Noordvaal Uitslae – 12 Maart 2016
Daar is slegs vier onoorwonne rugbyspanne oor in die NWU-Pukke 16-reeks.
Die huidige kampioen, Pionier van Vryheid, kom vandag in die laaste van die groepwedstryde teen Volksrust te staan. As Pionier wen, sal hy met ’n vlekkelose vertoningslys saam met Pretoria-Noord, Vryburg en Fochville in die uitkloprondes meeding.
Soos sake nou staan sal, Vryburg en Fochville mekaar in die een halfeindstryd ontmoet en Pretoria-Noord sal Pionier (as hy wen) in die ander halfeindstryd pak. Pretoria-Noord het Saterdag vir Oosterland van Secunda met 33-5 in sy laaste groepwedstryd getroef.
Vryburg het die groeprondes met ’n oortuigende sege van 48-6 oor Schweizer-Reneke afgesluit. Die wenspan se agttal het sake voorlangs oorheers wat die senterpaar, Gert Jonker en Johan Pelser en die losskakel, André Kock, agterlangs in staat gestel het om te baljaar. Pelser het ’n driekuns aan drieë behaal.
Fochville was heeltemal te sterk vir Alberton High en het met 53-3 geseëvier.
In die Pukke se Prestige-reeks is Potchefstroom Gimna- sium, Hoërskool Middelburg, Zwartkop, Potchefstroom Volkskool en Lichtenburg vanjaar se sterkste aanspraakmakers. Potch Gimmies en Middelburg het verlede jaar in die eindstryd sake uitgespook met Gimmies was as kampioen gekroon is.
Gimmies moes Saterdag hard werk om HTS Witbank met 20-17 die loef af te steek. Middelburg het nie veel probleme ondervind om Hugenote van Springs met 61-15 te klop nie. Die wenspan se losskakel, Morné Sonnekus, het 21 punte bygedra.
Potch Volkies en Zwartkop het onderskeidelik met Driehoek (31-17) en Oosterlig (20-7) klaargespeel. In die Pukke se Sport-reeks het die Hoërskool Alberton ’n belangrike sege van 15-12 oor Hans Moore van Benoni behaal.
Linden het sy onoorwonne status met ’n oorwinning van 28-25 oor Brits behaal. Brits het in die tweede helfte teruggeveg na hy met die omdraaislag met 12-25 agter was.
Benoni High spog ook steeds met ’n onoorwonne vertoningslys nadat hy Elspark met 24-8 geklop het.
Puntemakers:
PUKKE PRESTIGE REEKS
Potchefstroom Gimnasium 20 – Drieë: Martin Linde, Edrich Cronjé, JM du Plooy. Doelskoppe: Eddie Schoeman. Strafdoele: Schoeman. HTS Witbank 17 – Drieë: Elandré Truter, Ronnie Banda, Marius Janse van Rensburg. Doelskop: Johan Badenhorst.
Hoërskool Middelburg 61 – Drieë: Ryan Phiri (3), Thys Potgieter (2), Steven Pieterse, Morné Sonnekus, Teklvin Mhlongo, Shane Botha. Doelskoppe: Sonnekus (5). Strafdoele: Sonnekus (2). Hugenote (Springs) 15 – Drieë: Eméle Jacobs, Zandré Pretorius, Trystan Dry.
Zwartkop 20 – Drieë: Quinton Botha, Rudan de Lange, Henco Venter. Doelskop: Miché Groenewald. Strafdoel: Groenewald. Oosterlig 7 – Drie: André Liebenberg. Strafdoel: Hendro van der Merwe.
Noordheuwel 28 – Drieë: JC Fensham (2), Bernard Stoop, Ruan Vosloo. Doelskoppe: Fensham (4). Randburg 3.
Montana 11 – Drie: Calvin Cornel. Strafdoele: Emile Meyer (2). Die Anker 27.
Potchefstroom Volkskool 31 – Drieë: Hendrik Weideman, Jean-Pierre Lakie, Corné Rust, Jandré Steyn. Doelskop: Hanru van Rooyen. Strafdoele: Van Rooyen (2). Skepdoel: Van Rooyen. Driehoek 17 – Drieë: Dylan Smith, Dean Swart, Johan van Niekerk. Doelskop: Michael Heydenrich.
Lichtenburg 24 (12) – Drieë: Bertro Jones (2), Janco Schickerling, Donovan Serfontein. Doelskoppe: Schickerling, Luan Jans. Jeugland 19 (7).
