wesvalia 12, Montana 0; Jeugland 15, Die Anker 12; Oos-Moot 17, Lichtenburg 0; Oosterlig 26, Marais Viljoen 12.

o.14: Rustenburg 39, Zwartkop 10; Noordheuwel 20, Middelburg 7; Die Anker 14, Marais Viljoen 0; Potch Gimmies 12, Oos-Moot 7; Wesvalia 34, Potch Volkies 14; Montana 10, Heidelberg Volkies 0; Hugenote 20, Lichtenburg 10; Oosterlig 15, Jeugland 12.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.