Nories is konings in die Noordvaal
Noordheuwel dra die seweskroon in die Noordvaal na ‘n skitterende vertoning by die jaarlikse byeenkoms hierdie naweek.
Die Nories kon vir Garsfontein in die eindstryd met 24-17 verslaan om die titel ‘n staanplek in Krugersdorp te gee.
Kyk al die wedstryde weer op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Die toernooi lewer elke jaar opwindende sewesrugby met die beste skole in die Noordvaal wat meeding vir die gesogte titel.
Monument het hierdie jaar die tweede skool geword wat die voorreg kon geniet om die byeenkoms aan te bied, al die ander jare het nog by Menlopark afgespeel.
Die gaping tussen spanne op die ranglys verminder gewoonlik aansienlik met die vinniger weergawe van die spel, maar die stryd tussen die spanne was hierdie jaar merkwaardig gelyk.
Die Leeus se voorste verteenwoordiger, Noordheuwel, kon sy teenstanders mak maak in die groepwedstryde danksy briljante vertonings deur hul speler van die toernooi, Jade Muller, en sy makkers, Lindsay Jansen en Meyer Opperman.
Hul pad na die eindstryd toe was egter geensins eenvoudig nie. Die Nories moes in die halfeindronde sweet teen Hugenote en kon die wendrie eers in ekstratyd aanteken om met ‘n 10-5 sege ‘n plek in die eindstryd vas te maak teen die beste sewesspan uit die Blou Bul-streek.
Die Jukskei-derby tussen Noordheuwel en Garsies in die eindstryd het die perfekte einde aan die naweek se opwinding gebring.
Muller, Jansen en Jeandre Uithaler was uitstekend in die eindstryd.
Die Nories het ook vroeër die seisoen die Plaat afdeling by die NWU Prestige Skole sewestoernooi in Potchefstroom waar hulle slegs een wedstryd met 24-22 verloor het teen Hoërskool Outeniqua en die kampioene, Paul Roos, kon intem om met 7-elk gelykop te speel.
Hul afrigter, Werner Badenhorst sal trots wees op sy spelers se vertoning, maar dit sal nie te lank gevier word nie, hulle pak volgende maand die beste spanne in die land aan op Loftus in die Kampioen-van-kampioene toernooi van die Frogfoot reeks.
Verlede jaar se algehele wenners, Secunda, kon hierdie naweek net tot by die halfeindronde van die Bowl kompetisie deurdring voordat hulle teen Transvalia vasgeval het met 12-10.
Monument kon hul tuisskare vermaak met ‘n sege in die Plaat-afdeling se eindstryd teen Wesvalia.
Die Monnas span kon 22 punte sonder antwoord aanteken. RJ Barnard was witwarm vir die tuisspan in daardie wedstryd.
In die o.15 toernooi was dit die Blou Bulle se nommer een span, Zwartkop, wat kon wegstap met die louere.
Die Zwarries het die tuisspan in die eindstryd ontmoet en kon met ‘n enkele punt (22-21) die titel neem.
Shadin Botha het uitgeblink vir die span van Centurion.
Al die uitslae:
o.17
Groepwedstryde
Poel A: Garsfontein 38, Wesvalia 12; Wesvalia 22, HTS Tom Naude 19; Garsfontein 24, HTS Tom Naude 12.
Poel B: Noordheuwel 38, Pietersburg 7; Transvalia 19, Menlopark 19; Noordheuwel 19, Menlopark 12; Pietersburg 12, Transvalia 12; Noordheuwel 26, Transvalia 5; Pietersburg 26, Menlopark 19.
Poel C: EG Jansen 29, Lichtenburg 10; Waterkloof 21, Dinamika 12; Dinamika 19, EG Jansen 15; Waterkloof 7, Lichtenburg 7; EG Jansen 24, Waterkloof 0; Dinamika 22, Lichtenburg 19.
Poel D: Monument 14, Secunda 0; Hugenote 21, Marais Viljoen 19; Hugenote 24, Secunda 7; Monument 31, Marais Viljoen 0; Secunda 17, Marais Viljoen 14; Hugenote 17, Monument 10.
Kwarteindronde
Bowl: HTS Tom Naude 17, Menlopark 10; Waterkloof 19, Marais Viljoen 12; Secunda 20, Lichtenburg 14.
Beker: Garsfontein 33, Pietersburg 17; Noordheuwel 50, Wesvalia 7; EG Jansen 19, Monument 17; Hugenote 10, Dinamika 0.
Halfeindronde
Skild: Menlopark 33, Marais Viljoen 19.
Bowl: Waterkloof 22, HTS Tom Naude 17; Transvalia 12, Secunda 10.
Plaat: Monument 17, Pietersburg 7; Wesvalia 19, Dimanika 14.
Beker: Garsfontein 31, EG Jansen 7; Noordheuwel 10, Hugenote 5.
Eindstryd
Skild: Menlopark 19, Lichtenburg 0.
Bowl: Waterkloof 24, Transvalia 12.
Plaat: Monument 22, Wesvalia 0.
Beker: Noordheuwel 24, Garsfontein 17; (Derde plek) EG Jansen 15, Hugenote 5.
o.15
Groepwedstryde
Poel A: HTS Tom Naude 29, Klerksdorp 17; Zwartkop 27, Klerksdorp 0; Zwartkop 31, HTS Tom Naude 12.
Poel B: Waterkloof 33, Noordheuwel 12; Jeugland 37, Pietersburg 24; Waterkloof 19, Jeugland 19; Noordheuwel 29, Pietersburg 15; Noordheuwel 22, Jeugland 19; Waterkloof 17, Pietersburg 12.
Poel C: Heidelberg 20, Marais Viljoen 10; Menlopark 19, Rustenburg 0; Heidelberg 24, Rustenburg 14; Menlopark 36, Marais Viljoen 5; Heidelberg 33, Menlopark 10; Marais Viljoen 26, Rustenburg 19.
Poel D: Transvalia 21, Secunda 12; Monument 46, Monument II 5; Monument 47, Secunda 7; Transvalia 43, Monument II 10; Monument II 26, Secunda 5; Monument 26, Transvalia 10.
Kwarteindronde
Bowl: Pietersburg 29, Klerksdorp 5; Secunda 22, Marais Viljoen 19; Rustenburg 24, Monument II 7.
Beker: Zwartkop 14, Noordheuwel 12; Waterkloof 19, HTS Tom Naude 10; Heidelberg Volkskool 10, Transvalia 5; Monument 21, Menlopark 12.
Halfeindronde
Skild: Marais Viljoen 19, Klerksdorp 7.
Bowl: Pietersburg 26, Secunda 14; Jeugland 28, Rustenburg 0.
Plaat: Noordheuwel 32, Transvalia 12; Menlopark 22, HTS Tom Naude 21.
Beker: Zwartkop 29, Heidelberg Volkskool 14; Monument 26, Waterkloof 0.
Eindstryd
Skild: Marais Viljoen 14, Monument II 12.
Bowl: Jeugland 12, Pietersurg 10.
Plaat: Menlopark 24, Noordheuwel 17.
Beker: Zwartkop 22, Monument 21; (Derde plek) Heidelberg Volkskool 24, Waterkloof 15.