Ander spanne:
o.16: Potch Gimmies 67, HTS Witbank 0; Middelburg 55, Hugenote 3; Zwartkop 26, Oosterlig 0; Noordheuwel 25, Randburg 8; Montana 5, Die Anker 5; Potch Volkies 46, Driehoek 0; Lichtenburg 32, Jeugland 10.
o.15: Potch Gimmies 48, HTS Witbank 0; Hugenote 21, Middelburg 13; Zwartkop 22, Oosterlig 12; Randburg 17, Noordheuwel 7; Montana 28, Die Anker 14; Potch Volkies 59, Driehoek 0; Jeugland 22, Lichtenburg 10.
o.14: Potch Gimmies 69, HTS Witbank 0; Hugenote 8, Middelburg 5; Zwartkop 48, Oosterlig 0; Noordheuwel 22, Randburg 10; Montana 37, Die Anker 5; Driehoek 24, Potch Volkies 5; Jeugland 22, Lichtenburg 10.
NWU-PUKKE SPORTREEKS
Linden 28 (25) – Drieë: Tyron Erasmus, Michael van Duyn, Junro Rothner, Andrew Murray. Doelskop: Ruan Marais. Strafdoele: Marais (2). Brits 25 (12).
Hoërskool Alberton 15 – Drieë: Jimmy Dadswell, Jonathan Potgieter. Doelskop: Francois Myburgh. Strafdoel: Myburgh. Hans Moore 12 – Drieë: Jason Landman, Kyle Kotze. Doelskop: Nicky van den Bergh.
Benoni High 24 – Drieë: Timothy van Dieman, Kevin O’Connor, Kyle Newman, Fabio Zasckey. Doelskoppe: Brandon Harwood (2). Elspark 8.
Riebeeckrand 15 – Drieë: Quintin Roux, Bradley Gordon. Doelskop: Franco Prinsloo. Strafdoel: Prinsloo. Hoogenhout 29. ) Ander spanne: Eerstespanne: Bastion 14, Dr. Malan 11; Heidelberg Volkskool 25, Standerton 3; President 36, AHS Sasolburg 7.
Ander spanne:
o.16: Alberton 17, Hans Moore 10; Linden 61, Brits 0; Bastion 24, Dr. Malan 5; Standerton 18, Heidelberg Volkskool 12; AHS Sasolburg 17, President 15; Hoogenhout 12, Riebeeckrand 5.
o.15: Alberton 24, Hans Moore 17; Linden 21, Brits 19; Bastion 7, Dr. Malan 7; Heidelberg Volkskool 12, Standerton 6; AHS Sasolburg 27, President 0; Hoogenhout 20, Riebeeckrand 7.
o.14: Alberton 5, Hans Moore 0; Linden 14, Brits 10; Bastion 12, Dr. Malan 0; Heidelberg Volkskool 71, Standerton 0; President 53, AHS Sasolburg 0; Hoogenhout 33, Riebeeckrand 7.
PUKKE 16-REEKS
Bekker 36 – Drieë: Ruvo du Preez (2), Herman Roesch (2), Kutlwano Kgaladi, Elton Watters. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (3). Overvaal 17.
Piet Retief 25 (6) – Drieë: Percy Mkhwanazi, Nkosinathi Mtethwa, Simon Terblanche. Doelskoppe: Morné Badenhorst (2). Strafdoele: Terblanche (2). Ferrum 11 (3).
Vryburg 48 – Drieë: Gert Jonker (3), Kobus Vermaak, Johan Pelser, JP Esterhuizen, RA Pretorius. Doelskoppe: André Kock (5). Strafdoel: Kock. Schweizer-Reneke 6.
Pretoria-Noord 33 – Drieë: Rudi de Villiers (2), Walter Lotter, Rynhardt de Jongh, Duncan Tack. Doelskoppe: Vernon Blignaut (4). Oosterland 5 – Drie: Jaco Rautenbach.
Stoffberg 22 – Drieë: Heindrich Treurnich, Attie van Jaarsveld, Zander Thesner, Quintin Scheepers. Doelskop: Scheepers. Delmas 18.
Ander spanne:
Eerstespanne: Fochville 53, Alberton High 3; Schoonspruit 27, Wolmaransstad 0.
o.16: Ferrum 18, Piet Retief 10; Schweizer-Reneke 19, Vryburg 7; Fochville 22, Alberton High 12; Stoffberg 28, Delmas 19.
o.15: Piet Retief 13, Ferrum 5; Vryburg 14, Schweizer-Reneke 10; Fochville 17, Alberton High 0; Stoffberg 22, Delmas 19.
o.14: Piet Retief 39, Ferrum 0; Vryburg 40, Schweizer-Reneke 0; Fochville 15, Alberton High 10; Stoffberg 29, Delmas 0.
SUPERREEKS
Brandwag (Benoni) 42 – Drieë: Ludgen Germishuys, Hennie Cornelius, Martin Steyn, Sheldon Botha, Willem Bester, Louis Joubert. Doelskoppe: Steyn (6). John Vorster (Nigel) 12 – Drieë: Jarico van Niekerk, Ruben Fouché. Doelskop: Fouché.
Secunda 24 – Drieë: Jacobus Beyleveldt (2), Willie Pretorius. Doelskoppe: Steven Steyn (3). Strafdoel: Steyn. Die Wilgers 13.
Gerrit Maritz 26 – Drieë: Willie van Jaarsveld, Johnson Mogotsi. Doelskoppe: Arno Killian (2). Strafdoele: Killian (4). Hoërskool Tuine 23 – Drieë: Henrico Snyman, Marcell Corneelsen. Doelskoppe: Pieter Voges, Snyman. Strafdoele: Voges (2), Snyman.
Ander spanne:
Eerstespanne: Ligbron 46, Bergsig Akademie 0; Dinamika 44, Jan Viljoen 6.
o.16: Secunda 14, Die Wilgers 5; Brandwag 36, John Vorster 6; Ligbron 52, Bergsig 3; Jan Viljoen 15, Dinamika 14; Tuine 9, Gerrit Maritz 6.
o.15: Secunda 31, Die Wilgers 0; Brandwag 50, John Vorster 0; Ligbron 20, Bergsig 0; Jan Viljoen 26, Dinamika 24; Gerrit Maritz 26, Tuine 7.
o.14: Secunda 58, Die Wilgers 0; Brandwag 27, John Vorster 21; Ligbron 12, Bergsig 10; Jan Viljoen 50, Dinamika 12; Tuine 50, Gerrit Maritz 0.
VRIENDSKAPLIK
Affies 58 (25) – Drieë: Christiaan Strydom (2), Louritz van der Schyff, Carl Koch, Jack Hart, Arno van Wyk, Regardt du Plessis, Joe van Zyl, Cabous Eloff. Doelskoppe: Ruan de Swardt (5). Strafdoel: De Swardt. Helpmekaar 12 (12) – Strafdoele: Chuiner van Rooyen (3). Skepdoel: Tristan Oosthuizen.
Noord-Kaap 20 – Drieë: Byron Qupa, Chadwyn November. Doelskoppe: Cameron Hufke (2). Strafdoele: Hufke (2). Kempton Park 17 – Drieë: Johan Marais, Juandré Breytenbach. Doelskoppe: Francois Erasmus (2). Strafdoel: Erasmus.
Vereeniging Gimnasium 38 (19) – Drieë: Enrico Robertse (2), Jan Labuschagne, Michael May, Johnny Ferreira, DW Briers. Doelskoppe: Dylan Schoeman (4). Wilgerivier 8 (3) – Drie: Corjan Muller. Strafdoel: Cobus Erasmus.
Hans Strijdom 14 – Drieë: Marco Benadé (2). Doelskoppe: André du Plessis (2). Overkruin 13 – Drie: Calvin van Dirk. Doelskop: Jaco Pittendrich. Strafdoele: Pittendrich (2).
Piet Potgieter 24 – Drieë: Heino Viljoen, Louis Wessels, Brandon Collins, Luandro Canguiero. Doelskoppe: Waldo Kruger (2). Merensky 15.
Waterkloof 58 – Drieë: PJ Krugel (2), Duhann Gunter, Lund Roos, Ruan Allers, Alex Kok, Ruben Veldsman. Doelskoppe: Gunter (3), Ulrich Maritz (2). Strafdoel: Gunter. Goudveld-Hoërskool 14.
Helpmekaar 40 – Drieë: Chuiner van Rooyen (2), Tiaan Scholtz (2), Sherman Rayners, Robbie Slabbert, David Cary, Zandré Kruger. Parktown Boys’ High 7.
Penryn College 43 – Drieë: Hadrick Coertze (3), Kwanda Majola, Ya-Ya Ngutshane, Chris Symonds, Monqoba Sibanyoni. Doelskoppe: Kyle Hay. Komatipoort 3.
Penryn College 15 – Drieë: Manqoba Sibanyoni, Wethu Shongwe, Matt Constantinides. Bergvlam 9.
Ander spanne:
Eerstespanne: Southdowns College 22, Midstream College 21.
o.16: Affies 31, Helpmekaar 11; Noord-Kaap 14, Kempton Park 0; Hans Strijdom 27, Overkruin 0; Merensky 16, Piet Potgieter 13; Waterkloof 45, Goudveld 0; Penryn College 10, Lowveld high 7.
o.15: Helmekaar 26, Affies 24; Noord-Kaap 24, Kempton Park 7; Overkruin 17, Hans Strijdom 10; Piet Potgieter 29, Merensky 10; Waterkloof 49, Goudveld 0; Penryn College 26, Komatipoort 0.
o.14: Helpmekaar 19, Affies 12; Kempton Park 26, Noord-Kaap 7; Overkruin 22, Hans Strijdom 5; Piet Potgieter 7, Merensky 7; Waterkloof 38, Goudveld 14; Penryn College 10, Lowveld High 7.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30